Page 1 of 2

kwotasie vir probleemdier beheer op Alkantpan

Posted: Sun Jul 04, 2010 10:17 pm
by Twee Tand
Ek wag kwotasies in vir ongedierte jag op Alkantpan.
ek wil die area opdeel in vier areas, omdat dit groot is. (84 000 ha+/-)
ek beplan om vyf nagte te gebruik.

Alkantpan is 70km vanaf Prieska, Noord Kaap.

Vir verdere navrae e-pos my gerus by geitjiespan@gmail.com of skakel my
op 084 825 7406.

Groete

TT

Re: kwotasie vir probleemdier beheer op Alkantpan

Posted: Mon Jul 05, 2010 9:13 am
by Louis102
TT

Ek dink jy soek op die regte plak na jagters.  Wil egter net noem dat jy miskien na sekere minimum standaarde moet kyk waaraan die jagter moet voldoen voor jy hom aanstel.  Indien jy belangstel kan ek jou bietjie meer adviseer rondom die standaarde wat ons stel/aanbeveel aan jagters wat hierdie soort van ding doen.

Dit sal ook help as jy bietjie meer agtergrond t.o.v. die terrein, plantegroei, omvang van die probleem en infrastruktuur soos waterpunte kan gee.  Dit sal baie help om die jagter 'n beter idee oor 'n kwotasie te gee.  Laastens sou ek aanbeveel dat jy met Tafjak hier op die forum in verbinding tree.  Ek is seker dat hy bereid sal wees om meer inligting aangaande bogenoemde aan jou kan deurgee.

Hoop jy kom reg.  Kontak my gerus as daar vrae is.

Louis

Re: kwotasie vir probleemdier beheer op Alkantpan

Posted: Mon Jul 05, 2010 12:37 pm
by KSV
TT,

Kyk vir Chris 101 hy is van Prieska as ek reg kan onthou.

E-pos adres:  chrisfouri@yahoo.com

Dink hy het genoem hy is in Namibie vir 'n rukkie

Hein

Re: kwotasie vir probleemdier beheer op Alkantpan

Posted: Wed Jul 07, 2010 9:14 am
by johan
TT
Nee wat Taffie is maar die man wat ons jakke in Agtersneewberg erg in die bek geruk het.ek reken so 220 jakke in 18maande !
5 nagte is na my mening ook te min vir jou doel,begin sommer by 20 jagnagte vir n begin.Laat die Tawwe een n span van 4 of so jagters opmaak(Chris101 ingesluit) en looi hulle !

My 1 sent

Re: kwotasie vir probleemdier beheer op Alkantpan

Posted: Wed Jul 07, 2010 10:42 am
by Wielie Waps
Is hierdie nie die ideale geleentheid vir so probleemdier jagter kompetisiejie nie , amper so iets soos 'n OTA op een bepaalde gebied ?

Re: kwotasie vir probleemdier beheer op Alkantpan

Posted: Wed Jul 07, 2010 10:52 am
by NICO
Hallo almal

Ek dink dit is n baie slim plan wat jy daar het. As ek n voorstel kan maak dan moet ons dat die groot manne saam n kwotasie uitwerk vir die mense en dan kan n klomp van ons daar gaan skiet. Al wat ons sal moet aan dink is dat die manne wat dan daar wil gaan skiet sal nie reiskoste kan vra nie, maar op hulle eie onkoste daar kom en dan skiet. Maar dan word jy vergoed vir al die ongediertes wat jy dan skiet.

Nico

Re: kwotasie vir probleemdier beheer op Alkantpan

Posted: Wed Jul 07, 2010 11:27 am
by tafjak
Twee Tand

As ek kwoteer sou dit in die omgewing wees van R750-00 per jakkals met 'n maksimum van R2500-00 per nag per jagter en minimum fooi van R750-00 alles ingesluit.

Wat dit eintlik beteken is dat as jagter 5jakkalse vir die nag skiet sal die fooi nie R2500-00 oorskry nie, maar anderkant is ook waar dat as jagter niks skiet nie sal die fooi R750-00 beloop. 

Net 'n gedagte.

Voorspoed

Taffie

Re: kwotasie vir probleemdier beheer op Alkantpan

Posted: Wed Jul 07, 2010 11:34 am
by NICO
Oom Taffie

Dit klink vir my reg so.

Wat se julle ander van dit.

Nico

Re: kwotasie vir probleemdier beheer op Alkantpan

Posted: Wed Jul 07, 2010 11:48 am
by Freek
Baie billike voorstel Tafffie. Net jammer dit is so v?r van my af, sal graag wil help.

Mooi loop

Re: kwotasie vir probleemdier beheer op Alkantpan

Posted: Wed Jul 07, 2010 12:00 pm
by NICO
Freek

Ons kan mos maar n plan maak. Jy kan met een van my voertuie af kom tot by my dan gaan ons saam. Jy bring net jou roer saam en kom.

Nico

Re: kwotasie vir probleemdier beheer op Alkantpan

Posted: Wed Jul 07, 2010 12:35 pm
by Freek
Is reg so. Laat weet net die tyd en plek, daai trippie wil ek nie mis nie. Dankie vir die voorstel Nico!

Re: kwotasie vir probleemdier beheer op Alkantpan

Posted: Wed Jul 07, 2010 1:42 pm
by JACQUES BOTHA
MMMMM.
Ek sal self so rukkie verlof kan neem vir n paar dae....
Taffie.
Dit kan dalk die vorm aanneem soos ons probeer reel het in Burgersdorp by Pappa Btitz se huis of hoe?
Maar as dit realiseer Gebruik eers die voltydse manne en van ons deeltydse jagters kan maar inval by hulle reelings.
Groetnis
JB

Re: kwotasie vir probleemdier beheer op Alkantpan

Posted: Wed Jul 07, 2010 2:15 pm
by KSV
Hoekom split ons hom nie op nie.

