Page 1 of 1
Hoe ponde boog
Posted: Tue Nov 06, 2012 10:26 am
by JHS
More almal. Ek skiet tans I maniac en wil bietjie uitvind oor nuwe boe vir in die toekoms. Ek het gekyk na I paar boe wat meer as 70 pons kan trek wil nie weer I boog wat net tot 70 pond gaan kyk nie. As ek nou koop wil dit reg en finaal wees en wil somer lekker kinetiese energie met I hoe pond en vinnige boog he. Nou het ek gekyk na I paar boe. Die monsters mr5 tot8 ek laik meer die 7 en 8 omrede hulle brace hight dam bietjie beter is ek weet hoyt het ook I big game sereis maar soos ek vstaan bgin dit by 70 en eindig by 90 ek wil het dit moet laer as 70 begin omrede ek nie altyd baie tyd kry nie en dan uitoefening word en dan by 65 begin. Ek luister graag watseboe julle nog aanbeveel. Dankie
Re: Hoe ponde boog
Posted: Tue Nov 06, 2012 10:32 am
by Eugene
JHS, die eerste vraag wat jy jouself moet afvra, is waarvoor gaan jy die boog gebruik? As jy net gaan jag en nie elke jaar buffels en olifante met die boog gaan skiet nie, het jy nie 'n boog met ho?r ponde as 70# nodig nie.
As jy dit egter gemaklik kan trek en gereeld skiet, is daar seker geen rede waarom jy nie 'n 100# boog kan koop nie!
Net soos met geweerskiet, is skootplasing baie belangriker as ponde en spoed. 'n Swak skoot bly 'n swak skoot en ho?r ponde of 'n groter kaliber gaan niks daaraan verander nie...
Groete
Re: Hoe ponde boog
Posted: Tue Nov 06, 2012 10:41 am
by JHS
Dankie Eugene
Ek sal dit nie somer vir groot vee jag gebruik nie. Die ding is net mskien oor 3-4jaar kry ek I geleentheid en dan sit ek met I boog wat nie voldoende is nie waar as ek nou regkoop hoef ek dit nogsteeds nie op 80 te skiet nie maar ek het dit nog altyd tot mybeskuking sou ek dalk wil
Re: Hoe ponde boog
Posted: Tue Nov 06, 2012 11:06 am
by SV MAD (Henk)
Hi JHS.
Ek skiet tans 'n Maxxis 35 Big game series, teen 95pond.
Met die regte tegniek kan mens maklik die ponde trek. Maar dit vat 'n tydjie om op te werk soontoe.
Ek het, toe ek my boog in Mei verlede jaar gekoop het, ook net 'n boog gehad wat tot by 70pond kon trek. Ek het geweet die 90pond is 'n monster, maar ek wou so vinnig moontlik daar uitkom. Na n paar shoots het ek my skouer seergemaak en vir 6weke niks geskiet nie.
Toe my boog uitgehaal en afgestel na 72pond toe (minimum). AGV die hoyt cams, trek hy minder moeilik op 72 as ander boe op 70 pond, of selfs 65 for that matter.
Ek het toe geskiet en geskiet en die heeltyd die ponde opgestel soos ek sterker geword het. Hy is nou vasgedraai op 95pond en het 'n DL van 31duim. Hy laat loop 'n 600gr pyl teen 302fps, wat heel goed is.
Skootplasing is baie belangrik, maar vir die keer wat jou skootplasing poefie is, help die ekstra gewig en spoed (agv die ponde) om die vleis huis toe te bring.
Hier is 'n review wat ek geskryf het toe ek 'n poefie skootplasing gehad het
http://jaracal.com/index.php/topic,12962.0.html
ek stry nie, mens kan met n' 50pond boog deur n' koedoe skiet, maar ek is liewerste voorbereid vir wanneer als verkeerd gaan, ek nogsteeds die dier kan doodmaak, en nie sit met 'n bwb wat 'n pyl in die been het en jou die hele plaas wys nie.
Laat weet as jy nog info soek
Groete
Re: Hoe ponde boog
Posted: Tue Nov 06, 2012 11:12 am
by Gerhard
JHS,
Dit is n moeilike vraag.
Ek het n Tribute wat ek op 90# kan vasdraai as ek wil.
