Page 1 of 1

timney vir Howa

Posted: Tue Dec 04, 2012 11:23 am
by rudib
Wie in SA hou Timney snellers aan vir Howa?

Ek soek dringend vir een.

Re: timney vir Howa

Posted: Tue Dec 04, 2012 11:41 am
by Louis Kriel
My howa het n beter sneller as my cz550. Hoekom wil jy hom vervang?

Re: timney vir Howa

Posted: Tue Dec 04, 2012 12:16 pm
by tafjak
rudib

Die Howa snellers is regtig grend, myne breek op so .6 pond en ook sommer soos glas. Maar sal as jy die een wil verruil of smous belangstel.

Mooiloop

Re: timney vir Howa

Posted: Tue Dec 04, 2012 12:26 pm
by rudib
Ek het reeds 2 timneys in my Howa's. Soek een vir n vriend.

As jy dink die howa het lekker sneller, moet jy die timney probeer.  ;D

Re: timney vir Howa

Posted: Tue Dec 04, 2012 12:40 pm
by tafjak
Ja, ek weet die timney's is baie goed. 'n Vriend van my maak darie Howa snellers ook darem skietbaar met so verstellenkie heir en daar met so vyltjie.

Mooiloop

Re: timney vir Howa

Posted: Tue Dec 04, 2012 12:56 pm
by Jacques van Eeden
Huntonline en Nicholas Yale

Re: timney vir Howa

Posted: Tue Dec 04, 2012 1:30 pm
by Louis Kriel
rudib wrote: Ek het reeds 2 timneys in my Howa's. Soek een vir n vriend.

As jy dink die howa het lekker sneller, moet jy die timney probeer.  ;D
My verwysingsraamwerk is my cz550 wat n "set" trigger het wat super lig is. My ander geweer LE303 se sneller is ... wel gangbaar! Nee hy is super sleg, n timney is seker maar die oplossing vir hom.

Re: timney vir Howa

Posted: Tue Dec 04, 2012 3:45 pm
by rudib
Dankie Jacque222, het hom gekry by Nicholas Yale  :)

Re: timney vir Howa

Posted: Tue Dec 04, 2012 9:04 pm
by bengogga
Piet-skiet

EK wou jou nog vra oor daardie Howa snellers.
Lyk of hulle staal wou gespaar het. Ek sal eerder Timney opsit. Dis maar my 2c.

Re: timney vir Howa

Posted: Wed Dec 05, 2012 9:12 pm
by bengogga
Hi Piet, na die dikte.

Maar sien die nuwe Weatherby lyk en voel identies met die snellers.

Die aksie voel lekker glad, maar toe ek die sneller ''voel'' toe voel dit pieperig in vergelyking met die res van die geweer.

As daai buffel storm en 'n ou het die safety op vergeet, gaan jy die sneller beslis afbreek.