Page 1 of 1
jakkals skiet in die reen
Posted: Mon Nov 19, 2012 8:31 am
by stan man
more manne
ek en my twee skaduwees het vrydag aand so n bietjie gaan roep,en wat n nice sessie. ons was so 10 uur in die veld en ek het na so 20min begin uitsaai.dit het saggies gereen . die eerste teef het na 10 min bakkie gery. ek het haar geroep met springhasie. na so n halfuur het ek geskuif na n nes wat ek laasweek gesien het. ek het so 15min geroep toe kry ons die teef in tot op so 250m . rickus my seun het haar toe n sitter gegee. ek kon egter nie die reun inkry nie. die seuns het toe die 5 jonges met die .22 omgedop. ons het toe so 1 km weg geskuif en ek het nog n teef gepiets .ek het die reun daar geskiet so n week terug.
dit was lekker om in die reen te roep. ek kon die laaste week darem 15 jakkalse laat bakkie ry.
Re: jakkals skiet in die reen
Posted: Mon Nov 19, 2012 8:55 am
by Silent Hunting
Soos jy se; Gaan groot of gaan huis toe. Baie mooi.
Re: jakkals skiet in die reen
Posted: Mon Nov 19, 2012 10:37 am
by Gerhard
Mooi Stan man...
Ek het hulle ook al inni reen pak gegee...
Maar dan moet dit saggies reen.
As daar n donder storm stelsel oppad is kan jy maar los.
Ek het gevind dat die veld dood is voor die storm maar dan lewe die veld as die storm eers oor is.
Re: jakkals skiet in die reen
Posted: Mon Nov 19, 2012 10:37 am
by Smirre
Mooi Man Stan
Jy moet net jou geweer MOOI skoonmaak
Ek het so maaand terug natgereen en die oggend net so bolangs skoon gemaak.... 3 dae later toe is die geweer so ligbruin!!
Veal aan die onderkant van die loop
Smirre
Re: jakkals skiet in die reen
Posted: Tue Nov 20, 2012 4:34 pm
by visstok
Mooi gemaak Frans! Gee hulle gas! Ekt seld een aand sukses in ligte reen gehaat.
Groete Alex
Re: jakkals skiet in die reen
Posted: Tue Nov 27, 2012 1:24 pm
by JuanPaul
Smirre wrote:
Mooi Man Stan
Jy moet net jou geweer MOOI skoonmaak
Ek het so maaand terug natgereen en die oggend net so bolangs skoon gemaak.... 3 dae later toe is die geweer so ligbruin!!
Veal aan die onderkant van die loop
Smirre
Middag,
Ek het ook verlede Saterdag jakkals gaan soek maar die donder storms was maar wild tot so 10uur die aand waarna ons toe begin roep het, ons het `n rooikat en `n jak gelaai, maar hier is die storie; ek skiet met `n 243 Howa Varminter en toe ek 4 uur Sondag oggend oppak toe is die slot en die loop met `n rooi roesagtige skynsel bedek van die dou na die reen, en het dit my seker 2 ure hevat om dit af en skoon te kry! Sukkel almal maar so of is dit maar `n Howa kwaal?
Groete
Juan
Re: jakkals skiet in die reen
Posted: Tue Nov 27, 2012 5:20 pm
by stan man
ek spuit my roer met silicoon olie voor ek uitgaan,dan roes hy nie.
Re: jakkals skiet in die reen
Posted: Wed Nov 28, 2012 8:50 am
by JuanPaul
Dankie Stan man, ek sal dit volgende keer probeer.
Re: jakkals skiet in die reen
Posted: Thu Dec 06, 2012 7:46 am
by Piet Breedt
Ek het dieselfde aand as Juanpaul ook gejag en 13 jakkalse gelaai in die reen. Tot my Stainless steel Howa het roeskolle gewys in die aksie. Ek moes hom vinnig skoon kry. Ek sal hom ook maar goed spuit met Fluid Film olie in toekoms
Ek het glad nie geroep nie, en almal sommer so in die ry met die lig geskiet. Die veld het hehoorlik ge lewe selfs in die harde reen
[img width=560 height=418]
http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... 012002.jpg[/img]
Re: jakkals skiet in die reen
Posted: Fri Dec 07, 2012 8:43 am
by stan man
mooi piet.
dit is lekker om te sien die manne roer die peste.