Page 1 of 1

Bronkhorstspruit dam.

Posted: Wed Nov 21, 2012 8:07 am
by Killzone
Dags? K?rels. Ek gaan die einde van die maand vir die eerste keer na die bg dam toe. Dit is 'n familie dag aan my vrou se kant so duidelik wil ek 'n ( escape plan ) h? nl visvang :-). Watse stokke en gerei moet ek saam vat ?

Re: Bronkhorstspruit dam.

Posted: Wed Nov 21, 2012 8:13 am
by Lourens Potgieter
Bronkies is NIE baie user friendly die laaste tyd nie....ek hengel vir Koedoe in Pretoria. Die klub was laasmaand daar vir ons maandelikse klubkompetisie. Daar het baie min vis uitgekom....

Dis 'n dam waar die laaste ruk baie diep gehengel moes word om vis te kry. Hang ook af by watse oewer julle gaan kuier die dag?

Re: Bronkhorstspruit dam.

Posted: Wed Nov 21, 2012 8:20 am
by Killzone
O Donderdag !  :-X. :D. Dankie vir jou antwoord deeg. Ek het gou 'n boodskap gestuur om te hoor op watse oewer. So daar is net Karp/Baber by Bronkies ?

Re: Bronkhorstspruit dam.

Posted: Wed Nov 21, 2012 8:22 am
by Lourens Potgieter
Daar is karp, baber, geelvis, bass, kurper, palings........beste kans op DIE stadium is bass, ons hengel nie vir hulle nie, maar die kuns aas manne kry wel die bass gevang.

Re: Bronkhorstspruit dam.

Posted: Wed Nov 21, 2012 8:26 am
by Killzone
;) Ja ek is eintlik meer in die Bass-vang. Ek wag nog vir 'n antwoord van die Skonies. Sal jou laat weet. Dankie.

Re: Bronkhorstspruit dam.

Posted: Wed Nov 21, 2012 8:56 am
by Dawie Malan
Ek was laasnaweek daar. Nie visgevang nie, maar die water het so 'n groen ertjiesop kleur gehad. Eesremaal dat ek dit gesien het in jare. Ek dink die varswater is min wat inkom as gevolg van die lae reenval wat ons tans beleef.

Dawie

Re: Bronkhorstspruit dam.

Posted: Wed Nov 21, 2012 9:27 am
by DanieDegenaar
[glow=red,2,300][/glow]
Ek gaan ook die naweek bietjie daar draai. Weet eenige iemand watse kuns aas en kleur die bass verkies?

Dankie

Degenad

Re: Bronkhorstspruit dam.

Posted: Wed Nov 21, 2012 9:46 am
by Lourens Potgieter
Dawie, ons provinsie hengel al jare nie meer ligas daar nie, en ons klub het laas maand eers weer terug gegaan vir klub hengel....amper die hele klub het geblank, dit gebeur nie baie nie.....selfde groen snot alg wat in harties so op jou lyne klim, is nou daar...dis 'n gemors.

Re: Bronkhorstspruit dam.

Posted: Wed Nov 21, 2012 10:02 am
by Varminter-308
More Killzone

Die gras pla ook baie daar.

Party stukke sommer 100m in die water in.

Groete

Re: Bronkhorstspruit dam.

Posted: Wed Nov 21, 2012 10:07 am
by Lourens Potgieter
Varminter, dis hoekom ons vir lank Bronkies vermy het. Laasmaand was ons daar en meeste van die gras is weg(ons was by Natuurbewaring)......

Re: Bronkhorstspruit dam.

Posted: Wed Nov 21, 2012 10:41 am
by Varminter-308
Dis goeie nuus.

Ek het altyd as ek met die boot ry die gras so gesien en net gedink watse fustrasies daai manne op die kant het.... :)

Re: Bronkhorstspruit dam.

Posted: Wed Nov 21, 2012 10:43 am
by Lourens Potgieter
Die vis is nog pateties......gaan eerder Vaaldam toe!!Ek hengel eerder Bon Accord as wat ek Bronkies hengel.

Re: Bronkhorstspruit dam.

Posted: Wed Nov 21, 2012 4:44 pm
by Killzone
Deeg. Hier is die info. By die TCC club op die ooste oewer. Waar die sylbote is. Praat met my.  ;-)

Re: Bronkhorstspruit dam.

Posted: Thu Nov 22, 2012 10:05 am
by Killzone
Dankie Var-308. Lyk my ek gaan moet 'gesellig' wees daar tussen die skonies :-(   

Re: Bronkhorstspruit dam.

Posted: Thu Nov 22, 2012 10:20 am
by Lourens Potgieter
By die bootklub gaan jy NET kan bass vang, die bote gaan jou pla met lang lyn........bass hengel is ek so toe soos 'n klei os se gat....... :-X

Re: Bronkhorstspruit dam.

Posted: Thu Nov 22, 2012 10:22 am
by Killzone
Dankie Deeg.

Re: Bronkhorstspruit dam.

Posted: Sat Nov 24, 2012 12:26 pm
by pietjacobs
Ons het laasnaweek by Baja oewer gehengel. Geen vis gedurende die dag, maar darem in totaal 4 in die aand gevang tot 01:00 toe gaan slaap ek. Die kleinste karp was 3.4kg. Aas was Tripple D en Perdeby deeg met Perdeby bom dip ook saam met supercast mieliebol.

Dit was ook die 1ste keer in 'n hele paar jaar dat ons weer daar gaan hengel. Ek stem, die dam het nog nie herstel na so paar jaar terug se tragedie toe al daai vis gevrek het. Wat my pla is dat daar geen klein karpe gevang is, dus dink ek die Bass is te veel in die dam.

Ek het 1 Bass gevang terwyl ek my lyn ingetrek het op 'm mielipit  ??? ;D, maar kla nie  ;D

Groete,
Piet

Re: Bronkhorstspruit dam.

Posted: Sat Nov 24, 2012 12:29 pm
by Killzone
Dankie Piet. Weet iemand of daar bietjie r?en geval het die paar dae ?