Page 1 of 2

Jakkalsgat Safaris

Posted: Mon Nov 26, 2012 6:02 pm
by grumpy
Ek was nou die naweek van 23-25 saam met Jaco gewees vir n jag.

Van my aankoms tot die minuut wat ek vertrek het was ek soos n koning behandel. Ek het net een keer daar geeet en dit was die hele tyd wat jou oe oop is en van die lekkerste kos. (As iemand gaan saam met hom moet jy aandring op sy lasange!)

Vrydag aand was alles bespreek en vas gemaak en ons het Saterdag oggend 5uur gery na n plaas 150km buite Bloemfontein. Silent Hunter was saam op die jag en dit was nou lekker om saam met die forum manne te wees. Die ander man wat saam gegaan het is Jaco se een vriend wat ook saam gegaan het. Die geselskap op pad was lekker maar die wind het gewaai! Ongelukkig so 50kpu+!

Opdie plaas aangekom het ons die trailer af gehaak en alles reg gekry om veld toe te gaan. Gewere was in geskiet op 200m Met n wind skuins van agter en alles was gou op plek sodat ons kon begin.

Silent Hunter is afgelaai op n punt en ek is verder af gelaai. Met my dit g-t het ek agter n miershoop gaan sit en my dinge reg gekry. Jaco het ver op n randjie gesit en kyk met die verkyker wat gebeur. Die Springbokke is eerste maar dadelikdeur na die volgende kamp sonder dat een geval het maar hulle was ook te ver gewees en ons wou nie kans vat met die wind wat so sterk was nie. Die Blesbokke het in ons rigting gekom en ons was reg. Hulle het n draai verby SH geloop in in my rigting gekom.  Ek het plat op my boude gesit en myself gemaklik en in posisie gekry. Toe die voorste bok naby genoeg was en ek seker was ek sal die skoot vat het ek gefluit en hulle het stil gaan staan. Die skoot het geklap en Jaco het net die stof wolk langs die bok gesien maar niks gehoor nie. Die bok het daar weg gesring met n spoed met sy gat so laag soos n Ferrari! So paar meter verder het hy geval met n groot stofwolk. Ek het gesit en kyk en die skoot was mooi en hy het bly le.  Ek het op gestaan en na die bok geloop en Jaco het af gekom met die bakkie. Foto is geneem, bok is gelaai en hy het weer uit die kamp gery.

Die volgende bok het geval deur Jaco se vriend wat hy plat getrek het. Jaco het weer in gekom en die bok gelaai. Ek het op my plek gebly en nie beweeg nie. Die bokke het weer met n draai gekom van die teenoorgestelde kant voor en die eerste een geskiet het. Ek het gesien hulle is op pad reguit na my. Hulle was so in n bondel en ek wou nie skiet want daar sal n ander bok gekwes wees as ek enige een sou skiet. Hulle het gestop en rond gekyk.  Links op skuins teen die wind beweeg. Ek het gefluit en hulle het gestop. Die een wat ek wou skiet het voor n ander bok gaan staan. Ek het gewag tot hulle weer beweeg en weer gefluit. Toe hulle die keer stop was hy oop en die doef het mooi geklink! HY het ook daar weg gespring met n helse spoed. Hy het n speed wobble gevang en seker so 3 keer gat oor kop gegaan en stil gele. Ek het op gestaan en my sak en goed gevat en die geweer veilig gemaak en na die bok gestap. Jaco hulle was daar voor my en my rigting was bietjie uit met die wind in my gesig en my oe het getraan van die wind wat so waai. Weer n foto geneem en bok is gelaai. Daar het Jaco die bokke oop gemaak en skoon gemaak en al die bokke was gebloei toe hulle gelaai was na die skiet.

Terug by die plaashuis het Jaco die koelboks gebring en daar was gegeurde water, sap, bier en n verskeidenheid van drink goed. HY het die vuur aan gesteek en het Blouwilde bees rugstring, wilds wors en so baie goed gebraai en ons het geeet dat ons snaaks lyk. Die ou mense op die plaas was net so vriendelik en gaaf. Hulle het saam gebraai en die ou tannie het souskluitjies gemaak en skons met tuis gemaakte appelkoos konfyt en artappeltjies in die skil. Ons het so lekker en so baie geeet ons kon net daar om dop en slaap.die mense was so gasvry en so vriendelik gewees, dit was n plesier om op hulle plaas te kon jag.

