Page 1 of 2
Versiering van herlaai kamer
Posted: Mon Nov 19, 2012 10:15 pm
by At308
Hi Manne,
Ek het sopas die goedtjies gekoop vir my herlaaikamer, het dit al in sekere geweerwinkels asook poliste staties gesien maar nie baie volop (en so kompleet nie) Dis van "foam o lite" gemaak. Ek verbeel my ek het iewers gehoor die goed is deur die ou SAP gemaak en in die stasies teen die mure gehang? Het iemand dalk meer inligting? Die dame by wie ek gekoop het, reken dis erfstukke oor die 30 jaar oud.
Foto is nie fantasties nie, sal beter fotos neem sodra ek die goed het. Voor julle vra: Ek het R700 vir die lot betaal, nie so seker dat dit 'n "bargain" was nie, maar ek hou daarvan.

Re: Versiering van herlaai kamer
Posted: Tue Nov 20, 2012 3:55 am
by Vlakvark
At
ons een gunshop verkoop daai goedjies
Die handwapens is so $200.00 en die R1 is $800.00
Hulle het +- 60 verskillende wapens ,Jy kry hom ook in 'n mooi houd kas met glas vir so $ 200.00 extra
So jy sou ier so by die $2000.00 betaal het vir daai paar goedjies
Klink na 'n bargain wat jy op getel het
Re: Versiering van herlaai kamer
Posted: Tue Nov 20, 2012 7:40 am
by Geno
Vlakvark wrote:
goedjies
Vlakvark wrote:
At
ons een gunshop verkoop daai goedjies
Die handwapens is so $200.00 en die R1 is $800.00
Hulle het +- 60 verskillende wapens(.) ,Jy kry hom ook in 'n mooi houd(hout) kas met glas vir so $ 200.00 extra(ekstra)
So jy sou (h)ier so by die $2000.00 betaal het vir daai paar goedjies(.)
Klink na 'n bargain wat jy op getel (opgetel)het(.)

Re: Versiering van herlaai kamer
Posted: Tue Nov 20, 2012 7:50 am
by Jakkalsgat
Re: Versiering van herlaai kamer
Posted: Tue Nov 20, 2012 7:54 am
by Jakkalsgat
Vlakvark wrote:
At
ons een (gunshop) geweerwinkel verkoop daai goedjies
Die handwapens is so $200.00 en die R1 is $800.00
Hulle het +- 60 verskillende wapens ,Jy kry hom ook in 'n mooi houd kas met glas vir so $ 200.00 extra
So jy sou ier so by die $2000.00 betaal het vir daai paar goedjies
Klink na 'n (bargain) winskoop wat jy op getel het
Hierdie veranderings sou ook nogal die taal gekomplimenteer het.
Re: Versiering van herlaai kamer
Posted: Tue Nov 20, 2012 7:56 am
by At308
Dis goeie nuus!
Dankie manne.
Re: Versiering van herlaai kamer
Posted: Tue Nov 20, 2012 8:10 am
by Jakkalsgat
At
Dit sal mooi lyk, bly jy het winskoop gekry.
Groete
Jaco
Re: Versiering van herlaai kamer
Posted: Tue Nov 20, 2012 10:39 am
by Vlakvark
Geno siende dat jy so mooi met my spelling gehelp het kan jy dalk ook met my kamera werk help ek kry nie die agtergrond mooi in fokus nie

Re: Versiering van herlaai kamer
Posted: Tue Nov 20, 2012 10:41 am
by Jakkalsgat
Re: Versiering van herlaai kamer
Posted: Tue Nov 20, 2012 10:44 am
by Cz_apie
Re: Versiering van herlaai kamer
Posted: Tue Nov 20, 2012 11:37 am
by Geno
Vlakvark wrote:
Geno(,) siende dat jy so mooi met my spelling gehelp het(,) kan jy dalk ook met my kamera werk help(?) e(E)k kry nie die agtergrond mooi in fokus nie(.)
Daarsy, reggemaak.

Die fokus-probleem kan opgelos word deur die voorgrond, en die agtergrond nader aan mekaar te hou, en dan 'n foto te neem.

Re: Versiering van herlaai kamer
Posted: Tue Nov 20, 2012 12:31 pm
by johnny
Smaak my daai kamera se bedrading is foutief.
groetnis
Johnny
Re: Versiering van herlaai kamer
Posted: Tue Nov 20, 2012 1:15 pm
by Langes
Vlakvark.

Beste "comeback" van die jaar!!

