Page 1 of 1

Leupold VX1 4-12x40 op 375H&H

Posted: Tue Nov 27, 2012 10:37 am
by DieKraai
Jis Manne

Ek het vir my n CZ550 .375 H&H gekoop. Ek het n Leupold VX1 4-12x40 scope wat los le by huis. Ek het gedink om hom vir eers op die .375 te sit vir algemene jag en dan om later te upgrade as finansies weer beter lyk.

Die vraag is: Gaan die .375 die VX1 scopie "breek"?

Mooibly
:)

Re: Leupold VX1 4-12x40 op 375H&H

Posted: Tue Nov 27, 2012 11:19 am
by Stefan764
Nee Kraai hy sal dit maak.

vriend van my, Kaptein in die SAPD het n VX1 3-9x40 nou vir 11 jaar op su 458WM en hy loops soos n rot met crocs.

Groete

Re: Leupold VX1 4-12x40 op 375H&H

Posted: Tue Nov 27, 2012 12:18 pm
by Gerhardu
Nee wat daar sal nie probleme wees nie maak net seker die ringe is vas.My broer het n Nikon fieldmaster 3-9x40 op syne en dis nog op n Winchester pre64 375 A-square.Hy is horing oud en hy doen niks aan die scope nie.


Groetnis Gerhardu

Re: Leupold VX1 4-12x40 op 375H&H

Posted: Tue Nov 27, 2012 1:26 pm
by DieKraai
Dankie Stef en Gerhard.


Gerhard ek sien jy het ook n CZ550 375 H&H. Is jy tevrede met hom? Hoe groep hy op 100m en watter ladings skiet in hom?

Mooibly.
:)

Re: Leupold VX1 4-12x40 op 375H&H

Posted: Tue Nov 27, 2012 2:05 pm
by Gerhardu
Hey Voel,jyt n PM.