Page 1 of 1

.22 trajek

Posted: Thu Jun 24, 2010 7:37 pm
by Worsman
Hi Almal

Vragie vir die gesoute manne hier wat is die afstand wat jy nog akkuraat (en kan dood) skiet met 'n .22 geweer ? Ek en my pa was Woensdag op die skietbaan en sy .22 skiet nog lekker tot op 50 m maar op 100m val hy erg! Maar moet ook se die amuninsie is ook 20 jaar oud !

groete Worsman

Re: .22 trajek

Posted: Thu Jun 24, 2010 7:54 pm
by Robert
Worsman

Elke soort .22 ammo se trajek gaan verander soos klipgooi.
As jy trajete wil vas maak moet jy eers jou ammo kies en dan 'n lekker windstil dag, flessie koffie en 'n diep rustigheid. Sit vir jou teikens op op 25 ,50,75 en 100 m (as jy nou eers wil grand wees sit jy tussen elke teiken nog een neer) en nou begin jy skiet

Zero die geweertjie op 50m en begin dan op die naaste teiken en skiet so 2 skote op elke teiken . Nou loop meet jy elke teiken hoe ver die skote van zero is. styf dit neer en hou dit naby as jy gaan skiet.

Oor die doodmaak vermoe van 'n .22 ??? :-\

Ek sal maar versigtig wees om enige iets grooter as 'n duif te skiet op 100m. lekker  om klein goed tot 50m om te klink, afhangende van jou ammo en skootplasing.


Geniet daai saloontjie. ek het ure se fun met myne.

Robert

Re: .22 trajek

Posted: Thu Jun 24, 2010 8:03 pm
by Worsman
Dankie Robert

Wa kom die naam Saloontjie vandaan ? ek weet die oumense het die geweer so genoem ma hoekom ?

Re: .22 trajek

Posted: Thu Jun 24, 2010 9:32 pm
by Nico Harris
my .22 het ek in gestel op 13m dan is so 2duim hoog op 50 en weer in die kol op 100. werk goed vir alles tot op kraai grote.

groete

Re: .22 trajek

Posted: Thu Jun 24, 2010 10:07 pm
by 243Songdaug
Worsman.

Die woord saloontjie kom van die franse af as ek reg is - hulle het oorspronklik 'n swartkruit weergawe van die .22 vervaardig, die doplengte het ietwat werskil, om binneshuis te skiet - hulle het dit Saloonshooting genoem. Die adelikes en veral die dames het nogal die sport wyd beoefen.

Met CCI Stingers het ek en KSV al met gemak Dassies op 140 gedood, maar skootplasing en korrekte lees van die wind was krities!

My 2c.....

Groete
Jaco.

Re: .22 trajek

Posted: Fri Jun 25, 2010 4:44 pm
by Robert
Jaco

Dankie vir die info. Ek het maar die .22 leer ken as 'n SALOONTJIE. Waar die naam vandaan kom het ek nie geweet nie.

Robert

Re: .22 trajek

Posted: Fri Jun 25, 2010 7:18 pm
by 243Songdaug
Naand Juba.

Dis nou presies van die outjies waarvan ek gepraat het - ek is grieperig en te lui om te loop krap vir die artikel oor Saloonguns - wil net in die bed l? met die warmkombers op MAX volume!

Probeer gesondraak ek wil Vrydag Suidwes toe ry!!!!!! Whoooha!

Mooi aand.
Jaco

Re: .22 trajek

Posted: Sat Jun 26, 2010 8:09 am
by Wielie Waps
Jaco
Dit is Vrydag jy is te laat

Re: .22 trajek

Posted: Sat Jun 26, 2010 8:45 am
by 243Songdaug
More Willie!

Jy weer op jou stukke vandag? Ek bedoel volgende week vrydag.  Is nou al so lus om Nam binne te val dat ek nie meer my lag kan hou nie.

My baas vertel my reeds die week ek is alweer 'n nul op 'n kontrak - ek moet nou Nam toe neuk dat ek weer kan mens raak!

Wanneer skiet julle weer iets waarvoor dit die moeite werd is om die 500km da na jou toe aan te pak?

Groete.
Jaco

Re: .22 trajek

Posted: Sat Jun 26, 2010 9:59 am
by Wielie Waps
Jaco
Daar is een van die dae weer 'n mees veelsydige skut kompetisie - het net nie nou die datum by my nie.
Ek is seker mammie wil weer winkels toe. Hoop om jou daar te sien.
Jy moet ook nie Lammergeier se groot skiet in Oktober mis nie. Kom tot in Bloem dan ry jy saam met ons.