Page 1 of 2

SPRINGBOK JAGKOMPETISIE

Posted: Tue Nov 06, 2012 10:48 am
by tokjak
WAT IS JULLE OUENS, NIE TE VER VAN ABERDEEN , SE GEVOEL OOR N SPRINGBOKJAG KOMPETISIE . EK WEET MURRAYSBURG HET REEDS EEN , MAAR DIE AANVRAAG IS SO GROOT, DAT MENS N JAAR VOOR DIE TYD MOET BESPREEK .DAAR KAN OOK NA ANDER TIPES REELS GEKYK WORD , EK WIL SLEGS DIE TOPIC TOETS OM TE KYK WAT JULLE DINK . EK BEOOG OM DIT ONDER DIE VAANDEL VAN SA JAGTERS TE DOEN [AS EK MAG ] , SAL NOG UITVIND . HET REEDS MET N PAAR OUENS OOR BORGE GEPRAAT EN DIE MEESTE WAS POSITIEF.

GOOI MAAR DIE GEDAGTES

GROETE

Re: SPRINGBOK JAGKOMPETISIE

Posted: Tue Nov 06, 2012 10:54 am
by BLOK
Vertel meer, ek weet nie van so iets nie. Is dit nou jag of springbok papierskiet.

Re: SPRINGBOK JAGKOMPETISIE

Posted: Tue Nov 06, 2012 10:55 am
by Biltong
EK luister ook!

Re: SPRINGBOK JAGKOMPETISIE

Posted: Tue Nov 06, 2012 11:30 am
by Hercules Louw
Hallo Tokjak

Dit klink na 'n interessante gedagte.
Hiermee net 'n paar riglyne wat die aanbied van die kompetisie onder die vaandel van SA Jagters betref:

1. Jy moet die kompetisie in samewerking met of deur jou plaaslike tak van die SA Jagters aanbied. 
2. Daar moet verkieslik 'n addisionele voordeel ingebou wees vir SA Jagters lede (bv. korting op die inskrywingsgeld).
3. Die plaaslike tak behoort 'n wins daaruit te kan maak en dit moet ook vir die tak 'n bemarkingsgeleentheid wees.
4. Die insentief vir die die deelnemers mag nie wees om te kyk wie bv. die meeste bokke doodgeskiet het nie. SA Jagters ondersteun glad nie hierdie tipe kompetisie nie - het al in die verlede probleme in die verband gehad met haelgeweer kompetisies waar daar meegeding word om die meeste vo?ls dood te skiet.
5. Jy sal dus kreatief moet wees met jou re?ls om die wenner te bepaal, bv. die swaarste ram en / of ooi, die langste horings, netjiese skoot van die dag, die mees afgeslyte tande, kortste of langste stert ens.

As jy wil voortgaan om die kompetisie onder die SA Jagters se vaandel aan te bied, stuur dan asb jou volledige beplanning en re?ls vir die kompetisie aan my en/ of andrevdm@sahunt.co.za sodat dit vir goedkeuring voorgel? kan word.

Groete
Hercules

Re: SPRINGBOK JAGKOMPETISIE

Posted: Tue Nov 06, 2012 12:16 pm
by tokjak
HERCULES , EK IS VAN PLAN OM DIT GEHEEL EN AL TOT VOORDEEL VAN SAJWV TE HOU .ONS TAK ,KAMDEBOO, HET DIE FONDSE BROODNODIG . DIT SAL BASIES OP N PUNTE GLYSKAAL WERK , MET PUNTE VIE GEWIG EN SKOOTPLASING . DAAR IS 4 MANNE IN N SPAN EN ELKEEN SKIET 2 BOKKE . DUS 8 BOKKE PER SPAN . DIE GROOT PRYS IS N SPAN PRYS VIR DIE BESTE GEMIDDELDE TELLING . DIE SPAN SAL N PLAAS "TREK" EN DAN N TYDS " VOORDEEL " KRY AFHANGENDE VAN HOE VER DIE PLAAS IS . DAAR SAL EGTER SLEGS 4 URE JAGTYD WEES . SPANNE WAT LAAT IS SAL GEPENALISEER WORD .
DIT IS SO MIN OF MEER DIE GEDAGTE . DIE KOMPETISIE OP MURRAYSBURG WERK DIESELFDE .

