Page 1 of 1

22-250 Spoed

Posted: Fri Nov 02, 2012 7:45 am
by lapman
Goeie more, ek wil graag die slim manne se gevoel toets.

Ek het n Sako Forester 22-250 ge-erf en hom noudie dag die eerste keer deur die chrony laat loop.
Ek het n paar rondtes gelaai net om te kyk, met in agneming van die Somchem tebelle, watter spoed ek uit kry.
Kruit - S335
Punt - Sierra gameking 55gr hp bt
Primer - cci 200 large rifle

Ek het die volgende ladings gelaai en die spoed gekry:
30gr - 2930
32gr - 3096
34.5 - 3572 (met n klein effe teken van druk)

My vraag is. Somchem se riglyn gee op die puntgewig n lading aan van 31.2 gr max met n spoed van 3468? Ek kom nie naby die tipe spoed op die lading nie. Het een van julle al die selfde beleef?

Die 34.5 is ver oor die riglyn van Somchem maar die speod is min of meer waar ek dink n 22-250 se min spoed behoort te wees.

Groete en ek luister graag ???

Re: 22-250 Spoed

Posted: Fri Nov 02, 2012 8:17 am
by tripodmvr
Ek het wel nie die jongste boekie nie, maar die' toon max as 36 gr met spoed van 3671vps. Somchem het wel vir veiligheidsredes miskien die ladings verlaag.

Re: 22-250 Spoed

Posted: Fri Nov 02, 2012 8:31 am
by Dawie Malan
Lapman

Moenie die huidige onderprestasie van Somchem onderskat nie. Ek veneem dat van hulle kruite tot 18% onderpresteer. Ek weet nie wat S335 se prestasie tans is nie.

Dawie