Ek het meestal op 75 tot 80# met hom geskiet.
Ek het ook n 70# 350 Destroyer.
Die Destroyer op 70# perform net so warm soos die Trubute op 80#.
As jy wel besluit om n 80# boog te koop kyk wat kom uit vir 2013.
Bowtech se 2012 Insanity op 80# is n briljante boog...
Re: Hoe ponde boog
Posted: Tue Nov 06, 2012 11:38 am
by JHS
Daai mr5-8 lyk nie te bad nie. Daars net een ding wat my afsit van dit een vam my pelle het die monster 7 wat tog nie te ver van die mr7 is nie en hy die boog met die kaal hand getrek nie met die release nie net om te kyk toe klim die snaar van die cam. Ons vind toe uit wat fout is die mense se dis die vinniger cams en limbs wat saam verander is reeds om spoed by te sit. So ds ngals virmy I nadeel. Nou weet ek nie of die ander boe dit ook doen nie kan iemand my dalk se?
Re: Hoe ponde boog
Posted: Tue Nov 06, 2012 11:47 am
by SV MAD (Henk)
Ek weet Bowtech het so rukkie terug 'n issue gehad met hulle D350's omdat die snaar maklik van die cams afgeklim het. Uitgevind at die paadjie waarin die snaar loop in die cam nie diep genoeg was nie, dink hulle het dit wel reggemaak.
Ek het nog nooit gehoor van 'n hoyt watse snaar afgeklim het nie. Hoyt is ook van jou "toughtest" boee wat daar is.
Re: Hoe ponde boog
Posted: Tue Nov 06, 2012 11:59 am
by JHS
Henk
Dankie vir die inligting ek laik ok hoyt se boe wat ek ok baie laik is die fyt dat hulle moes die dry fire tests doen. So jy se hulle hulle big game series het nie ponde laer as 70 nie. Wat is die spoed van daai boog van jou volgens hoyt se specs?
Re: Hoe ponde boog
Posted: Tue Nov 06, 2012 12:01 pm
by VdWalt
JHS wrote:
hy die boog met die kaal hand getrek nie met die release nie net om te kyk toe klim die snaar van die cam.
Hoeveel keer gaan jy met jou kaal hand die boog skiet?
Re: Hoe ponde boog
Posted: Tue Nov 06, 2012 12:07 pm
by JHS
VdWalt
Dis waar wat jy daar se haha mens doen dit nie ma dit steek ngsteeks in die agterkop vas net om te dnk dit kan moontlik gbeur.
Re: Hoe ponde boog
Posted: Tue Nov 06, 2012 12:29 pm
by VdWalt
Ek het n Monster 7 gehad van 2009 tot 2011 (verkoop om die 6.5 te koop, as ek meer kon kry vir my
Hoyt so ek hom ipv die Monster verkoop het). Ek het die boog regtig baie geniet. Nooit n
probleem gehad nie - ABO op so 70 pond geskiet en op 75 pond met hom gejag.
Re: Hoe ponde boog
Posted: Tue Nov 06, 2012 12:34 pm
by henried
SV MAD (Henk) wrote:
Ek weet Bowtech het so rukkie terug 'n issue gehad met hulle D350's omdat die snaar maklik van die cams afgeklim het. Uitgevind at die paadjie waarin die snaar loop in die cam nie diep genoeg was nie, dink hulle het dit wel reggemaak.
Ek het nog nooit gehoor van 'n hoyt watse snaar afgeklim het nie. Hoyt is ook van jou "toughtest" boee wat daar is.
As ek dit reg het is die probleem in 2012 op gelos...
Daar is baie mooi bo? op die mark, moet jouself nie seer maak deur 80 pond te vinning probeer skiet nie.
As jy 'n Hoyt wil koop, daar is baie 2de hands op Guntree...

Re: Hoe ponde boog
Posted: Tue Nov 06, 2012 1:35 pm
by SV MAD (Henk)
JHS wrote:
Henk
Dankie vir die inligting ek laik ok hoyt se boe wat ek ok baie laik is die fyt dat hulle moes die dry fire tests doen. So jy se hulle hulle big game series het nie ponde laer as 70 nie. Wat is die spoed van daai boog van jou volgens hoyt se specs?
