Page 1 of 1

Chronograaf battery oplossing

Posted: Thu Nov 08, 2012 4:54 pm
by Carl
Middag
Ek het Saterdag 'n Lb boodskap gekry en ook teen die einde vd sessie loop die 2400 eweskielik 2800. Reken dis battery. Nou ja die 9v is duur en lyk my hou nie. Enige goeie idees om die probleem op te los?
Gebruik iemand herlaaibare batterye wat goed presteer?
Wat van daai ou radio 9v?
Herlaaibare 12v met omsetter?

Re: Chronograaf battery oplossing

Posted: Thu Nov 08, 2012 5:04 pm
by Monrique (SJ)
Carl

Watter battery gebruik jy en hoe lank? Ure en min. is dit al in gebruik gewees? Le die batt. In direkte sonlig as jy op die baan is?

Groetnis

Re: Chronograaf battery oplossing

Posted: Thu Nov 08, 2012 5:59 pm
by TOKELOS
Dankie Ludwig!

Re: Chronograaf battery oplossing

Posted: Thu Nov 08, 2012 7:03 pm
by tripodmvr
Ek het van die 12V batterye wat vir motorfietse, hekmotors en alarms gebruik word. Het 'n 9V omsetter gekry en wil die' nou in my chrony gebruik om spanningsval te verhoed. Die batterye is gese?l en herlaaibaar en geen probleem dus met laer spanning soos by NiCd batterye nie.

Re: Chronograaf battery oplossing

Posted: Thu Nov 08, 2012 8:25 pm
by grumpy
Dink julle nie n klein solar panel kan werk? Ja as daar nie son is sal dit n probleem wees maar hy herlaai mos net die battery. Of kan jy nie net n solar panel alleen gebruik nie?

Re: Chronograaf battery oplossing

Posted: Thu Nov 08, 2012 9:00 pm
by Carl
Dankie! Ek gaan toets en die gebruik tyd van verskillende soorte neerskryf. Of uitkyk vir 'n omsetter.

Re: Chronograaf battery oplossing

Posted: Thu Nov 08, 2012 11:23 pm
by Johnnie De Wet
Ek het by n elektriese groothandel verskaffer n boks van 12 batterye gekoop vir R5.50 elk.
Ek gebruik nog die eerste battery. Kan nie fout kry nie.

http://www.major-tech.com/ebooks/BatteriesAug2012/