Page 1 of 1

Verskille met seating.

Posted: Tue Nov 13, 2012 12:11 pm
by Chevvy SS
Ek het gisteraand koe?ls vir beide my 7x64 en 300WM geseat.

Wat baie opvallend was, is dat die koe?ls van die 300WM baie moeilik in die nek ingegaan het, terwyl die 7x64 s'n baie makliker geseat het. Beide kalibers se doppe is presies dieselfde behandel.

My vrae is:
1. Hoekom die verskil?
2. Gaan die drukvlakke nou ho?r wees by die 300WM as waarvoor daar begroot is met die laaiprosedure?

Dankie manne.

Re: Verskille met seating.

Posted: Tue Nov 13, 2012 12:48 pm
by Carl
Ek vind dieselfde met my 270 en 30-06. Sal graag volg wat die antwoord is.

Re: Verskille met seating.

Posted: Tue Nov 13, 2012 12:55 pm
by Jean Marais
Chevvy

Is jou doppe se nekke nie dalk al hard van baie skiet nie. Na elke hoeveel skote "aneal" jy die doppe?

Jean

Re: Verskille met seating.

Posted: Tue Nov 13, 2012 2:38 pm
by Chevvy SS
Jean, ek neem aan jy bedoel die .300?

3rde keer wat die doppe herlaai word.

Re: Verskille met seating.

Posted: Tue Nov 13, 2012 3:01 pm
by Louis Kriel
Ek het dit baie gekry met my nulkwes.  Norma doppe seat makliker as bv pmp doppe want die nekke is dunner.

Ook by 303 het die .312 koele stywer ingegaan as bv die .311 koele.

Re: Verskille met seating.

Posted: Tue Nov 13, 2012 3:27 pm
by Jean Marais
Chevvy SS wrote: Jean, ek neem aan jy bedoel die .300?

3rde keer wat die doppe herlaai word.
Dis reg ja, die 300. Na 3 keer se herlaai behoort hulle nie al so hard te wees nie, maar ek stem met Dirty saam. As dit PMP doppe is is hulle geneig om agv dikker nekke stywer te seat. PMP doppe word volgens my ook nie behoorlik anneal by die vervaardigingsproses nie, so hulle is klaar hard as jy hulle koop. Anneal maar en kyk of dit nie help nie.

Groete
Jean

Re: Verskille met seating.

Posted: Tue Nov 13, 2012 3:29 pm
by Chevvy SS
Sako doppe.

Re: Verskille met seating.

Posted: Tue Nov 13, 2012 3:30 pm
by Chevvy SS
Op beide gewere.

Re: Verskille met seating.

Posted: Tue Nov 13, 2012 3:47 pm
by Jean Marais
Chevvy

Sako maak goeie doppe.

Meet bietjie die kaliber van daai koe?ls, en maak seker dis 7.62mm. Ek het al 'n ou te?gekom wat 303 koe?ls op sy 308 win probeer laai het

Ek aneal my Norma doppe vir 16 sekondes en gooi hom dan in water sodat hy vinnig afkoel. Dan werk hulle mooi. Ek weet nie hoe jy jou doppe aneal nie, maar miskien maak jy hulle nie warm genoeg by die nekke nie.

Vat 'n paar ou doppe (ek het sommer by 'n skietbaan 'n klomp doppe wat daar rondgel? het opgetel) en eksperimenteer met hulle tot jy die tyd wat hulle neem om behoorlik te aneal mooi uitgewerk het. As jy tempilaq gebruik, moet dit die een wees wat die dopnek minstens 750-800oF laat warm word. Die res van die dop moenie warmer as so 450oF word nie. Die geheim is om die dopnekke so vinnig moontlik to by 750-800oF te kry, en dan die dop dan vinnig af te koel.

Ek hoop jy kan die inligting gebruik. Dit het my ook maar 'n ruk geneem voordat ek my doppe behoorlik sag gekry het sonder om die dop te verwoes.

Groete

Re: Verskille met seating.

Posted: Tue Nov 13, 2012 4:38 pm
by Chevvy SS
Jean, ek anneal nog nie na 3rde gebruik van doppe nie. En dit is nuwe pakke Barnes TssX in .284 en .30 kaliber.

