Page 1 of 1
Rooikatte het waarde
Posted: Wed Nov 07, 2012 6:26 am
by Ian
Ek kry gister die mail van 'n rooikattjie te koop vir R7000.00 en ek het nou die afgelope 2 maande ses afgehaal net by ons.
6 * R7000.00 = R42000.00Ā - dan boer ek mos agteruitĀ

.
Ek het die persoon se besonderhede uitgehaal want hy is nie 'n forum lid en is 'n agent in die wildbedryf.
Re: Rooikatte het waarde
Posted: Wed Nov 07, 2012 6:48 am
by Martin Marais
Ian
Dit lyk vir my ons ouens wat rooikatte jag is aan die verkeerde kant van die bedryf. Teen daardie prys sal dit jou baie beter baat om met rooikatte te boer,jy het mos "goedkoop" skapies waarmee jy die duur rooikatte kan voer.
Groete
Martin Marais.
Re: Rooikatte het waarde
Posted: Wed Nov 07, 2012 6:59 am
by bullseye
More manne
Ian die rooikatte het so 2 jaar terug al my trofee rooibokke en springbokke gevang . Toe besluit ek ek gaan hulle vang in plaas van dood skiet, hulle moet teel dat hulle my skade kan terug betaal. Ek het 3 rooikat kleintjies nou verkoop vir R7000 stuk .
Rooikatjies moet hondmak wees anders is hulle basies net n patroon se waarde .
Groetnis
Bullseye.