ONTHOU , DAAR IS NOG NIE SO IETS NIE , EK TOETS SLEGS BELANGSTELLING

GROETE

Re: SPRINGBOK JAGKOMPETISIE

Posted: Tue Nov 06, 2012 12:50 pm
by Hercules Louw
Tokjak, jou planne klink goed, alle sukses daarmee, hoop die belangstelling is baie groot.

Laat weet as ons kan help.

Re: SPRINGBOK JAGKOMPETISIE

Posted: Tue Nov 06, 2012 1:24 pm
by hebron
Die belangstelling is daar: Is dit n inter-tak kompetisie of net vir Kamdeboo lede?
                                    Hoeveel spanne kan julle inskryf?
                                    Moet almal in die span lede by SA-jag wees?

Ek sal die spasie dophou; dit klink vir my heel lekker!

Groete Willem

Re: SPRINGBOK JAGKOMPETISIE

Posted: Tue Nov 06, 2012 1:54 pm
by tokjak
JOH, HEBRON EK WEET NIE .... NOU DAT JY DIT NOEM ,DINK EK DIT SAL NOGAL NICE WEES OM N INTERTAK KOMP . TE HOU . SO WERF ONS OOK SOMMER LEDE VIR SAJWV.DIE HOEVEEL HEID SPANNE SAL ONS NOG MOET SIEN . EK SAL OOK EERS DIE GO - AHEAD VAN  BEYERS ,HIER OP DIE FORUM , ONS VOORSIITTER  MOET KRY [ INDIEN ONS DIT DEUR SAJWV HOU ]

BOKKE IS NIE N PROBLEEM NIE ASOOK NIE N VENUE EN SLAAPPLEK NIE .INDIEN RUDOLPH BAARD DIE POST LEES ......SAL JY KOM MUSIEK MAAK ? AS JY DIT IN MURRAYSBURG DOEN , KAN JY DIT MOS IN ABERDEEN OOK DOEN !!!

ONTHOU WEEREENS DIE HELE STORIE MOET NOG GEREEL WORD . ENIGE INSETTE IS WELKOM .INDIEN DIE STORIE GEREEL IS , DIE PRYSE IS GOED ENS. WIE SAL ABERDEEN TOE RY MET N 4 MAN SPAN ?

Re: SPRINGBOK JAGKOMPETISIE

Posted: Tue Nov 06, 2012 2:04 pm
by Silent Hunting
:D :angel:

Re: SPRINGBOK JAGKOMPETISIE

Posted: Tue Nov 06, 2012 2:11 pm
by Sarelss
Hi Tokjak, klink baie goed, al is die dalk te v?r vir ons Valies.

Dalk moet jy ook daai capslock afsit, die manne gaan dink jy skree op hulle...

Groetnis
Sarel

Re: SPRINGBOK JAGKOMPETISIE

Posted: Tue Nov 06, 2012 2:15 pm
by GreyGhostGear
Ons sal definitief 4 van die Kaap wees en deps solank daardie lekker berghut van jou ;)

Jy sal nie sukkel om manne te kry nie Tokkels, eks redelik seker daarvan.

Re: SPRINGBOK JAGKOMPETISIE

Posted: Tue Nov 06, 2012 2:25 pm
by tokjak
SSS EK KEN NIE AL DIE COMPUTER GOED NIE MAN EK BOER VIR N LEWE,AL WAT EK KEN IS EMAILS EN JARACAL


beter?

Re: SPRINGBOK JAGKOMPETISIE

Posted: Tue Nov 06, 2012 3:06 pm
by Dimitri
For me, hunting is not about competing with other people about whose buck is the biggest or heaviest or has the longest horns. Even the record books (RW, SCI, SAHGCA etc) are not about competing. I really don't like the idea.

