Page 1 of 1

Hoe weet jy hoeveelkeer jou doppe herlaai is

Posted: Wed Nov 14, 2012 12:30 pm
by Neels
Hallo mense

Vertel bietjie vir ons hoe hou julle tred met hoeveel keer julle doppe herlaai is .Ek kon nog nie 'n foutlose proses uitdink nie.

Groete
Neels

Re: Hoe weet jy hoeveelkeer jou doppe herlaai is

Posted: Wed Nov 14, 2012 12:33 pm
by VdWalt
;D Ek is bly dis nie net ek nie, ek was so seker oor die hoeveelheid kere
wat ek hulle gelaai het. Toe tel ek die bokse koeels wat ek uitgeskiet het!!
Dit was baie meer as wat ek gedink het.

Daai Lapua doppe is sterker as wat ek gedink het ...

Re: Hoe weet jy hoeveelkeer jou doppe herlaai is

Posted: Wed Nov 14, 2012 12:41 pm
by Louis Kriel
Ek verloor gewoonlik hier by die 5 de keer "track" van hoeveel keer.  So dis my antwoord "meer as 5 keer". 

Die 375R werk mooi met sy doppe so ek gaan hulle anhou laai tot die nekke barsies in kry.  Met my 30-06 was dit hier rondom 16/17 keer, maar hoe sal ek nou weet want ek het telling verloor by die 5de keer ;D

Re: Hoe weet jy hoeveelkeer jou doppe herlaai is

Posted: Wed Nov 14, 2012 12:45 pm
by LUAN
Dis maklik gooi jou doppies in containers wat gemerk is hoeveel keer die batch al geskiet is.

Re: Hoe weet jy hoeveelkeer jou doppe herlaai is

Posted: Wed Nov 14, 2012 1:12 pm
by Jassie
Deel die doppe in lotte op en hou dan 'n behoorlike log/rekord van elke lot.

Daar is 'n voorbeeld van sulke logs in van die Lyman herlaai-handleidings.

Groete
JAS

Re: Hoe weet jy hoeveelkeer jou doppe herlaai is

Posted: Wed Nov 14, 2012 1:18 pm
by BLOK
ek hou maae elke 100 doppe bymekaar in sy groen houer, al raak daar weg hou ek net die klompie in die houer. Elke keer as ek die 100 herlaai maak ek net n merk in die houer se deksel met n swart merker so hou ek telling.

Re: Hoe weet jy hoeveelkeer jou doppe herlaai is

Posted: Wed Nov 14, 2012 1:25 pm
by Jean Marais
Blok,

Ek doen myne ook so. Werk heel goed, en sorg dat ek nie my verskillende lotte deurmekaar laat raak nie.

Groete

Re: Hoe weet jy hoeveelkeer jou doppe herlaai is

Posted: Wed Nov 14, 2012 1:32 pm
by Vlakvark
Ek doen dit ook so Sinclair se Load data stickers het voorsiening vir hoeveel keer jy gelaai het. So ek gebruik hulle op my Ammo houers. Dit maak dit net moeilik met die skoon maak slag kan nou net 50 doppe op 'n slag tumble. Want ek tumbel net daai een houer se doppe op 'n slag

Re: Hoe weet jy hoeveelkeer jou doppe herlaai is

Posted: Wed Nov 14, 2012 2:10 pm
by PJS
Ek hou ook 50 doppe batches bymekaar. Ek het n boek vir elke wapen waarin ek elke dop, lading, batch kruit, koe?l en seating inskryf. O ja die spoed ook van die spesifieke lading, as ek spoed gemeet het. Ek maak ook daar aantekeninge oor die groep ens.
Mooiloop
PJ

Re: Hoe weet jy hoeveelkeer jou doppe herlaai is

Posted: Wed Nov 14, 2012 6:02 pm
by shooter
Ek werk hom ook soos Blok

Re: Hoe weet jy hoeveelkeer jou doppe herlaai is

Posted: Wed Nov 14, 2012 7:53 pm
by Pvdw
Blok jou plan sal werk as mens nie so baie doppe soos ek verloor nie :P :P As ek dit so gaan doen sal ek kort voor lank met 2 boksies moet veld toe gaan anders het ek te min ammo.

Peet

Re: Hoe weet jy hoeveelkeer jou doppe herlaai is

Posted: Fri Nov 16, 2012 9:15 am
by Neels Louw
As ek n koeel klaar gelaai het vat ek n permanent marker en merk dit in die uittrekgroef met n kolletjie. Dit verhoed dan dat dit afgevee word as die dop skoongemaak word. Ek vat sommer Brillo in n cordless boor, die doppe lyk dan beter as nuut.

Groete

Van pa se seun