Page 1 of 1
Waterbok skiet,
Posted: Thu Nov 08, 2012 11:14 am
by Frikkiedbr
Een van my maats wil ?n waterbok skiet, maar wil net weet of die vleis van ?n waterbok net soos enige ander wildsbok lekker is of nie.
Die ander ding is ook die afslag van ?n waterbok, want daar is so baie stories as dit kom by die afslag dat jy nie meer weet of dit waar is of nie. Die hare moet nie in aanrakend kom met die vleis nie.
My maat wil net duidelikheid kry of al die stories waar is of nie. Hy gaan ?n trofee bul skiet, maar wil graag die vleis ook gebruik.
Hoop julle kan help soos gewoonlik, dankie
Groete
Frikkie

Re: Waterbok skiet,
Posted: Thu Nov 08, 2012 11:18 am
by FCLoretz
Hi Frikkie,
Waterbok is van die lekkerste wild wat ek nog geeet het, veral die biltong.
As die waterbok geslag word, maak seker daar is twee slagters, een kan slegs aan die vleis raak en die vel wegsny, die tweede mag glad nie aan die vleis raak nie en dit is ook sy verantwoordelikheid om seker te maak dat die vel van die vleis af weg gehou word.
maak ook seker daar is 'n emmer met water byderhand, die eerste slagter moet gereeld sy mes en hande was.
Waterbokke se vel spoil die vleis as die die buite kant van die vel daaraan raak, dit gee daai turps reuk en smaak aan die vleis.
Re: Waterbok skiet,
Posted: Thu Nov 08, 2012 11:28 am
by Frikkiedbr
Hello FCLoretz,
Baie dankie vir die hulp, dit word waardeer.
Ons wou net seker maak en ons het ook gehoor van die vel wat moet weg bly van die vleis.
Ek wou net by die slim manne hoor en julle weet mos waar van julle praat hier
Lekker dag daai kant
Groete
Frikkie
Re: Waterbok skiet,
Posted: Thu Nov 08, 2012 12:06 pm
by Frikkiedbr
Dankie manne ek het die een gekry
http://jaracal.com/index.php/topic,1127 ... #msg147819
Jammer was bietjie lui om te gaan soek

Re: Waterbok skiet,
Posted: Thu Nov 08, 2012 5:19 pm
by ZKK
Ek was ook bevoorreg om hierdie jaar n mooi groot waterbok bul te skiet en sy vleis is heerlik.
Ons het wors gemaak, biltong en hamburger patties.
Ons gids het direk na ek die bul geskiet het die voorbene op die gewrigte gesny en daar het n deurskynende vloeistof uitgeloop. Blykbaar sit daar een of ander klier wat die vleis ook n slegte smaak kan gee. Ek weet nie of dit waar is nie, maar na mens so baie betaal het wil mens nie regtig kanse vat nie. So sny maar die kliere oop, dis maklik genoeg
Re: Waterbok skiet,
Posted: Thu Nov 08, 2012 11:43 pm
by Tinusvrey
Het self n waterbok geskiet die jaar en sy vleis is baie lekker.
Maak hoeka bietjie n waterbok potjie die naweek.
Het ook die stories gehoor van die hare en die vleis en maar by gestaan toe die manne afslag. Wou nie n kaans vat nie.
Sal regtig nie spuit wees nie!
Re: Waterbok skiet,
Posted: Fri Nov 09, 2012 9:45 am
by Sarelss
Hi Manne,
my 2 sent
Ek het al baie bokke van alle spesies verwerk oor die jare. Al glo ek dat die goeie afslag van 'n waterbok 'n klein verskil maak, is daar net een teorie wat vir my sin maak, (soos aan my oorgedra). Indien die waterbok in "musk" is, stink hy. Sy vleis is vol hormone en jy kan hom maar slag soos jy wil , alles stink. Ek het in al my jare nog net een stink waterbok gehad, en dit was afkomstig van 'n man wat presies afgeslag het soos bo bespreek.
Indien jou hande gekontamineer is met sy vel, of kliere (of iets soos motorolie) sal net die vleis wat jy aanraak, stink van die reuk. Met 'n stink bok, ruik die hele karkas dieselfde, daarom glo ek in bg. teorie.
Ek het ook al stink bokke van al die spesies gekry, koedoe, eland, Gemsbok en springbok, ens. Die meeste kere was dit sekerlik oor iets in hulle dieet.
Ons praat nou nie van vrot bokke nie, maar bokke met 'n baie sterk stink ruek, bv. kruie.
Groetnis
Re: Waterbok skiet,
Posted: Fri Nov 09, 2012 9:49 am
by Eugene
sss308 wrote:
Hi Manne,
my 2 sent
Ek het al baie bokke van alle spesies verwerk oor die jare. Al glo ek dat die goeie afslag van 'n waterbok 'n klein verskil maak, is daar net een teorie wat vir my sin maak, (soos aan my oorgedra). Indien die waterbok in "musk" is, stink hy. Sy vleis is vol hormone en jy kan hom maar slag soos jy wil , alles stink. Ek het in al my jare nog net een stink waterbok gehad, en dit was afkomstig van 'n man wat presies afgeslag het soos bo bespreek.
