Page 1 of 1
243Win motivering
Posted: Mon Oct 29, 2012 8:36 am
by Hennie van der Merwe
Hi daar,
Het iemand dalk 'n voorbeeld van 'n 243Win motivering? Met al die 243's op die forum behoort daar seker baie te wees.
Asseblief en dankie,
Hennie
Re: 243Win motivering
Posted: Mon Oct 29, 2012 8:47 am
by BRNO (Pierre)
Jy het n PM
Re: 243Win motivering
Posted: Mon Nov 05, 2012 7:38 am
by PJB
Hi manne, ooms en tannies (HAha)
Hi Hennie sorry vir die hijack van jou post!
Ek wil ook so gou moontlik my 243 koop dalk sommer more! Maar het ook n motivering nodig! So asb as jy iets gekry het laat weet my as jy wil!
Groete
Pieter
Re: 243Win motivering
Posted: Mon Nov 05, 2012 7:58 am
by Armand Steenkamp
PM vir Jagters Reg Motiveering op die forum(Kobus)
Hy doen vir jou n uitstekende motiveering teen n baie billlike prys.
Groetnis
Re: 243Win motivering
Posted: Mon Nov 05, 2012 3:27 pm
by Marc
So as julle manne geholpe is, kan 'n openbare dankie nie skade doen nieĀ
As julle nog sukkel PM my gerus
Re: 243Win motivering
Posted: Fri Nov 23, 2012 8:11 am
by PJB
Regtig jammer ekt nie eers dankie gese nie! Ek het toe reg gekom by Pierre! Baie dankie! Ek was net so opgewonde dat ek nie eers gedink het om dankie te se nie!
Nou is dit vir die lang wag!
Groete
Pieter
Re: 243Win motivering
Posted: Fri Nov 23, 2012 8:33 am
by G-force
Myne het min of meer so gelyk maar in engels geskryf.Hy is goedgekeer so twee weke terug.Dit was maar net n paar sinne.
"Ek wil die .243 gebruik vir klein bok jag soos bv springbokke en rooibokke.Ek het die geweer meestal nodig vir jakkals beheer in die nag,omdat die kaliber so plat skiet en dit moeilik is om aftsrand te raai in die aand maak dit die skoot makliker."
Re: 243Win motivering
Posted: Tue May 28, 2013 12:52 pm
by james 303
Hi as daar nog iemand is wat kan help met n 243 motivering sal ek dit wardeer wil dit as voorbeeld gebruik baie dankie.