Page 1 of 1

Schoemansville Oewerclub

Posted: Sun Dec 02, 2012 7:06 am
by pietjacobs
More se,

Ons het gister by Harties gehengel vir die dag by Schoemansville. Ons was 05:50 al by die oewer en die 1ste stok in. Teen 17:00 toe ons oppak, het ons nie eers 'm enkele byt gehad nie. Inteendeel, die oewer was propvol en niemand om ons het iets gevang. Ek het letterlik alles probeer en regtig hard gewerk aan voer,ens.

Nou is die dam se vis mider met die uithaal prosess of dink julle dit is te doen met die weer wat ons het? EK self het 2jaar laas hier gehengel en laas het ons 'n sak vol gevang vir die dag.

Die water sien ek is darem baie baie beter, net die oewer self wat maar vol bottels en goed le wat ons vorige mede hengelaars nie opgetel het toe hulle gery het

Groete,
Piet

Re: Schoemansville Oewerclub

Posted: Sun Dec 02, 2012 7:29 am
by Geno
Pieta. Kom hengel een dag hier by my. Dis baie beter as die oostekant van die dam.

Re: Schoemansville Oewerclub

Posted: Sun Dec 02, 2012 8:40 am
by pietjacobs
Thx Geno. Sal joi kontak

Re: Schoemansville Oewerclub

Posted: Mon Dec 03, 2012 10:00 am
by Jac
Nou weet ek presies wat fout is op die forum, Jaco Swart en almal na sy "post reply" het dit bewys. JULLE LEES NIE of julle verstaan nie die "search" funksie so mooi nie. Want as julle kon lees of weet hoe dit werk sou julle gesien het dat ek myself voorgestel het op die eerste dag wat ek op die forum geregistreer het.

Re: Schoemansville Oewerclub

Posted: Mon Dec 03, 2012 10:07 am
by Jaco Swart
Jac.

Dit gee jou nogsteeds nie die reg om jou gat te wip as jy nie raad gekry het nie.Miskien is hier regtig nie mense wat weet wat by Bronkies aangaan nie. Jaracal manne weet baie maar ook nie alles nie. Gebruik jy jou google search volgende keer as jy info soek dan hoef jy nie so hartseer te raak nie.

Re: Schoemansville Oewerclub

Posted: Mon Dec 03, 2012 10:08 am
by Witpietskiet
Jac,

Dalk het hy nie gelees nie, sien jy is self nie groot op lees nie. Jy "post" op die verkeerde plek.

http://jaracal.com/index.php/topic,1650 ... #msg210433

Onspan jou kuite.

Re: Schoemansville Oewerclub

Posted: Mon Dec 03, 2012 10:48 am
by Frikkiedbr
Manne die Jac,

Krap julle manne om. En seker nie met 'n doel nie of miskien met 'n doel.
Laat hom maar op en af spring. Moenie na sy vlak daal nie.
Ons weet wie ons is op die forum.

Laat staan hom en gaan aan met die mooi maandag :P

Groete

Re: Schoemansville Oewerclub

Posted: Mon Dec 03, 2012 10:51 am
by Kalahari
Frikkie

Ek stem, die man het dan gese hy het reggekom ;)
Let bygones be bygones, sou die engelsman se.