Indien jou hande gekontamineer is met sy vel, of kliere (of iets soos motorolie) sal net die vleis wat jy aanraak, stink van die reuk. Met 'n stink bok, ruik die hele karkas dieselfde, daarom glo ek in bg. teorie.
Ek het ook al stink bokke van al die spesies gekry, koedoe, eland, Gemsbok en springbok, ens. Die meeste kere was dit sekerlik oor iets in hulle dieet.
Ons praat nou nie van vrot bokke nie, maar bokke met 'n baie sterk stink ruek, bv. kruie.
Groetnis
Het dit ook al ondervind. Ons het so 'n bul amper chirugies afgeslag en daai vleis was nog steeds nie lekker nie...

Re: Waterbok skiet,
Posted: Fri Nov 09, 2012 10:26 am
by Eugene
pine wrote:
Eugene en 308 is reg, my ondervinding was dat hulle Februarie to bykans Mei die bulle oneetbaar was in Botswana of dit hier verskil weet nie. Die res van die jaar met regte afslag was hull baie lekker. Net My Mandel nootjie. Geseend Pine
Ek stem saam Oom Pine, ons het daai bul juis so einde April in Botswana geskiet! Selfs my tuintegnikus het na die 3de pakkie word ges? hy voel my honde word erg benadeel, hy skenk dit eerder vir hulle....
Re: Waterbok skiet,
Posted: Fri Nov 09, 2012 10:44 am
by Dimitri
Die ander ding om te onthou is dat as mens lekker kookvleis? (tablemeat) wil he dan moet jy eintlik kies - jy skiet of vir trofee of vir vleis. Trofees is gewoonlik ou diere wat "past their prime" is. Hulle gaan nie die beste vleis he nie. As jou maat n' pragtige stokoud bul skiet wat op sy laaste is gaan sy vleis nie baie goed wees nie. As hy vleis soek moet hy maar n' koei of n' jong bul skiet. Ek glo nie dat dit so baie saak maak as jy net biltong of droe wors met die vleis gaan maak nie.
Dit gese, ek het n' waterbok bul n' paar jaar terug geskiet. Ons was ook versigtig met die afslag en die vleis het glad nie gestink nie. Ek het met die fillet (die waare fillet) poitjie gemaak en dit was glad nie sleg nie. Nie my gunstelling nie maar glad nie sleg nie. Met die res het ek baie lekker biltong gemaak.
Stem ook saam met die ander dat jy af en toe in elke spesies n' stinker kry.
Re: Waterbok skiet,
Posted: Fri Nov 16, 2012 4:45 pm
by ROBBIE1
Hi Frikkie en ander manne.
Alles wat gese is, is waar, maar ek kan iets toevoeg.
Die mees belangrikste is om die keel heel eerste te sny. Bloed is vol bakteriee, en as n bok nie behoorlik uitgebloei het nie, is jou vleis vol bakteriee. Die slag is net so belangrik. By van die plase waar ek jag, word n waterbok aan al 4 pote gehang, van die skenkel af geslag, en dan hang die vel self as jy van die pens af begin slag, dis die enigste metode wat daar ook nie hare op jou karkas kom nie. Ek verwerk letterlik 100de waterbokke per jaar, en jy sal skrik as jy sien hoeveel van hulle kom met hare op die karkas by my aan. Dit se net een ding, die slag was nie 100% nie. n Karkas kan ook maar gerus met lopende water afgewas word, veral as dit n lyfskoot was, sny maar klaar daai kol uit, en laat was hom mooi.
As jy in die winter een gaan skiet, maak jy van die rump en loin, steaks!!! Die afvalstukkies en die topside sosaties, dans daar genoeg oor vir biltong en wat jy nog wil maak, kookvleisie, maalvleis, boerewors ens ens. Waterbok het n lieflike eet vleis, sag en as jy hom nie te dood gaar maak nie, sappig!! Persoonlik eet ek my wild steaks net soos bees medium.
Ek glo maar as die bok geskiet is moet hy onmiddelik keel af gesny word, die werkers moet hom laai en geslag kry, en in die koelkamer, al is dit winter. Dit is nie goed vir vleis om vir n uur of twee daar te le, dan gelaai te word, ens nie, dit verkort jou vleis se raklewe en smaak ontsettend.
Kap hom Frikkie, en laat weet ons hoet hy gesmaak!!
Groetnis
Re: Waterbok skiet,
Posted: Tue Dec 11, 2012 11:29 am
by Jake1
Ek het 'n waterbok gaan ingee by die slaghuis. Daar het baie hare op die vleis gekom wat hulle s? nie moet gebeur nie(omrede ons in 'n redelike donker plek geslag het). Ons het ook nie sy kliere afgesny nie en kon ook nie die hare afspoel nie. Ons het sy keel ook eers na halfuur afgesny. Dus het ons alles verkeerd gedoen wat die "kenners" s?.
Wel ek het hom laat opsny vir biltong en gegeur en sommer laat droog ook.
