Page 1 of 1
Zeiss Duralyte 3-12 *50
Posted: Mon Nov 26, 2012 4:39 pm
by Kosie
Hoe vergelyk Zeiss duralyte reeks met Leopolt se vx3 reeks en met nikon se beter reekse. Die plaaslike handelaar het goeie pryse op die Duralyte reeks en ek stel baie belang. Daar is nog baie min op die forum oor die Duralyte reeks geskryf.
Re: Zeiss Duralyte 3-12 *50
Posted: Wed Dec 05, 2012 9:38 am
by Rainbird
Hi Kosie,
Jy sal nie n fout maak met die Duralyt nie.
In Duitsland gemaak, opties uitstekend, 30mm tube, vyn kruishaar en dit is n Zeiss.
Re: Zeiss Duralyte 3-12 *50
Posted: Wed Dec 05, 2012 9:55 am
by Carl
Kosie,
Ek is baie tevrede met my Duralyt, ek hou van die kruishaar en opties is dit puik. Goeie waarde vir geld.
Re: Zeiss Duralyte 3-12 *50
Posted: Thu Dec 06, 2012 9:29 am
by Kosie
Baie dankie vir die terugvoer. Ek dink ek gaan een kry.
Re: Zeiss Duralyte 3-12 *50
Posted: Thu Dec 06, 2012 9:37 am
by Beer (Christo)
Ek het een op my 375. Baie tevrede. Beeld is duidelik
My broer en jagbuddy (altwee boogjagters) het al die geweer geleen en dadelik genoem hoe goed hulle die teleskoop ervaar het.
Groete
Re: Zeiss Duralyte 3-12 *50
Posted: Thu Dec 06, 2012 2:31 pm
by Ruhan
Ek het die 2-8 Duralyt met illuminated reticle op my 375. Nie een dag spyt ek het my geld op 'n Zeiss bestee nie.
Re: Zeiss Duralyte 3-12 *50
Posted: Sat Dec 22, 2012 9:08 pm
by RV
Ek het iewers gelees dat die Zeiss Duralyte een of ander toekening gekry het.