Furthermore, I think it taints the image of ethical hunting. From a public or greenie perspective they may view it as men (and possibly women) competing for points and prizes at the expense of animal lives. And I think they would be right. It does not reflect well on the image of hunters.

Why not canvass say 20 farms in the area and ask them to participate. They each give say 8 springbuck for free or at a very reduced cost. Groups of 4 hunters shoot two springbok each over a weekend. At the end all the hunters get together for a social and lucky prizes are drawn. No competition. If you have to have a competition then have some sort of fun event: shooting / nature quizz / whatever at the social event. If farmers need more of an incentive to get involved (ie if the local hunting branch is not enough of an incentive for them) then make it more attractive e.g. 50% of profit goes to the hunting branch and 50% to the local church / old age home / orphanage.

I think many hunters may be interested in the above - even (and for some, especially) without the competitive killing aspect.

Shooting = paper targets = great for competition
Hunting = taking the life of an animal in a respectful way

Tokjak, ek dink die doel wat jy wil beruik is lofbaar (?hoop dis die regte woord?). Jou hart is in die regte plek. Moet my asb nie kwaalik neem nie. Jy het mos gevra dat ons die gdagtes moet gooi. Dis maar my gedagtes. Sterkte met die fonds insameling.

Groete

Dimitri

Re: SPRINGBOK JAGKOMPETISIE

Posted: Tue Nov 06, 2012 3:21 pm
by fdt
Great idea!

As ek reg onthou het Steyterville ook so n jag maar wat meer gepaart gaan met die opbrengs as donasie vir die kerk.
In die geval was die spanne beperk to 30 (x4) en jy moet n jaar voor uit boek!
Tokjak ek dink ook dis n goeie gedagte en alle voorspoed!

Re: SPRINGBOK JAGKOMPETISIE

Posted: Tue Nov 06, 2012 4:24 pm
by Danie01
Britstown het ook so kompetisie vir jare nou al, dit lok nogal baie mense en dit het aanvanklik begin om geld in te samel vir die kerk in die plek van 'n basaar.

Boere in die omgewing het 'n aantal bokke aan die kerk geskenk, 4 / 8 /12 ens.
Die kompetisie het bestaan uit spanne van 4, wat elkeen 'n bok moet skiet en 3groep groepering skiet. In die begin het jy punte gekry vir skootplasing, afstand na bok asook punt vir die groep. Jy is gepenaliseer vir kwes of swakskote of meer as een skoot op die bok. Die punte vir afstand het later weggeval omdat die mense te v?er skote begin waag het en bokke gekwes het. Soos ek verstaan het die groep ook nou 5skoot groepe geword en ek weet nie of elkeen nogsteeds net 1 of 2 bokke skiet nie. Almal het met die voorsitmetode gejag, behalwe as dag nou al amper om is en daar 'n persoon is wat nog nie bok gekry het nie, sal hul met bakkie ook n paar draaie ry.

Wenners (1ste, 2de, 3de) het geld, springbokke, etc gewen en daar was ook pryse vir die beste skoot, beste groep, swaarste bok, etc. dan ook 'n paar lucky draws, troospryse en veiling. Elke span het ook inskrywingsgeld betaal en die bokke kon teen baie goeie pryse per kg gekoop word. Jou inskrywingsgeld het ingesluit die jag, vervoer na plaas en terug, kospakkie vir die veld en ook steakete aand na prysuitdeling.

OOr die idee van net 4 ure jag, gaan nie lekker werk nie, aangesien mens op seker plase meer bokke het, meer manne op perde, etc. Laat elkeen sy bok of twee skiet en as almal klaar is kom almal terug dorp toe vir die prysuitdeling etc.