Elke kar moet 'n Pro op he en 'n deeltydse jagter.  Dan verhoog ons die standaard van die deeltydse manne ook sommer met die kompetisietjie ook.

Hein

Re: kwotasie vir probleemdier beheer op Alkantpan

Posted: Wed Jul 07, 2010 3:13 pm
by NICO
Dit klink vir my of die n lekker besigheid kan word.

Nico

Re: kwotasie vir probleemdier beheer op Alkantpan

Posted: Wed Jul 07, 2010 3:34 pm
by Geno
Kan ek een van die deeltydse jagters wees? Het ek al genoem dat ek 'n killer vleis braaier is? ;)

Groete,
Eugene

Re: kwotasie vir probleemdier beheer op Alkantpan

Posted: Wed Jul 07, 2010 3:43 pm
by johan
Onthou 70% van die oppervlak is ontoeganklik,jy sal die jakke moet inroep van ver af,hierdie is die taak vir n paar meesters in die roep kuns.

Re: kwotasie vir probleemdier beheer op Alkantpan

Posted: Wed Jul 07, 2010 3:49 pm
by Wielie Waps
Ek volunteer ook as 'n drywer. JB praat net as jy een soek. Ons kan mos saam hier afsleep.
'n Mens kan mos nie ondervinding koop nie.

Re: kwotasie vir probleemdier beheer op Alkantpan

Posted: Wed Jul 07, 2010 4:30 pm
by KSV
Ek vat eerste plek op enige kar!

Hoor ek is darem ook self 'n yster met 'n rib ;D

Hein

Re: kwotasie vir probleemdier beheer op Alkantpan

Posted: Wed Jul 07, 2010 5:50 pm
by Twee Tand
Jammer ouens, Johan is reg. Groot gedeelte van die area is gevaarlike area's, en ek hanteer die jag op my eie.
Ek beweeg self met die jagter rond om te vermy dat iemand seer kry. Om n groep jagters daar in te vat sal die Bloedrivier storie na n pieknie laat klink.

Jammer. Ek dink self dit kon n geskietkundige braai geleentheid geword het, maar nou ja,

Groete

TT

Re: kwotasie vir probleemdier beheer op Alkantpan

Posted: Wed Jul 07, 2010 8:25 pm
by Rooies
TT
Gaan jy op die toetsterein self roep of aangrensende plase?

rooies

Re: kwotasie vir probleemdier beheer op Alkantpan

Posted: Wed Jul 07, 2010 8:33 pm
by NICO
Rooies

Dit klink vir my dit gaan op die toetsterein wees waar daar geskiet gaan word.
Ek het jou nommer vir die man gegee soos wat jy my gevra het. Hy sal jou seker later bel

Nico

Re: kwotasie vir probleemdier beheer op Alkantpan

Posted: Wed Jul 07, 2010 10:34 pm
by Rooies
Nico

Dankie sal laat weet as ons daar was.
rooies

Re: kwotasie vir probleemdier beheer op Alkantpan

Posted: Thu Jul 08, 2010 10:26 am
by Ambessa
Hallo Twee Tand
Twee Tand wrote:...hanteer die jag op my eie... ...met die jagter rond
Sonder om dinge te herhaal, onthou asb ook van die tapetjie en skaletjie - en goeie fotos van veral die tande.

Ambessa

Re: kwotasie vir probleemdier beheer op Alkantpan

Posted: Sun Jul 11, 2010 5:38 pm
by Chris101
TT

Ek het jou al ge epos met geen reaksie wie jy is.

Baie bly om te hoor van die jagtog.
Weet nie hoekom denel nou van ander jagter wil gebruikmaak maak nie.
Hulle het dan n jagter vir die laaste 10 jaar.Dit is ook al vir my baie duidelik gestel
dat hulle nie belangstel in ander jagter.
Laaste jagtog het 65 jakkalse in 4 nagte opgelewer.

Ek het so klein entjie van daar gehuur met baie min jakkals probleme.

EK reken hulle tender prossedure moet dieselfde hanteer word as die springbokke
as hulle van jagter wil verander.

Graag sal ek ook wil tender as dit nog oop is.

Chris 101

Re: kwotasie vir probleemdier beheer op Alkantpan

Posted: Sun Jul 11, 2010 6:20 pm
by tafjak
Chris

Jy bedoel hulle moet per kilogram tenders vra? Jong, dit sal lekker sports wees. Hoe reken jy is die getalle daar?

Lyk of die ou genoeg kwotasies gekry het. Die probleem is ons weet nie regtig hoekom die jakkalse geskiet moet word nie en of dit in die toekoms gedoen sal word nie. Ek weet net dat jakkalse wat eers geskiet word en dan gelos word om te maak soos hulle wil baie groter probleme later word.

Ek ken nie die gebied nie en weet ook nie wat om te verwag nie, so my kwotasie van R2500 per nag en alle jakkalse meer as 3 is op die huis sou net myself en die werkgewer beskerm het. As daar baie jakkalse is wen die werkgewer baie. Ek sou ook nie dom probeer wees en nie jou hulp ingeroep het as ek die jagwerk moes doen nie. Jy is immeers die man wat die gebied ken. Hierdie is 'n ideale geleentheid om te sien wat gaan gebeur en wat die opvolgwerk gaan oplewer.

Mooiloop