Page 1 of 1

my 6.5

Posted: Mon Dec 03, 2012 11:22 am
by Frikkie Coetzee
So foto van paar 5 skoot groepe gister geskiet met my 6.5x57. Met n silencer op op 100meter.
Privy Partisan Doppe
129 gr Hornady SP punte @2930fps
CCI200 primers
CZ (brno) H21  Die loop is amper 70 jaar oud en net die kroon is oorgesny. Dit is nie een of ander match loop en punte nie.

Frikkie

Re: my 6.5

Posted: Mon Dec 03, 2012 11:25 am
by Frikkie Coetzee
Sorry oor die duplikasies. Daar is net 2 groepe

Re: my 6.5

Posted: Mon Dec 03, 2012 11:26 am
by THOMAST
Baie netjies!
Die roer (en die skut) kan nog die ding doen!

Re: my 6.5

Posted: Mon Dec 03, 2012 11:27 am
by Gerhard
Briljante skietwerk daai.

Re: my 6.5

Posted: Mon Dec 03, 2012 11:29 am
by G-force
Uitstekend geskiet,baie geluk!

Re: my 6.5

Posted: Mon Dec 03, 2012 11:34 am
by BLOK
Nou waar was jy Saterdag, as jy by die longrange skiet was sou jy n lekker klompie gonge kon lui met so groepering. Mooi gedoen

Re: my 6.5

Posted: Mon Dec 03, 2012 11:42 am
by Frikkie Coetzee
Blok

Ek het eintlik net gegaan om die lading te chrony om te kyk of die lading op QL se node val.

Hy val presies daarop en die is die resultaat.

Intersant, die geweer skiet beter as sy loop effens vuil is. Spoed gaan ook op dan.
Ek gaan bietjie ballistiese tabelle uitwerk.

Bi pod op dan maak die groepe oop.

Frikkie

Re: my 6.5

Posted: Mon Dec 03, 2012 11:49 am
by Geno
Oom Frikkie,
Dis mos hoe 'n geweer moet skiet!

Re: my 6.5

Posted: Mon Dec 03, 2012 11:50 am
by Marc
Daai is n mooi groepie  :o :o :o

Re: my 6.5

Posted: Mon Dec 03, 2012 12:09 pm
by Danie01
Dis mos sommer baie mooi!

Re: my 6.5

Posted: Mon Dec 03, 2012 12:25 pm
by Chevvy SS
Netjies!!!

Re: my 6.5

Posted: Mon Dec 03, 2012 12:25 pm
by Louis Kriel
Ek dink die meeste benchrest manne sal baie happy wees om sulke groepe te skiet! Mooi Man!

Re: my 6.5

Posted: Mon Dec 03, 2012 12:33 pm
by LUAN
Het julle gelees? Die loop is 70 jaar oud! :o Dit is baie indrukwekkend geluk baie mooi geskiet.

Re: my 6.5

Posted: Mon Dec 03, 2012 12:45 pm
by VdWalt
:o Sjoe dis mooi groepe daai.  (My hart kry sommer so warm gevoel oor dit n 6.5 is,
maar ek het so smaakie in die mond oor dit nie myne is nie ...  :'( )

Re: my 6.5

Posted: Mon Dec 03, 2012 1:26 pm
by Carl
Mooi gegooi Frik, dis werklik uitstekend vir 'n jag geweer. Het jy raad vir 'n 90 jaar oue 270 loop ;D

Re: my 6.5

Posted: Mon Dec 03, 2012 1:58 pm
by Wouter Roets
Frik

Dit wil mos nou gedoen wees! Pragtig om te sien dat n bejaarde roer en skut so mooi kan saamwerk! ;D
En wie het nou gese antieke stukkies moet op die groener weivelde uitgesit word!

Groetnis
Wout

Re: my 6.5

Posted: Mon Dec 03, 2012 2:04 pm
by BRNO (Pierre)
Dis mos nou n CZ! Baie mooi geskiet.

Re: my 6.5

Posted: Mon Dec 03, 2012 3:05 pm
by Jassie
Nie die eerste 6,5 wat ek van hoor wat beter werk as hy vuil is nie :laugh:

Groete
JAS

Re: my 6.5

Posted: Mon Dec 03, 2012 6:50 pm
by Jacquesb
Frikkie
Wat is die twist?

Re: my 6.5

Posted: Mon Dec 03, 2012 10:19 pm
by Frikkie Coetzee
Jacques

Die twist is 1 in 8.

Ek weet nie eers meer of ek Bergers wil skiet nie.

Paar opmerkings:

Ons het heelwat geskiet en omtrent al die groepe is onder n duim. Die geweer is nie skoongemaak tussen in nie
My ES op 5 skoot groep 19, 23 en 26.
Warm loop spring spoed met tot 50fps

Net die primer pockets is gesny en die flash hole is ge de burr, die nekke is nie gesny nie en doppe is nie vir gewig gesorteer nie.

AHS se fabrieks ammo groepeer nie so mooi nie Sowat duim en half en spoed is tussen 2470 en 2540 fps (140 grein)


Ek is baie tevrede

Frikkie

Re: my 6.5

Posted: Thu Dec 13, 2012 7:54 am
by KC
Uitstekend!

Ek glo maar n loop moet n paar skote deur he voor hy konstant groep.