Kerk het en doen steeds baie goed met hierdi kompetisie

Groete
Danie

Re: SPRINGBOK JAGKOMPETISIE

Posted: Wed Nov 07, 2012 3:16 pm
by tokjak
danie , ja daar is seker baie maniere om dit aan te bied . ek hou nogal van die groepering skiet storie , jy hoor mos altyd manne se " ek kan n bok op 300m skiet , maar ek skiet baie swak op n teiken" . die reels van so storie kan n mens goed uitwerk deur bv . die forum se insette .

dimitri , daar is niks fout met gesonde kompetisie , indien dit nogsteeds eties gedoen word, nie . die twee hoef nie geskei te word nie .ek jag al my hele lewe lank en dit was nog altyd hel lekker om n groter en mooier bok as jou pel te skiet .... dis menslik . ek weet eintlik nie verder hoe om dit aan jou te verduidelik nie . ek dink die meeste ouens weet waarvan ek praat . op die ou ent is dit jou jag vernuf , wat die grote [ wat so groot is omdat hy skelm is ] plat getrek het , jy word dus vir jou vernuf as jagter beloon , nie omdat jy die dier dood gemaak het nie .

ek sal , indien die kompetisie afkom , weer vir insette vra .

groete

Re: SPRINGBOK JAGKOMPETISIE

Posted: Wed Nov 07, 2012 3:47 pm
by stan man
ek is van hennenman in die vrystaat en ek behoort aan vrystaat jag. ek is seker ek sal n spannetjie kan saamvlans vir so n kompetisie. as ek reg is ,is britstown so amper 540 km van ons af.
wat van n pa en seuns kompetisie ? maak nie saak hoe groot is die span nie,jy werk die punte uit,op die gemiddelde punte van die span.
ek het byvoorbeeld 2 seuns en n dogter,dan kan jy die punte deur 4 deel en n gemiddeld kry. sodoende kan jy ook meer fondse genireer.
dit is nou as elkeen van die spanlid n bok skiet.

jy kan so n kompetiesie ook in die vorm van n mc nab doen. elke span moet bv . n tarentaal ,meerkat en n bok  of n jakkals skiet  om in aanmerking te kom vir n prys. sodoende verlig jy nog die probleem met pestelensies ook.
dit is my gedagte rondom so n kompetisie

Re: SPRINGBOK JAGKOMPETISIE

Posted: Wed Nov 07, 2012 4:29 pm
by tokjak
stan ... as jy n jakkals skiet wen jy alreeds eerst prys !! ja  nee jy kan regtig so n kompetisie lekker maak . toe ek klein  was het ek en my pel so kompetiesie met windbukse gedoen , kyk wie skiet eerste n spreeu , vink en muisvoel [ alles wat die vrugte  pla ]  en daarna word die voeltjies gebraai

groete

Re: SPRINGBOK JAGKOMPETISIE

Posted: Fri Nov 09, 2012 9:30 am
by Sarelss
Julle manne maak mens nou baie lus vir die kompetisies. Baie goeie idees, hou ook baie van Pa en seun gedagte as aperte, of deel van die groter kompetisie.

Tokjak, dankie, nou lees jou boodskappe soveer lekkerder.
Groetnis
ss

Re: SPRINGBOK JAGKOMPETISIE

Posted: Fri Nov 09, 2012 12:26 pm
by tokjak
PLESIER............  ek meen plesier

Re: SPRINGBOK JAGKOMPETISIE

Posted: Mon Nov 12, 2012 9:00 pm
by stephensonsknives
sarel ek hou van jou gedagte van n pa en seun naweek

kyk asb na n tyd in die skool vakansie

omdat n mens so ver ry die moontlikheid om dan n hele jag intewerk bv springbok en swartwildebees

ek sal ook belangstel om so pa en seun naweek te dagboek, my dogter het my reeds herriner aan n pa en dogter naweek om haar eerste bok te skiet

groete

Re: SPRINGBOK JAGKOMPETISIE

Posted: Mon Nov 12, 2012 10:48 pm
by Scrappies
Naand Manne!

Ek kan net vir julle we so n kompetisie is n groot lekker!

