Page 1 of 1

Die beste hond ooit

Posted: Thu Nov 22, 2012 8:27 pm
by WingsandThings
Het al verskeie honde in my lewe gehad maar hier is die beste een ooit. Hy is 5 maande oud en baie slim, goeie kinder hond en die liefdevolste hond wat ek nog gehad het. Hy is gehoorsaam, was om 9 weke totaal en al gehouse train. Hy point al te oulik alhoewel ons nie baie in die veld kom nie, is hy gedurig voor die hoenderhok versteen :D
[img width=360 height=480]http://i397.photobucket.com/albums/pp57 ... tos004.jpg[/img]

Re: Die beste hond ooit

Posted: Thu Nov 22, 2012 8:45 pm
by Jacquesb
19 posts van Saterdag af?

VERSLAAF!!!!!

Bly jy geniet die forum.

Re: Die beste hond ooit

Posted: Thu Nov 22, 2012 8:56 pm
by Carl
My onpartydige opinie..... Hulle is die beste honde! My pa het lank geteel en baie gejag en field trail met pointers, engelse en die GSPs. Die duitsers l^e nog altyd na aan my hart.

Re: Die beste hond ooit

Posted: Thu Nov 22, 2012 9:20 pm
by WingsandThings
Skuus tog Jacquesb, sali weer nie :-[ Sal probeer om my in te hou ;)
Carl definitief, ek sal met 'n swaar hart weer 'n ander ras as gsp he. Hulle is voorwaar lieflike honde

Re: Die beste hond ooit

Posted: Fri Nov 23, 2012 5:03 am
by DWB
Ek het half benoud geraak toe ek sien die taksidermis sit iets van 'n hond op ;D ;D ;D

Re: Die beste hond ooit

Posted: Fri Nov 23, 2012 5:49 am
by WingsandThings
;D ;D ;D DWB ek is seker die enigste taksidermis wat nooit 'n mount in my huis sal he nie. Kyk, moenie my verkeerd verstaan nie, ek is regtig baie lief vir my werk en is kind of 'n workaholic, maar ek sal NOOIT 'n bok of voel teen my mure ophang nie. Sad but true ???

Re: Die beste hond ooit

Posted: Fri Nov 23, 2012 6:02 am
by DWB
Hehehehe,

Nee dis reg!

Re: Die beste hond ooit

Posted: Sat Dec 15, 2012 5:03 pm
by WingsandThings
ons word by die dag groter en hier is nuwe fotos van die beste hond wat ek nog gehad het. Hy is nogal 'n looker al moet ek self so se:)

[img width=560 height=420]http://i397.photobucket.com/albums/pp57 ... 012002.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i397.photobucket.com/albums/pp57 ... 012007.jpg[/img]

Re: Die beste hond ooit

Posted: Sat Dec 15, 2012 5:26 pm
by Mac
Now there is a DOG

PS; Take the choke chain off, they are that keen that they will kill themselves if it hooks, put a normal collar on, he can at least breathe if it hooks up

Re: Die beste hond ooit

Posted: Sat Dec 15, 2012 5:26 pm
by Gerhard
Pragtig...

Hier is n foto van ons enigste jag op 11 maande...

Kyk die trots in die man se gesig

[img width=560 height=420]http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... 062007.jpg[/img]

Re: Die beste hond ooit

Posted: Sat Dec 15, 2012 5:31 pm
by Beretta
Beste all round jag hond ooit myne is nou so te se op pension sy het nie n voel gemis wat ek geskiet het nie en daar was baie baie rockies wat sy gaan haal het. Hulle word met goeie maniere gebore
Beretta

Re: Die beste hond ooit

Posted: Sat Dec 15, 2012 6:04 pm
by WingsandThings
:) :) :) Thanks Mac and Beretta and Gerhard. Mac, he has his chain on as we were on our daily walk. After the walk we stop for playtime at the park. When we get home the normal collar goes back on. I have to do the park thing as I noted the 2 times daily walk is not cutting it for his exercise needs, so we play fetch daily. SO wish I could take him out the veld  or to be properly trained. He is just of age to start training now as he turned 6 months old a week ago. The best present I ever got:) Gerhard die man lyk baie trots, moet se mens kan dit sien. Beretta, dis waar, Vin was op 9 weke ten volle gehouse train en het daarna net 1 glips gehad. Voorwaas 'n dierbare happy go lucky hond. Ek meen kyk net daai gesigsuitdrukking. Niemand kan my vrtel hy smile nie op dai foto ni:)

[img width=560 height=420]http://i397.photobucket.com/albums/pp57 ... 012012.jpg[/img]

Re: Die beste hond ooit

Posted: Sat Dec 15, 2012 6:05 pm
by Gerhard
Kyk hoe lag die man!