Daai aand toe het Jaco skaapribbetjie en weer n verskeidenheid goed gemaak om te eet. Sy vroutjie was net so gasvry en sy het dit so gemaklik gemmak dat ek amper nie wou huis toe kom nie!! ;D Ons het waffels met chocolate roomys en chocolate sous gehad vir nagereg. Dis wat ek bedoel ek het net een keer geeet en dis die hele tyd!!!!

Sondag oggend 6 uur het ek terug huis toe gery en die karkasse by my slagter af gelaai. Ek is huis toe en 30 minute later het ek WEER geeet!!!!!!!

Ek wil net se dit was een lekker naweek gewees en ek het dit regtig baie geniet. Ek sal Jakkalsgat Safaris enige tyd aan beveel vir die manne.

Ek wil ook dankie se vir Wielewaps wat gereel het dat ons by sy skoonouers se plaas kon jag.

Dankie aan Jaco vir die jag, SH vir die geselsskap en was lekker om jou te ontmoet. Sal graag weer saam met julle manne wil gaan jag volgende jaar.

Baie dankie.

Re: Jakkalsgat Safaris

Posted: Mon Nov 26, 2012 6:20 pm
by Jacquesb
Lekker Grumpy.

Jakkals, ek gaan ook nog vir julle kom kuier!

Groete

Re: Jakkalsgat Safaris

Posted: Mon Nov 26, 2012 6:49 pm
by Jaco Swart
Foto's ????????

Re: Jakkalsgat Safaris

Posted: Mon Nov 26, 2012 6:53 pm
by Cobus(Cobb)
Johan, dink klink sommer lekker, jy vertel ook lekker mooi...Soos Jaco s?...waars die fotos??

Cheers

Re: Jakkalsgat Safaris

Posted: Mon Nov 26, 2012 6:54 pm
by Jakkalsgat
Naand Almal

Ai Johann, baie dankie maar weet jy ek reel die goed maar na die beste van my vermoe, ek is regtig bly jy het dit geniet en jy weet jy is altyd welkom. Jy is 'n maklike klient wat dit vir my maklik maak.

Wat die etes aanbetref skuus het gesien jou kondisie is bietjie af en wou jou net weer bo die 180kg kry. :laugh:

Jacques

Jy is welkom, kontak my in die nuwe jaar en ons reel 'n ding.

Wat fotos aanbetref mag ek net die volgende een laai, draai sy arm vir nog

[img width=360 height=480]http://i1156.photobucket.com/albums/p57 ... -00094.jpg[/img]

Groete
Jaco

Re: Jakkalsgat Safaris

Posted: Mon Nov 26, 2012 7:25 pm
by Jacquesb
Jaco,
Dankie, ek gaan jou kontak vir 'n jag.

Re: Jakkalsgat Safaris

Posted: Mon Nov 26, 2012 8:13 pm
by grumpy
Daar is mos n foto van die bok. Mens kyk mos die bok en nie die jagter nie!!! ;D

>:(

Re: Jakkalsgat Safaris

Posted: Mon Nov 26, 2012 9:34 pm
by Marc
Mooi gemaak Grompie  ;D

Volgende jaar sit ek ook onder een van jou bome Jaco  ;)

Re: Jakkalsgat Safaris

Posted: Mon Nov 26, 2012 9:52 pm
by Jakkalsgat
Marc wrote: Mooi gemaak Grompie  ;D

Volgende jaar sit ek ook onder een van jou bome Jaco  ;)
Sien uit daarna.

Wil net dit se, ek is regtig geseen hierdie jaar en as dit die Vader se wil is kan dit volgende jaar net beter.

Ek het vir die seisoen 81 kliente, jagters en paar nie jagters, kinders uitgesluit bedien oor 16 naweke.

Groete
Jaco

Re: Jakkalsgat Safaris

Posted: Mon Nov 26, 2012 10:03 pm
by Marc
Jy was nogal bedrywig, ek kan dink aan een persoon wat dankbaar is dit is verby  ;D

Re: Jakkalsgat Safaris

Posted: Mon Nov 26, 2012 10:09 pm
by grumpy
Sal lekker wees as n groep op die forum dit kan maak om saam te jag. Ek gaan beslis weer gaan.

Ek het my een vriend vertel en een van sy kollegas het n Blaser gekoop en wil n Blou wildebees skiet volgende jaar so Jaco sal moet begin sy alie in rat kry!! ;D

Wonder wie sal belang stel om n groep te gaan jag volgende jaar?

Ek sal in wees!!

