Page 1 of 1

Adriaan se eerste kat

Posted: Sun Nov 11, 2012 9:01 pm
by Wielie Waps
Nou ja , siende dat Marc en Jaco my onder druk gesit het - hier's die storie.
Dit het als laas naweek begin toe ons gereel het om bietjie te gaan roep by 'n vriend van my net buite Bloem. My vrou het ook sommer gereel dat sy en 'n vriendin gaan uiteet , dan hoef sy nie heelnag vir ons te sit en wag nie.
Die uiteinde was dat dit heel aand saggies gereen het so - my vrou het gaan kuier en ons moes droee bek by huis sit en channel surfing doen. Die seuns se gesigte het gehang. Ek moes toe maar belowe dat ons wel gou weer sou uitgaan.
Ek sou vrydag aand gaan trekbokke skiet , maar dit is ook gekanseleer en ek reel toe 'n roepsessie vir Saterdagaand.

Ek moet se dit vat ook nie veel om JB se arm gedraai te kry om saam te gaan nie.

Ons het by die eerste staanplek nie veel sukses gehad nie en besluit om in die wildskamp te gaan roep.
Ek moet myself eers hier in die rede val - as jy twee seuns(14 en 12) het wat mekaar nie altyd reg verstaan nie , gee jy vir hulle 'n spanbou sessie met roep en lig. Vra vir JB , hulle werk dan lekker saam.

Ek het 'n kosklankie(steenbok) gegooi en kleinboet(Daniel) tel 'n oog op agter 'n boom. Adriaan sukkel om die oog te sien en roep my nader. Ons besluit toe om eers verder te soek en daai oog kans te gee om sy skuif te maak.
Na so 5 minute het ek besluit om die klank bietjie harder te maak. Dit het daai oog laat beweeg en ek maak weer sagter.
Adriaan bevestig toe dat hy die kat duidelik kan sien en laat waai.
Sy eerste skoot was bo oor die kat , maar hy herstel vinnig en die tweede skoot maak mooi doep en Adriaan se lekker selfvoldaan: "HET HOM".
Ek en hy het saam die kat gaan optel en daai man was bewerig van opgewondenheid.

Ons het vir nog 'n ruk geroep , maar niks het ingekom nie.
JB het nogal daar gese dis 'n voorreg om die goed saam met jou kinders te kan doen en ek stem volkome saam. Ek moet se my kinders vat gewoonlik 'n maat of twee saam en dit is vir my lekker om ons voorregte met die kinders te deel.
Thanx JB omdat jy ook altyd linksvoor sit. 

Re: Adriaan se eerste kat

Posted: Sun Nov 11, 2012 9:04 pm
by Marc
Dankie Wielie  8)

Mag julle nog baie saam deel  ;)

Waars die foto nou  ???  ;D ;D ;D

Re: Adriaan se eerste kat

Posted: Sun Nov 11, 2012 9:55 pm
by Jakkalsgat
Willem

Dankie en weereens geluk.

Groete
Jaco

Re: Adriaan se eerste kat

Posted: Mon Nov 12, 2012 5:49 am
by Ian
Willem

Geluk aan jou en die seuns.  Persoonlik is dit die lekkerste gevoel wanneer daar 'n kat ingeroep word.

Mooi dag

Re: Adriaan se eerste kat

Posted: Mon Nov 12, 2012 6:50 am
by Reggie Gerber
Mooi so Willem

Mens onthou altyd daai eerste een!!

Reggie

Re: Adriaan se eerste kat

Posted: Mon Nov 12, 2012 7:48 am
by Bond007
Lekker Grabes!! Ja dit is verseker n baie groot voorreg! Ek kan nie meer wag nie, my Bulletjie is een van die dae reg vir een van daai!!

Re: Adriaan se eerste kat

Posted: Mon Nov 12, 2012 8:39 am
by BOKRAM
WW,  se baie geluk daar vir Adriaan !!!  Ek hoop om een van daai  JK oortreksels onder die 'krismis-boom' te sien -ons is mos immers familie ! Hehehe!

Re: Adriaan se eerste kat

Posted: Mon Nov 12, 2012 10:21 am
by Wielie Waps
Dankie almal - ek sal dat Adriaan vanaand lees.

Bokram - jy sal nie weet tot krismis verby is nie ne. Sorg net dat jy daar is om dit te ontvang anders gaan ander lede van jou familie die persentjie gryp.