Jong, volgens specs doen jy 325fps ATA, maar dit is op 'n 70pond, 30duim 5gr/duim pyl. Hoyt is bekend daarvoor dat hulle hulle spoed "underestimate", so jy weet as dit se 325fps, dan gaan jy tien teen een meer kry.
Wanneer jy groot ponde gaan raak daar natuurlik hectic wiskunde by betrokke, ekstra ponde, DL en gewig van pyl ens...
Glo my, dis 'n bitter lekker boog en met sy lang ATA is hy lekker stabiel en skiet 'n vark uit 'n bos uit!
Re: Hoe ponde boog
Posted: Tue Nov 06, 2012 2:15 pm
by Eugene
SV MAD (Henk) wrote:
JHS wrote:
Henk
Dankie vir die inligting ek laik ok hoyt se boe wat ek ok baie laik is die fyt dat hulle moes die dry fire tests doen. So jy se hulle hulle big game series het nie ponde laer as 70 nie. Wat is die spoed van daai boog van jou volgens hoyt se specs?
Jong, volgens specs doen jy 325fps ATA, maar dit is op 'n 70pond, 30duim 5gr/duim pyl.
Hoyt is bekend daarvoor dat hulle hulle spoed "underestimate", so jy weet as dit se 325fps, dan gaan jy tien teen een meer kry.
Wanneer jy groot ponde gaan raak daar natuurlik hectic wiskunde by betrokke, ekstra ponde, DL en gewig van pyl ens...
Glo my, dis 'n bitter lekker boog en met sy lang ATA is hy lekker stabiel en skiet 'n vark uit 'n bos uit!
Ooooooo! Ee Ee!

Jy dink aan Mathews!

As daai Hoyt klaar 'n 1000 keer gedryfire is in die fabriek, is sy fut uit, dan is hy net 'n bling bykomstigheid....

Re: Hoe ponde boog
Posted: Tue Nov 06, 2012 2:39 pm
by Gerhard
Ek bly maar wonder oor die claim to fame van dry fire wat Hoyt het...
Ek skiet nou al van 2005 af boog en nog nooit n boog ge dry fire.
Doen mense regtig dit so baie dat dit as n sales pitch gebruik word?
Met die snare wat van die cams af klim.
Jy kan enige boog genoeg torque veral as jy sonder n release trek om die snare van die cams af te trek.
So lank jy gelukkig is met die boog wat jy skiet...
Dit is al wat saak maak.
Re: Hoe ponde boog
Posted: Tue Nov 06, 2012 3:02 pm
by SV MAD (Henk)
Nee Eugene, Mathews gebruik nog IBO. Gaan kyk maar, Mathews pomp gewoonlik hulle spoed met tussen 10-15fps op, email Harry Marx ook, hy het die toetse. Hoyt gebruik ATA, wat dit presies gee. Sover ek weet is hulle die enigste vervaardiger wat ATA gebruik, almal is nog IBO
Re: Hoe ponde boog
Posted: Tue Nov 06, 2012 3:42 pm
by JHS
So as ek die alles in een neute dop wil plaas sal ek nou dat daar basies 3 boe is wat volgens my vereistes behoort te werk. 1 maxxis big game series
2bowtech insinity
3mathews mr 7en8
Nou wil ok net graag weet watse een vaan daai se kinetiese energie si die hoogste. En is daar niemand wat iets se oor I. Pse xforce omen nie.
Luister graag
Re: Hoe ponde boog
Posted: Sat Jan 12, 2013 1:00 pm
by HennieC
Dag mense
Ek skiet die Monster 6 op 70pond met 'n 29" trek lengte.
Het al op gegaan na 77 pond maar dan is dit nie meer so lekker nie.
Ons is paar mense wat darts speel in die aande en dan skiet jy 'n paar pyle.
Ek glo aan die ponde moet so wees dat jy onder beheer die boog kan release sonder om jou of die pyl seer temaak. Ek skiet my Monster met die selfde set up vir jag, ABO of Saba en darts. Dit is waarmee ek oefen en bly skiet dit is net field tip of broadhead wat verander.
Gaan skiet 'n paar boe en vat wat vir jou pas en gemaklik is. Moenie koop sonder om te test drive nie.
Daar is net 2 boe op die mark dit is 'n ou Mathews en 'n nuwe Mathews