Page 1 of 1

Hornady Doppe (Hoe goed is hulle?)

Posted: Fri Oct 26, 2012 3:31 pm
by VdWalt
Goeie Middag - ek het uit eindelik besluit op beter doppe vir my 300
te koop en nou het die hele Gauteng niks anders behalwe Horndy doppe.

Hoe goed is hulle? Wag ek maar eerder tot ek Lapua of Norma doppe kry?
Of dalk Noslers?

Re: Hornady Doppe (Hoe goed is hulle?)

Posted: Fri Oct 26, 2012 4:49 pm
by Herman Huyser
Ek gebruik Nosler doppe in my 30.06, by die derde herlaai en hulle het nog nie probleme gegee nie.

Re: Hornady Doppe (Hoe goed is hulle?)

Posted: Sun Oct 28, 2012 8:03 am
by VdWalt
Ek lees so wat die julle se oor die doppe en ek moet se julle is
ook nie goed vir my budget nie  ;D 

[img width=560 height=420]http://i357.photobucket.com/albums/oo17 ... Nosler.jpg[/img]

Re: Hornady Doppe (Hoe goed is hulle?)

Posted: Sun Oct 28, 2012 8:14 am
by blaser
Ek gebruik hornady  204 doppe met sukses

Re: Hornady Doppe (Hoe goed is hulle?)

Posted: Sun Oct 28, 2012 11:53 am
by Kalahari
Ek het 'n pakkie gekoop vir 223, doppe geweeg en baie teleurgesteld. Gewigte van 90gr tot amper 95gr geweeg oor 50 doppe? Vrede met die Norma's van 22.250 en 30.06. Nog net 20 hornady's gelaai vir 223 en te min geskiet om te se oor akkuraatheid (invloed van verskil in gewigte.

Re: Hornady Doppe (Hoe goed is hulle?)

Posted: Sun Oct 28, 2012 12:08 pm
by VdWalt
Ek het gou vanmore paar skote met die nuwe Nosler doppe gaan skiet, die spoed
was hoog!! Maar die doppe het nog steeds maklik uit gekom maar die groepeerings lyk
sommer mooi. Net twee skote met 365 geskiet en 2 met 361 en toe besluit om maar eeder
laer te gaan met die ladings.

Re: Hornady Doppe (Hoe goed is hulle?)

Posted: Sun Oct 28, 2012 2:04 pm
by Wouter Roets
Hallo Manne

Ek het al van te vore genoem van die 500 doppe wat ek gekry het in die 6.5 Creemore. Hulle gewigte het ook geweldig verskil op 400 doppe. Die ander 100 was nie geaneal nie en is toe uiteindelik opgeruil. Op hierdie nuutste 100 doppe was hulle heelwat swaarder maar beter in die konstandheids departement. So 2gr uit op so 90% van die doppe wat nie sleg is nie maar ook nie briljant as jy in ag neem dit is n kleinerige dop nie.

Ek het na die eerste 500 doppe n e-pos aan Hornady gestuur om my teleurstelling uit te spreek oor sowel die gewigsverskille en die feit dat 100 nie geaneal was nie. Hulle het aangebied op die 100 doppe om te ruil deur die agent hier maar het genoem dat die gewigte binne spesifikasie is. Dit is bitter teleurstellend van n vervaardiger wat juis met hierdie kaliber fyn skiet in gedagte het.

Daar is maar n rede hoekom n mens meer betaal vir Lapua, Nosler en Norma doppe en hier blyk dit weer duidelik te wees.

Groetnis
Wouter

Re: Hornady Doppe (Hoe goed is hulle?)

Posted: Sun Oct 28, 2012 2:33 pm
by VdWalt
Vir R100 verskil het ek die regte besluit gemaak. Dit is die ander R 1000 se goedtjie wat by S &O
in my mandtjie gespring het wat die doppe so duur maak  ;D  ;D.

Re: Hornady Doppe (Hoe goed is hulle?)

Posted: Sun Oct 28, 2012 3:31 pm
by Carl
VdWalt wrote: Vir R100 verskil het ek die regte besluit gemaak. Dit is die ander R 1000 se goedtjie wat by S &O
in my mandtjie gespring het wat die doppe so duur maak  ;D  ;D.
Ai ken daai moeilikheid.

Re: Hornady Doppe (Hoe goed is hulle?)

Posted: Mon Oct 29, 2012 1:00 pm
by Stefan764
Manne

Ek het nou presies n jaar se skiet-ondervinding met my 375Ruger en my eerste 50x Hornady doppe nog almal "in tact".

Het hulle nou die 8x ste keer gesize, laai hulle nou weer. Geen krakies of barste.

Re: Hornady Doppe (Hoe goed is hulle?)

Posted: Mon Oct 29, 2012 1:21 pm
by Louis Kriel
Ek verkies ook om Hornady doppe te koop vir my 375R.  Hoofsaaklik omdat net Hornady daai doppe maak! :) Moet se dis van baie goeie gehalte en ek is seker ek gaan hulle sommer nog baie kere herlaai.  Hulle is 'n minimum van 6 keer herlaai, maar ek tel nie meer nie.