Re: Die beste hond ooit

Posted: Sun Dec 16, 2012 8:17 pm
by Gert Odendaal
Ek het die pragtige hond van my probeer oplei om te" point"...maar al waneer hy stil staan en "point" is as sy bak kos voor hom neersit...maar ook nie vir lank nie ....hy is ook die enigste hond wat ek ooit gehad het wat so vinnig as moontlik by `n taksidermis gaan uitkom as hy doodgaan...ek dink `n vol kuip sal baie mooi herhinneringe terug bring as hy in my sitkamer staan... :D :D ;)

[img width=560 height=420]http://i803.photobucket.com/albums/yy31 ... 013718.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i803.photobucket.com/albums/yy31 ... 013717.jpg[/img]
[img width=360 height=480]http://i803.photobucket.com/albums/yy31 ... 013685.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i803.photobucket.com/albums/yy31 ... 013683.jpg[/img]
[img width=360 height=480]http://i803.photobucket.com/albums/yy31 ... 013680.jpg[/img]

Re: Die beste hond ooit

Posted: Sun Dec 16, 2012 9:21 pm
by Kalahari
Gert

Pragtige hond. Daai 2de foto lyk of die man mooi dankie se gebed vir sy kos maak ;D

Re: Die beste hond ooit

Posted: Mon Dec 17, 2012 9:00 am
by Gert Odendaal
Kalahari , ja hy het die "looks" ek is mal oor sy vel...seker die mooiste "brindel" vel wat ek al gesien het...(tong in die kies: ek het dit al oorweeg om `n taxidermis te nader vir `n noodnommer as die hond doodgaan) ;D ;D  Hy aard nogal na sy baas , altyd dankbaar vir wat hy ontvang om te verslind, hondepille of onwelkome persone wat nie soos `n gewone mens by `n hek kan inkom nie...dan  verslind hy eers die onwelkome besoeker voor hy sy danbaarheid betoon... ;D ;D `n Hond is natuurlik die enigste dier wat sy eienaar ten volle vertrou en ten volle afhanklik is van sy eienaar...of jy hom skop, slaan op hom skreeu, jy sal altyd sy baas bly...terwyl `n huiskat die pad vat as jy lelik is met die kat... :D Dit is net heerlik om daai groot gevreet in `n man se hande te hou...is net soos `n kind...maar hy weet wanneer hy kwaad gedoen het.....

Re: Die beste hond ooit

Posted: Mon Dec 17, 2012 9:34 am
by grumpy
Ek het 3 Huskies. 2 Siberian en een Alaskan wat lyk soos n Keeshond. My een Siberian het n blou en een geel oog. Haar pa was n wolf gewees. Sy het een baas en dis ek. Die ander een het 2 blou oe. Net so wakker en spelerig soos die ander 2. Ek het nooit gedink ek sal hulle so geniet nie. Stout maar as hulle speelgoed het is die saak reg!! ;D

Die lekker is dat hulle nie kan blaf nie maar huil soos n wolf. Sal graag wil sien wat hulle sal doen met n jakkals jag as hulle die jag sien!!

>:(

Re: Die beste hond ooit

Posted: Mon Dec 17, 2012 9:57 am
by Kalahari
Grumpy

Daai huskies is vir die my die mooiste honde! Ek het op 'n stadium in Kaap gewerk en die granny woonstel waar ek in gebly het se baas het 'n huskie gehad. Ek het altyd na werk, reen, wind of sneeu daai hond gevat om te gaan oefen. Laat ek eerder se, die hond het my gevat vir 'n walk, my behoorlik rongesleep in Durbanville se heuwels en strate.
Sit vir ons tog foto van jou honde op asb man :angel:, ek wil daardie oe sien.

Re: Die beste hond ooit

Posted: Sun Mar 31, 2013 3:27 pm
by Kalahari
Ag Grumpy, ons wag nog vir die foto's van jou mooi Huskies, kom wys hulle bietjie asb?
Nou dat dit so reenerige dag by my is verlang ek terug Kaap toe en my "peet" Husky.

Re: Die beste hond ooit

Posted: Sun Mar 31, 2013 10:48 pm
by mariusr
As jou nou hond wil he wat jou skape gaan vang! Koop 'n Husky!!

Re: Die beste hond ooit

Posted: Mon Apr 01, 2013 9:22 am
by grumpy
Kalahari,

Ek sal probeer vandag fotos neem van die Huskies. AS ek geneem het gaan ek jou vra vir epos adres want ek weet nie hoe om hier op te laai nie.

Re: Die beste hond ooit

Posted: Mon Apr 01, 2013 10:51 am
by Kalahari
Grumpy

Is reg so, die honde is net vir my baie mooi om na te kyk, maar by my sal hul nie aard nie.
Ek het iewers gelees jy sukkel ook met die foto's laai op die forum soos ek, maar ek gaan nog probeer tot ek dit regkry.
Jy kan maar laat weet as jy reg is met foto's, dan praat ons weer.

Beste