Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Hallo
Ek werk so:
Ek het die gewone single stage press wat ek met 'n universal decapper gebruik om die doppe te deprime. Dan gaan hulle tumbler toe( op hierdie stadium gebruik ek MP200 so die doppe is altyd baie vuil). Wanneer hulle skoon is prime ek met die hand. Dit is vir my die enigste tyd waar ek die doppe inspekteer vir krake ens. Dan het ek die turret gebruik om te size sonder 'n decapper, kruit te gooi en koe?l in te druk. Die laaste ruk het ek eers die doppe skoon gemaak en dan die decap en sizeing gedoen. Dan gebruik ek die derde station op die turret om die factory crimp mee te doen. Vandat ek dit so doen het ek nog nie 'n storing gehad nie. O en jy kry darem 'n paar honderd rondtes gelaai in 'n uur as jy doppe het wat klaar geprime is.
Ek het nou 'n Load master gekry vir die 9mmP maar doen nog steeds die priming met die hand in 'n aparte oefening en gebruik dan net die press net soos die turret maar hoef nou net nie die koe?ls met die hand te voer nie. Ek gebruik nog die turret vir die 40 en 38.
Ek het nie die Pro-1000 gevat nie omdat hy net drie stasies het en dit vir my belangrik is om ook die factory crimp te gebruik maar soos ek dit nou doen sal die Pro-1000 ook werk. Ek ken baie mense wat die Pro gebruik sonder probleme, ek hou net van die Load Master se rondte vir elke siklus van die handvatsel teenoor die ander se 1 vir drie.
Hoop nie ek was te deurmekaar nie.
.177 Gecado, .22 Rem Scoremaster 511, .22 Brno Model 2, 222 Rem Anshutz, Colt AR 15, .303 Lee Enfield No4 Mk1, .308 Win Howa Varm, 22-250 Rem Howa Varm, 12Br Mossberg, 12Br Baikal s/s, .38Spl Taurus, Vektor SP1, Vektor SP2, Ruger Redhawk .44Mag, CZ200
Lee se progressiewe presse is geneig om problme te gee met hulle priming stelsels. Jy sal ook sien dat hulle aanbeveel dat slegs sekere fabrikaat slagdoppies in hulle gebruik word.
Ek het met die Lee Pro 100 begin en later oorgeskakel na die LoadMaster, wat 5 stasies het ipv die Pro100 se 3 stasies. Baie manne met hulle prime maar met 'n aparte hand tooltjie.
Alby moet maar mooi dopgehou word as jy laai, maar dis moontlik om 150-200 patrone in 'n uur te laai as dinge reg loop.
Hy's amper soos 'n Jaguar motorkar -indrukwekkend en lekker om te ry maar hy spandeer baie tyd by die werkwinkel om goeters reg te maak. Jy moet maar jou hand op hom hou.
Ek het 2 "tool heads" vir my Loadmaster - een is opgestel vir .40S&W en die ander vir .357mag. 'n Omruiling vat sowat 5 minute.
As jy eers sy nukke ken werk hy mooi.
Die manne wat baie skiet (IDPA ens) is baie lief vir die Dillon 550 of 650, maar jy betaal vir hom!
Ek het die Auto-turret, Pro1000 en Loadmaster. My ervaring was weer die teenoorgestelde. Ek het die loadmaster as uiters sensitief ervaar en moes die hele tyd stel en karring om betroubaar aan die werk te kry. As hy eers loop dan maak jy vinnig koeels. Die Pro 1000 gee die beste kompromie tussen prys en werkverrigting. Mens moet seker maak dat die primer tray se pennetjie gied kontak maak met die been van die press met die riffels op sodat die tray elke keer goed geskud word. As dit die geval is werk hy goed. Met PMP, CCI, Federal en Winchester primers.
Wanneer ek nie te veel rondtes hoef te laai nie hou ek baie van die Auto turret. Dit voel darem nog asof ek deel is van die laai proses en nie bloot besig is om 'n masjien te werk nie.
Ek dink die Pro 1000 sal goed werk vir julle doel tensy julle van plan is om baie meer te begin skiet (kompetisie) en met meer wapens.
Beretta bring jy die vleis en ek bring ys dan kuier ons vir Remmington terwyl hy ons wys hoe vinnig hy kan laai!!
Ja nee die Dillon is seker die permanente oplassing maar as ek moet kies tussen die Dillon en my vrou kies ek my vrou.
Peet
Last edited by Pvdw on Mon Nov 05, 2012 9:29 am, edited 1 time in total.
Beretta ek het 'n vriend met 'n turret wat in sy garage l?. Ek gaan hom help opstel en aan die gang kom. Ek dink die oefening gaan my gou laat besef waarvoor ek my inlaat.