Page 1 of 1

Beste verkyker vir onder R3000

Posted: Mon Dec 03, 2012 9:13 pm
by DWB
Hallo mense, ek is 'n absolute leek in die gebied.

Ek is opsoek na 'n 8x verkyker vir onder R3000

Baie s? die Nikon Monarch, maar ek het ook vandag na die Lynx Lynx series 44 8x32 gekyk en dit het my baie be?ndruk.

Steiner weet ek is die beste koop maar is buite mamma se begroting waarby ek al klaar ekstra bygelas het.

Ek wil die verkyker gebruik as ek stapjag en dan sommer ook in die wildtuin en so aan.

Julle raad sal baie waardeer word!

Re: Beste verkyker vir onder R3000

Posted: Mon Dec 03, 2012 9:16 pm
by johnny
Ek het n REDFIELD 10X42 en is baie tevrede.

groetnis

Johnny

Re: Beste verkyker vir onder R3000

Posted: Mon Dec 03, 2012 9:28 pm
by JTM
Ek het 'n Bushnell Excursion 8x42 en dit is 'n baie lekker verkyker met uitstekende glas en beeld. Jy hoort dit so vir R3000 of daar rond in die hande te kry.

Re: Beste verkyker vir onder R3000

Posted: Tue Dec 04, 2012 1:33 pm
by Swede
Ek het die Lynx series 46 8 x 42 en is baie gelukkig met hulle, die series 44 is baie goeie waarde vir geld vir daai prys ;)

Re: Beste verkyker vir onder R3000

Posted: Tue Dec 04, 2012 1:41 pm
by Carl
Deon, die Nikon's is fantasties, hulle is een van die top maatskappye in die w?reld as dit by lense kom. Die dienssentrum in Centurion is baie goed. Ek weet daar is Canon kamera manne wat oor gegaan het na Nikon net vir diens.
Jy kan ook kyk na die Nikon Sporter, gaan jou los met kleingeld en ek dink nie daar is veel verskil met die Monarch nie.

Re: Beste verkyker vir onder R3000

Posted: Tue Dec 04, 2012 1:44 pm
by DWB
Dankie manne!

Sal maar bietjie gaan draai daar by S&O die naweek as ek kan

Re: Beste verkyker vir onder R3000

Posted: Tue Dec 04, 2012 3:08 pm
by DWB
Dankie almal.

Ek kan die Steiner Sky Hawk Pro vir R400 meer as die Nikon Monarch kry, waarvoor gaan mens?

Re: Beste verkyker vir onder R3000

Posted: Tue Dec 04, 2012 3:11 pm
by Beretta
Koop die Steiner ek het een beter as Nikon volgens my.
Beretta

Re: Beste verkyker vir onder R3000

Posted: Tue Dec 04, 2012 4:39 pm
by spekieries
Ek het 'n 8x32 Redfield by S&o se uitverkoping gekoop. Toe ek die prys sien het die kinders "alla Township" 'n paar af periodes gehad want ek het gedros om hom te koop. Daar was slegs een en ek het hom al lank beloer.

Ek is nie seker of sy waarborg dieselfde as die teleskope is nie, maar hy is kompak en ek dink baie goeie waarde vir geld.

Re: Beste verkyker vir onder R3000

Posted: Tue Dec 04, 2012 4:40 pm
by DWB
Daar was net 'n Nikon Monarch 8x36 oor en Stefaans het hom solank uitgeboek op my naam.

Re: Beste verkyker vir onder R3000

Posted: Tue Dec 04, 2012 6:27 pm
by Skaaphaas
Die Nikon Monarch is beslis tans die beste waarde vir geld. Ek het 'n Bushnell Excursion EX waarmee ek heel tevrede is, maar hy was duur.

Re: Beste verkyker vir onder R3000

Posted: Wed Dec 05, 2012 8:25 am
by rudib
Ek het n Nikon Monarch 10 x 36 as backup, en hy is baie duidelik.

Re: Beste verkyker vir onder R3000

Posted: Wed Dec 05, 2012 8:40 am
by DWB
Rudib wat gebruik jy prim?r?

Re: Beste verkyker vir onder R3000

Posted: Wed Dec 05, 2012 9:13 am
by rudib
10 x 42 Swarovski SLC

Die swarovski maak dit makliker as jy trofee wil mooi kyk en dis bietjie ver of bosserig. Die punte van n grysbokkie of Vaalie raak dof as jy ver of deur bossies beperk word.

Die Nikon is great as jy vir jouself jag. Geniet myne nog steeds.

Re: Beste verkyker vir onder R3000

Posted: Wed Dec 05, 2012 9:51 am
by DWB
dankie, ek wil hom net vir myself gebruik en kan in elk geval nie goed genoeg sien vir dit wat jy daar beskryf nie :D

Re: Beste verkyker vir onder R3000

Posted: Wed Dec 05, 2012 11:25 am
by rudib
Hy sal mooi werk!!

My tracker kon hom ook nog nie breek nie..... Hy gebruik hom somtyds.

Re: Beste verkyker vir onder R3000

Posted: Wed Dec 05, 2012 5:17 pm
by JohannHorn
Ek het baie uitgevra oor die selfde onderwerp en het besluit op 10 x 42 Redfield, hy voel baie stewiger as die ander in sy klas en hy word Deur Leopold vervaardig! Eks baie gelukkig!

Re: Beste verkyker vir onder R3000

Posted: Tue Jan 08, 2013 10:18 pm
by Sam Kelbrick
Rudolph Optics wrote: Vir R2 900.....het nie sy gelyke nie, vra maar by Safari & Outdoor!


[img width=366 height=480]http://i1118.photobucket.com/albums/k60 ... adeda2.jpg[/img]


As jy nie tevrede met hom is nie, word jou geld terug gewaarborg!

Groete

Rudolph Optics
Ek kan bevestig dat ons al baie van hulle verkoop het en niemand het nog hulle geld kom terug eis nie.

Re: Beste verkyker vir onder R3000

Posted: Wed Jan 09, 2013 10:56 am
by Neels
Ek het n Nikkon Monarch 12x42 by S&O 'n rukkie gelede gekoop vir R3150 en dink dit is 'n baie goeie koop.

Neels

Re: Beste verkyker vir onder R3000

Posted: Wed Jan 09, 2013 10:57 am
by DWB
Ek het my Nikon Monarch 8x36 gekoop en is baie happy met hom!