Page 1 of 1
Uile
Posted: Fri Dec 07, 2012 12:08 am
by visstok
Ek weet nie of dit net hier by ons is, of in ander dele van die land ook nie, maar dit lyk of die Uil getalle ontplof het hier, Wesselsbron/Hoopstad omgewing. Ek het vannaand oppad werk toe, op n stuk pad van 2km 12 Uile getel wat op die draad lanks die pad sit. Dis goeie nuus om weer so baie Uile te sien, maar die slegte kant van die saak, daar word nou ook meer Uile deur moters raak gery op die pad.
Groete Alex
Re: Uile
Posted: Fri Dec 07, 2012 5:14 am
by Jacquesb
Visstok
Dis jammer hulle wil op die teerpad eet.
Ek wens ons het meer uile gehad hier noord van Pretoria.
Re: Uile
Posted: Fri Dec 07, 2012 8:27 am
by Dawie Malan
Hier in die Ooste van Pretoria is daar baie uile. Gevlekte Ooruil, Nonnetjies Uil en Grasuile. Hulle verkoop seker nie so baie Rattex heir soos in die Noorde nie, want ons vrouens luister nog na ons.
Dawie
Re: Uile
Posted: Sun Apr 14, 2013 11:15 pm
by Fanie
Ek het al verskeie kere uiltjies hier gehoor en een keer een grote gesien wat die hele denneboom se top plat gesit het. Daar was voorheen iemand wat broeikaste vir hulle gemaak het, ek is seker mens kan iewers 'n kas opsit wat 'n paar sal oortuig om daar te broei.
Re: Uile
Posted: Mon Apr 15, 2013 6:02 am
by Tarzan
Weet julle dalk hoe n uile kas moet lyk en wat in gesit moet word om hulle te lok?
Re: Uile
Posted: Mon Apr 15, 2013 8:19 am
by jamalley
Ek het planne vir uilkaste asook vlermuiskaste as daar manne is wat belangstel pm my dan epos ek vir jou die planne
Re: Uile
Posted: Mon Apr 15, 2013 4:32 pm
by Tarzan
Het iemamd al uile in sulke kaste gevestig? Deel asb met ons.
Re: Uile
Posted: Tue Apr 16, 2013 6:03 am
by ANDRIES
Kaapjag Wynland bou Nonnetjie sowel as ooruil neskaste en vra R300 per neskas.Ons het die afgelope 2 jaar oor die 100 kaste opgesit in die Worcester /Robertson area en baie van die kaste het al 2 broeisels in gehad.Solank daar muise is trek die uile baie vinnig in.As iemand belangstel kan hulle my skakel 082 783 6541.