Ek het nou net die biltong gekry en dis baie lekker niks snaakse smake of reuke nie- dit proe soos Koedoe biltong!
Daai storie oor waterbok en slegte vleis is ouvrou stories!
Re: Waterbok skiet,
Posted: Tue Dec 11, 2012 11:55 am
by Kerneels S.
Jake1 wrote:
Daai storie oor waterbok en slegte vleis is ouvrou stories!
Jake1
Jy het heeltemal nog te min Waterbok geeet my maat. Van hulle is lekker en van hulle sal jou hond nie eers eet nie!
Die feit dat jy die vleis moet reg hanteer sal help maar nie altyd nie.
Re: Waterbok skiet,
Posted: Tue Dec 11, 2012 12:29 pm
by ROBBIE1
Jake.
Soos ek in my vorige post gese, het ek al baie gekry met hare op, wat niks makeer nie. Die vel en die kliere daarop is die gevaarlike deel, gelukkig het die slagters seker geweet om die vel weg te hou. Ons gee maar net ons ervarings deur, niemand seker "kenners" nie, maar het al wel stelle afgetrap.
Groetnis.
Re: Waterbok skiet,
Posted: Wed Dec 12, 2012 12:56 pm
by Jake1
Kerneels S. wrote:
Jake1 wrote:
Daai storie oor waterbok en slegte vleis is ouvrou stories!
Jake1
Jy het heeltemal nog te min Waterbok geeet my maat. Van hulle is lekker en van hulle sal jou hond nie eers eet nie!
Die feit dat jy die vleis moet reg hanteer sal help maar nie altyd nie.
Kerneels jy kan reg wees ek stry nie. Die eienaar van die slaghuis wat baie wild bewerk het vir my ges? hulle het nog nooit 'n slegte waterbok gekry nie, en volgens hom slag hulle baie waterbokke. Hy s? die mense is ook veral mal oor die steaks van die waterbok.
Hy het vir my ges? dis ouvrou stories oor die slegte vleis dus praat ek maar net uit die kenner se mond, maar neem wel kennis van wat jy s? ook.
Re: Waterbok skiet,
Posted: Fri Apr 26, 2013 6:05 pm
by swanecj3
Hi
Ek kan n waterbok koei jag die jaar teen R27/kg.
Wat is die gewig van n waterbok koei. Uitslag gewig? Ek lees hier van maniere om die bok te slag, het dit betrekking tot n koei ook.
Hoe skat ek n mooi volwasse maar nie ou koei?
Re: Waterbok skiet,
Posted: Sat Apr 27, 2013 8:46 am
by Jakkalsgat
Swane
Maak nie saak bul of koei, jy slag hulle dieselfde. Uitslag gewig van koeie kan wissel tussen 80kg tot so 130kg, as koeie begin lyk soos teddiebeer moet jy weet sy het al diklyf en dus ouer. R27/kg is oraait maak net seker wat sluit dit in want jou vel is 10% van die karkas so as dit skoon karkas is sal ek se ja maar vel aan is "no go".
Baie lekker vleis as sy reg geslag is.
Groete
Jaco
Re: Waterbok skiet,
Posted: Sat Apr 27, 2013 8:59 am
by mariusr
Onthou net waterbok se longe is bietjie kleiner as ander groot bokke sy hart sit ook bietjie hoog gelee vergelyke met ander bokke so moet nie agter die blad jou skoot plaas maar reg op die knoppe voorbeen op!
Re: Waterbok skiet,
Posted: Sat Apr 27, 2013 9:45 am
by swanecj3
jinne
dankie vir daai info Mariusr en Jakkalsgat. ek sou die bok loop skiet het soos n rooibok.
julle weet dalk nie van n lekker jag plaas naby ( 250km) van pretoria. die prys kry ek in paulpietersburg.
groete
Re: Waterbok skiet,
Posted: Sat Apr 27, 2013 7:18 pm
by Jake1
swanecj3 wrote:jinne
dankie vir daai info Mariusr en Jakkalsgat. ek sou die bok loop skiet het soos n rooibok.
julle weet dalk nie van n lekker jag plaas naby ( 250km) van pretoria. die prys kry ek in paulpietersburg.
groete
Bel een van my vriende sy naam is Mervan van Thabazimbi, hy het mooi Koeie en Bulle, 'n koei het nie probleme met vleissmaak nie ek het een geskiet en dit was bevange lekker biltong! Sy nommer is 0817899ses agt ses. Dit wil vir my voorkom dat die Koeie se vleis altyd reg uitkom want ons het alles verkeerd gedoen met die slag, nie dadelik keel gesny nie, nie kliere afgesny nie, hare op vleis en in redelike donker lig gewerk. Ek dink (nie doodseker) hy wil koeie minder maak so miskien kry jy goeie prys.
Sê vir hom jy het met Jake gepraat.
Jake1
Re: Waterbok skiet,
Posted: Sat Apr 27, 2013 7:43 pm
by swanecj3
Dankie Jake ek gaan maandag so maak.
geniet die naweek