Page 1 of 1

Aangename kennis.

Posted: Mon Nov 19, 2012 10:21 am
by Hillbilly Andre
Goeie dag aan almal hier.
Ek is nuut hier en wil myself net voorstel.
My naam is Andre Eloff, ek is woonagtig in Oos Londen, Oos Kaap. Ek is 'n kranige skut en jagter.
Ek het die volgende wapens in my besit: Gamo CFX .177; Brno .22 LR; Sako Finbear Delux 30-06; Truvelo pasmaak .300WM; Glock 23 .40 S&W en ek het sopas vir my 'n Tikka .243 aangeskaf. Ek het my Toegewyde Jagters status (CHASA) en is ook 'n lid van SA Jagters (Stormberg) en Border Hunting Club. Tans herlaai ek vir my 30-06 en werk nog aan 'n akurate lading vir my .300WM (26" loop, so ek sal nog op julle noomers druk vir hulp)
Verder is ek okk 'n diepsee hengelaar en het op provinsiale vlak meegeding. Ek besit 'n 7.2m Kei Marine Scorpion skiboot met 2x 125 Mariner motors wat tans in 'n boot huis by ELSBC gehuisves word (so ek ook saam met die diepse ouens gesels). Boot se naam is Hillbilly (dus skuilnaam). Ek het ook 'n klein 4,2m Boston Wahaler met 35hp Jhonson vir die riviere.
Ek is baie ernstig oor natuurbewaring en dien tans op die East London Ski Boat Club kommitee as "Enviromental Officer" - tedoenne met die bewaring van ons natuurlike hulpbronne en die natuur. Ten hierdie doel het ek lankal opgehou om kompiteerend te hengel en ek is erg daaroor om net uit die natuur te neem wat ek self kan benut - dit geld vir hengel sowel as jag.
Ek bewerk ook al me eie wildsvleis en het al meeste van die 'tools' en masjiene.

Wel; nou weet julle wie ek is en waar ek vandaan kom. Ek hoop ek kan ook 'n menings volle bydrae lewer hier.

Re: Aangename kennis.

Posted: Mon Nov 19, 2012 10:34 am
by Beer (Christo)
Welkom Andre

Geniet dit hier

Re: Aangename kennis.

Posted: Mon Nov 19, 2012 11:24 am
by Pitbull
Welkom Andre

Lekke plek om te wees,

geniet dit hier.

Groete
Henno

Re: Aangename kennis.

Posted: Mon Nov 19, 2012 12:17 pm
by Varminter-308
Welkom Andre

Groete

Re: Aangename kennis.

Posted: Mon Nov 19, 2012 2:33 pm
by At308
Baie welkom,

As ek so luister na jou speelgoed, is die plek die regte een vir jou om te wees!

Re: Aangename kennis.

Posted: Mon Nov 19, 2012 3:47 pm
by LUAN
Welkom Andre goed om nog n ou van EL en Bhc hier te he. Ek hoop net nie jy is regtig n hilbilly nie ;D

Re: Aangename kennis.

Posted: Mon Nov 19, 2012 8:53 pm
by Marc
Baie Welkom Andre

Glo jy gaan dit geniet hier saam ons om die kampvuurĀ  ;)

Mooi loop
Marc