1. Heel bo op my lys is om my seun sy eerste bok of vark te laat skiet
2. Ek wil weer kyk of ek darem nog 'n Roland Ward trofee op my muur kan sit. Die jaar was dit 'n gelukkie met die blesbok en amper 'n wildebees wat dit met 1/8" van 'n duim gemis het. Iemand moet vir Kopskoot tog dophou voor hy met die hele boek weghol.
3. Aankoop van 'n 243 Win vir my seun en natuurlik dit te gebruik as uitsluitlike springbok geweer vir my.
4. Meer gaan kompenterend skiet met BASA en my 375 H&H.
5. Kyk of ek weer ten minste 4 keer die jaar kan jag.
6. Ek het geen spesiefieke bokke op my lys nie maar sal sien wat voor my pad inloop en dan ook wat in die begroting pas.
7. My .270 moet bebloed word
8. Kans te gun vir jagter wat nie soveel kans kry nie of nuwe jagter voor te stel aan ons passie.
9. Meer te gaan visvang deur die jaar.
10. Meer Jaracal lede ontmoet.
Ek is seker ek kan nog bysit maar ek moet ook in ag neem dat die lys vervul kan word en nie net die lys bou nie.
So wat is julle planne vir 2013 ?