Re: Versiering van herlaai kamer
Posted: Tue Nov 20, 2012 2:00 pm
by Vlakvark
http://jaracal.com/index.php/topic,9019 ... #msg122952
http://jaracal.com/index.php/topic,1626 ... #msg205827
Geno ek het nog nooit gedink my spelling is goed nie. Voor ek op die forum begin deelneem het, het ek +- 25 jaar laas in Afrikaans geskryf praat nie eers van tik nie. En ek kan ook nie in Engels spel nie.
Miskien kan ek 'n engin beter as jy aanmekaar sit, of beter weld, bou ,pleister. Ek het nog nooit in my lewe nodig gehad om 'n plummer ,elektrisien of enige tegniese persoon na my huis toe laat kom nie ek kan dit self doen. Ek laat diens wel my voertuie alhoewel ek die meeste van die tools het om dit te doen, As die wiel bearings of CV gaan doen ek dit self, ek sal my TV ingee (ek het dit al probeer, maar moes toe 'n nuwe een koop )
O ja ek kan ook my hol met altwee my hande afvee, maar spel ,ek sukkel maar daar mee.
Sal jy net vir my spel check asb.
Re: Versiering van herlaai kamer
Posted: Tue Nov 20, 2012 2:05 pm
by Beretta
Re: Versiering van herlaai kamer
Posted: Tue Nov 20, 2012 2:07 pm
by Vlakvark
Die geheim met die ander hand is om meer papier te gebruik
Re: Versiering van herlaai kamer
Posted: Tue Nov 20, 2012 2:10 pm
by Beretta
Re: Versiering van herlaai kamer
Posted: Tue Nov 20, 2012 2:10 pm
by Geno
Oom Gerhardt,
Sorry, lyk my ek't te ver gegaan. Ek't maar net grappenderwys Oom se spelfoute gefix omdat Oom die woord: "Goedtjies" onderstreep het en reggespel het as "goedjies".
Weereens sorry.
Re: Versiering van herlaai kamer
Posted: Tue Nov 20, 2012 2:16 pm
by Marc
Sies julle manne ontspoor nou die topic heeltemal
At dink die manne skuld jou elkeen n bier

Re: Versiering van herlaai kamer
Posted: Tue Nov 20, 2012 2:18 pm
by Jakkalsgat
Vlakkie
Is jy "itchi" hier op Jaracal gebruik ons nie "spel check" nie maar wel GENO jy het begin deur At se Goedtjies te onderstreep.
Meeste vam oms hie oppie forim sikkel ma bitjie om te spel, mar is baia van die spel foukies asgevolg van tikfoute en gee ons makaar mossie gas oorit nie. Ons gee mekaar sommer net gas om ons dag om te kry.
Groete
Jaco
Re: Versiering van herlaai kamer
Posted: Tue Nov 20, 2012 2:19 pm
by Beretta
Marc
Solank dit net nie n Black label is nie
Beretta
Re: Versiering van herlaai kamer
Posted: Tue Nov 20, 2012 2:19 pm
by BRNO (Pierre)
Marc wrote:
Sies julle manne ontspoor nou die topic heeltemal
At dink die manne skuld jou elkeen n bier
Ek spel slegter as ek bier in het. Gaan kyk maar elke liewe post wat ek na 16h00 in die middag maak.
At, ek kry vir jou n Coke light

Re: Versiering van herlaai kamer
Posted: Tue Nov 20, 2012 2:20 pm
by BRNO (Pierre)
Jakkalsgat wrote:
Vlakkie
Is jy "itchi" hier op Jaracal gebruik ons nie "spel check" nie maar wel GENO jy het begin deur At se Goedtjies te onderstreep.
Meeste vam oms hie oppie forim sikkel ma bitjie om te spel, mar is baia van die spel foukies asgevolg van tikfoute en gee ons makaar mossie gas oorit nie. Ons gee mekaar sommer net gas om ons dag om te kry.
Groete
Jaco
Dit is nogals waar. Waar is Martin die mes maker? Hy kan vir jou mooi spel!
Die geheim manne, laat ek julle nou vertel, is om meer gesiggies te gebruik wanneer jy iemand se been trek. Geno, ek sien jy het een gesiggie gebruik. Volgende keer moet jy n ry insit asb! (ek weet nou nie watter gesiggie om in te sit nie)
Re: Versiering van herlaai kamer
Posted: Tue Nov 20, 2012 2:22 pm
by Jakkalsgat
Marc
Ek sal hom kas bier koop maar dan moet hy dit by my kom drink en dan koop ons nou hierdie "topic" en spel soos ons wil.
Groete
Re: Versiering van herlaai kamer
Posted: Tue Nov 20, 2012 2:24 pm
by Vlakvark
Geno geen probleem
Ek het tog die woord Goedjies al twee keer die selfde gespel. Die een wat onderstreep is en die een sonder die streep ?
Kom ons los nou die een en soos Marc se , gee vir at komplimente oor sy winskoop ,elkeen van hulle sal daai outjies bo sy herlaai bank wil hang