Ek en my 3 spanmaats neem nou al die laaste 3 jaar in so n kompetisie in Steytlerville deel.

Die oggend is daar n trekking waar die spanne die dag sal jag. Spanne vertrek dan saam met plaas eienaars na hulle plaase waar die jagters dan op voorsit skiet wyse dan so 5 ure het om 2 bokke elk en dan 8 as n span te skiet. Bokke word gemerk met "tags " wat die spankaptein aan die res van die span gee. 3 uur is inweeg tyd en spanne wat laat is word gediskwalifiseer. Punte word gegee vir skootplasing , gewig , horinglengte en dan of dit n ram of n ooi is. N vol telling is presies agter die blaaie deur met minimale vleis skade,dus word kwesbokke ook in n mate beperk.

Daar word heelwat pryse gegee. Grootste ram, grootste ooi , elite jagter , beste span , beste newbie en nog n hele paar ander pryse en 2 de pryse afhangende hoeveel borge hulle kon insamel.

Die bokke word Dan met die hartslag uit pote af maar vel en kop aan ( om kop skote te klas ) geweeg en teen R20/kg aan die skut verkoop. Daar word ok natuurlik houe uitgedeel die aand met die prysuitdeling vir swak skote en sopkoppies wat minder as 15kg weeg, maar alles in goeie gees.

Bo en behalwe die feit dit regtig n lekker saamkoms van vriende en kennisse van die vorige jare is word die fondse weer terug gesit in die gemeenskap.

Maak nie saak waar so n kompetisie aan gebied word nie ek is seker as die organisasie reg is dit n reuse sukses sal wees!

Eks in!

Sterkte met die organisering!

Re: SPRINGBOK JAGKOMPETISIE

Posted: Mon Nov 12, 2012 11:55 pm
by F.L.A.S.H
Naand manne..

Die kompetiesie klien baie lekker.

Ek sal self graag aan so iets wil deel neem :) nie rerig vir die kompetisie nie maar meer vir die lekker van saam met mense wees wat die selfde belangstellings het.

Hoop rerig daar word een gereel ;D dan tel julle my in :)

Mooiloop

Re: SPRINGBOK JAGKOMPETISIE

Posted: Tue Nov 13, 2012 6:52 am
by Ponkie
Oom Tokka

Bie goeie idee om fondse in te samel.
Soos Scrappies se, die kompetisie word al vir bie lank in Steytlerville ook gehou. Alles ten bate van die skou se fondse.
My Pa, John 101 en sy broer en Oom Waldo Strydom het die kompetisie 3 jaar in 'n ry gewen, maar neem die laaste 3 jaar seker nie meer deel nie. hulle het nie elke jaar die grootste bokke geskiet nie, maar elke jaar breinskote. Seker omdat die 3 ander manne al 3 ou karoo ochse manne is.

Dis regtig 'n lekker byeenkoms. As oom bietjie tips wil he, latwet net, ek gooi daar 'n paar nommers van die manne wat die Steytlerville een reel.

Sterkte en groete in die karoo. Ek kom darem amper huistoe!

Groetnis
Ponkie

Re: SPRINGBOK JAGKOMPETISIE

Posted: Tue Nov 13, 2012 8:46 am
by tokjak
JIS OU PONKIE , DANKIE MAN . JA EK HET OOK AL BY DIE MURRAYSBURG KOMETISIE DEELGEEEM , ASOOK SPANNE BY MY LAAT SKIET .EK BEOOG OM SO KLEIN TWIST IN TE WERK , WAAR DIE MANNE VOOR HULLE RY OP N SPRINGBOK TEIKEN OP 300 , 2300 EN 150 SKIET . HY SIEN DAN NIE SY SKYF TOT DIE AAND NIE EN DAARDIE PUNTE MAAK DAN DEEL UIT VAN TOTALE PUNTE . NET N IDEE . ONS SAL MAAR SIEN WAT DIE ANDER ORGANISEERDERS DINK . HOU EEN VAN DIE DAE VERGADERING .

GROETE