Dus soek ek nog die korrekte oplossings.

Re: Verskille met seating.

Posted: Tue Nov 13, 2012 4:44 pm
by BLOK
Selfs nuwe doppe se nekwand duktes verskil, koop n nek snyer en sny al die nekke die selfde duktes en jou probleem sal opgelos wees.

Hier is so paar artikels wat jou kan help.

http://www.6mmbr.com/powerneckturn.html

http://www.6mmbr.com/neckturningbasics.html

http://www.gsgroup.co.za/faqcheckneckdiameter.html

Re: Verskille met seating.

Posted: Tue Nov 13, 2012 4:51 pm
by Jean Marais
Chevvy SS wrote: Jean, ek anneal nog nie na 3rde gebruik van doppe nie. En dit is nuwe pakke Barnes TssX in .284 en .30 kaliber.

Dus soek ek nog die korrekte oplossings.
Sterkte daarmee. Hoop jy vind vinnig die oplossing.

Re: Verskille met seating.

Posted: Tue Nov 13, 2012 4:59 pm
by Monrique (SJ)
Jean Marais wrote: Chevvy

Sako maak goeie doppe.

Meet bietjie die kaliber van daai koe?ls, en maak seker dis 7.62mm. Ek het al 'n ou te?gekom wat 303 koe?ls op sy 308 win probeer laai het

Ek aneal my Norma doppe vir 16 sekondes en gooi hom dan in water sodat hy vinnig afkoel. Dan werk hulle mooi. Ek weet nie hoe jy jou doppe aneal nie, maar miskien maak jy hulle nie warm genoeg by die nekke nie.

Vat 'n paar ou doppe (ek het sommer by 'n skietbaan 'n klomp doppe wat daar rondgel? het opgetel) en eksperimenteer met hulle tot jy die tyd wat hulle neem om behoorlik te aneal mooi uitgewerk het. As jy tempilaq gebruik, moet dit die een wees wat die dopnek minstens 750-800oF laat warm word. Die res van die dop moenie warmer as so 450oF word nie. Die geheim is om die dopnekke so vinnig moontlik to by 750-800oF te kry, en dan die dop dan vinnig af te koel.

Ek hoop jy kan die inligting gebruik. Dit het my ook maar 'n ruk geneem voordat ek my doppe behoorlik sag gekry het sonder om die dop te verwoes.

Groete

Jean

Die vinnige afkoel proses na anealing maak geen verskil nie, solank die dop se web nie te warm word sodat dit verswak word is daar geen rede vir die proses. Hier op die froum was dit al bespreek.

Groetnis

PS. Oom Massie wanneer kom draai julle weer see toe? Laat weet dat ons bymekaar kan kom vir n slag.

Re: Verskille met seating.

Posted: Tue Nov 13, 2012 5:29 pm
by KC
Jy moet jou nie daaroor bekommer nie chevvy ss.

Verkillende make van punte seat ook verskillend met die hoeveelheid drukking wat jy moet toepas om hulle geseat te kry al is dit dieselfde kaliber met presies dieselfde doppe.

So jou verskille met seating met verskillende kalibers is eintlik nie iets snaaks nie solank dieselfde kaliber met dieselfde doppe en punte net dieselfde drukking verlang. Daar kan ook maar verkille daar ook wees wat seker net saak sal maak as jy baie ver afstand wil skiet of bench rest wil skiet.

Hoe dit die drukking gaan beinvloed as jy skiet kan ek ongelukkig nie kommentaar oor lewer. Ek self sou gelaai en geskiet het.

Groete
Kobus

Re: Verskille met seating.

Posted: Tue Nov 13, 2012 6:43 pm
by tripodmvr
Een verdere ding is dat die 7x64 se kaliber 'n 0,285 duim deursnee het terwyl die Barnes koe?ls heelwaarskynlik 0,284 is. Dit kan ook 'n gedeeltelike verklaring wees.

Re: Verskille met seating.

Posted: Tue Nov 13, 2012 10:50 pm
by Chevvy SS
Dankie Driebeen, lyk my dis die antwoord. Al die doppe se lengtes is gesny, de-burred aan die binnekant en eenvormig aan die buitekant gesny vir beide kalibers.