Re: Jakkalsgat Safaris

Posted: Mon Nov 26, 2012 10:20 pm
by Silent Hunting
Johan,

Ek is ook in, al moet ons maar "styf" sit in die bakkie. Nie veel plek as jy in klim nie....

Ek soek een van daardie Kudus. :angel:
Henk

Re: Jakkalsgat Safaris

Posted: Mon Nov 26, 2012 10:22 pm
by grumpy
Ek soek ook een van daai R 1500 Koedoes!! Of was dit nou R 1000 gewees wat ek en jy kry???? :o :'(

>:(

Re: Jakkalsgat Safaris

Posted: Mon Nov 26, 2012 10:31 pm
by Silent Hunting
Ja, dink jy is reg. Dit was R500.00 gewees. En dan waarborg hy nie minder as 58". 8)

Re: Jakkalsgat Safaris

Posted: Tue Nov 27, 2012 4:28 am
by Jacquesb
Silent en Gromie,
Jis julle ouens wil baie vir koedoes betaal!
Wag tot einde seisoen as hulle afgehaal word, dan kry julle nog goedkoper! 8)

Re: Jakkalsgat Safaris

Posted: Tue Nov 27, 2012 10:25 am
by Wielie Waps
Grompie
Ek is bly ek kon help.
Jy kan bly wees my skoonpa lees nie gereeld hier nie anders sal jy moeilikheid kry oor daai OU oom en OU tannie waarna jy verwys.

Re: Jakkalsgat Safaris

Posted: Tue Nov 27, 2012 11:02 am
by Jean Marais
grumpy wrote: Sal lekker wees as n groep op die forum dit kan maak om saam te jag. Ek gaan beslis weer gaan.

Ek het my een vriend vertel en een van sy kollegas het n Blaser gekoop en wil n Blou wildebees skiet volgende jaar so Jaco sal moet begin sy alie in rat kry!! ;D

Wonder wie sal belang stel om n groep te gaan jag volgende jaar?

Ek sal in wees!!
Grumpy

Ek sal baie graag deel van daai groep wil wees.

Groete
Jean

Re: Jakkalsgat Safaris

Posted: Tue Nov 27, 2012 7:24 pm
by grumpy
Ek dink dit kan lekker wees om so groep te gaan jag. Jakkalsgat sal moet bont staan om te entertain!! ;D

Re: Jakkalsgat Safaris

Posted: Tue Nov 27, 2012 7:28 pm
by grumpy
So groepie kan net lekker wees. Jakkalsgat sal moet bont staan vir almal wat gaan want ons eet baie en ek moet my lyfie in stand hou!!! ;D

>:(

Re: Jakkalsgat Safaris

Posted: Tue Nov 27, 2012 8:23 pm
by Silent Hunting
Dink ons moet maar solank Jaco se "volgende" groep bymekaar maak vir hom.

Jaco,

Dalk pryslys op sit sodra julle pryse vas is vir volgende jaar. Dalk ook so paar datums om van te kies?

Groete,

Henk

Re: Jakkalsgat Safaris

Posted: Tue Nov 27, 2012 8:32 pm
by grumpy
Ek wil nog vogende jaar probeer by Wouter ook n draai gaan maak.

So baie jagte en so min tyd!!

Jag groep volgende jaar saam Jakkalsgat.

1.  Grumpy  >:(

Re: Jakkalsgat Safaris

Posted: Wed Nov 28, 2012 7:55 am
by Jakkalsgat
Grumpy

Gee die manne 'n kans ou, mens bestel nie jou ete voor jy nie die menu gelees het nie!

Ek gaan eers pryslys ens in Januarie opsit en kan ons dan so uitstappie reel.

Groete
Jaco

Re: Jakkalsgat Safaris

Posted: Wed Nov 28, 2012 6:49 pm
by stephensonsknives
sit maar my naam ook op vir die jagpryse ,moet nou nie jul gat aflag nie, maar ek het nognooit n springbok gaskiet nie ,volgende jaar soek ek n grote

groete

Re: Jakkalsgat Safaris

Posted: Wed Nov 28, 2012 7:11 pm
by grumpy
ek het vandag n nuwe " amanak" gekry en loer die datums.

Jaco, hoeveel manne kan jy op n slag vat?

Ons wil weet sodat ons n groep kan bespreek en afslag kry vir groep besprekings!! ;D

>:(

Re: Jakkalsgat Safaris

Posted: Wed Nov 28, 2012 8:44 pm
by Silent Hunting
Ek is ook in.

Henk