Page 1 of 1
Hoeveld bosvarkke
Posted: Mon Oct 29, 2012 1:48 pm
by DanieDegenaar
Ons het gister bietjie gaan varke soek tussen Middelburg en Bethal (MP). Was dit darem maar lekker....
Hier is 'n foto om ander lus te maak:
Re: Hoeveld bosvarkke
Posted: Mon Oct 29, 2012 1:52 pm
by DWB
Baie mooi!
Daai beer het 'n laaang snoet!!!
Re: Hoeveld bosvarkke
Posted: Mon Oct 29, 2012 2:40 pm
by DanieDegenaar
Nou dat jy dit noem, sy neus het seker al baie mielies uit gehaal!
Re: Hoeveld bosvarkke
Posted: Mon Oct 29, 2012 5:20 pm
by stan man
eendag as ek groot is.
gelukkig is daar nie van daai by ons nie.
Re: Hoeveld bosvarkke
Posted: Mon Oct 29, 2012 7:24 pm
by christo gouws
Naand Vriend.
Dit is darem n mooi trop varke daardie.Ek het ook so n paar weke my eerste een in die nag geskiet en wat n belewenis!Baie geluk!
Christo.
Re: Hoeveld bosvarkke
Posted: Mon Oct 29, 2012 9:50 pm
by Chukudu
MOOI!! ek gaan die naweek probeer om 'n paar bymekaar te maak
Re: Hoeveld bosvarkke
Posted: Tue Oct 30, 2012 7:24 am
by De beer
Ons kon darm ook so paar laat bakkie ry die naweek. 2 skote 2 varke in die hardloop
Re: Hoeveld bosvarkke
Posted: Tue Oct 30, 2012 7:35 am
by DanieDegenaar
De beer wrote:
Ons kon darm ook so paar laat bakkie ry die naweek. 2 skote 2 varke in die hardloop
Goed gedoen! Dit gaan nie altyd so een skoot per vark nie.
Re: Hoeveld bosvarkke
Posted: Tue Oct 30, 2012 7:42 am
by DWB
Baie Mooi Christiaan!
Waar het julle gejag?
Ja, as mens soos ek skiet is dit meer skote en geen vark

Re: Hoeveld bosvarkke
Posted: Tue Oct 30, 2012 7:55 am
by DanieDegenaar
DWB wrote:
Ja, as mens soos ek skiet is dit meer skote en geen vark

Ja-nee kyk, en soms maak jy hulle net kwaad. Wou dit nie opsit nie, maar daai beer van my het my drie skote op 'n meter gekosĀ

Na die tweede een was hy darem maar kwaad vir my hoor...
Re: Hoeveld bosvarkke
Posted: Tue Oct 30, 2012 8:02 am
by GreyGhostGear
De beer wrote:
Ons kon darm ook so paar laat bakkie ry die naweek. 2 skote 2 varke in die hardloop
Lekker hemp wat jy daar aan het meneer!

Geluk met die varke..
Re: Hoeveld bosvarkke
Posted: Tue Oct 30, 2012 10:46 am
by DWB
Julle manne het my nou goed lus om bietjie agter die varke aan te hol!
Mag ook dalk die naweek!
Ek moet Petrie opvat op sy hoed
Lyk my ons moet dalk kyk na hemde ook

Re: Hoeveld bosvarkke
Posted: Tue Oct 30, 2012 11:19 am
by GreyGhostGear
DWB wrote:
Julle manne het my nou goed lus om bietjie agter die varke aan te hol!
Mag ook dalk die naweek!
Ek moet Petrie opvat op sy hoed
Lyk my ons moet dalk kyk na hemde ook
Deal is aan, ek wag net vir daai foto!

Re: Hoeveld bosvarkke
Posted: Tue Oct 30, 2012 11:20 am
by DWB
Hy sal kom! Geen net kans!
Re: Hoeveld bosvarkke
Posted: Tue Nov 06, 2012 1:06 pm
by Eardley
Mooi!Dis altyd vir my goed om te sien die manne raak so opgewonde oor bosvarke.Hulle is beslis iets anders.
Re: Hoeveld bosvarkke
Posted: Sun Jan 27, 2013 6:25 pm
by De beer
DWB wrote:
Baie Mooi Christiaan!
Waar het julle gejag?
Ja, as mens soos ek skiet is dit meer skote en geen vark
Ons het op settlers gejag. Die twee varke in die tamboekiegras gekry. Moet se dt was twee gelukkige skote. Haha. Nou die dag n hele magasyn leeg geskiet op n sog wat gehardloop het. Was n duur vark gewees