Page 1 of 1

Nuwe loop

Posted: Thu Oct 25, 2012 4:08 pm
by james 303
Hi ek wil graag weet wat is die kostes rondom n nuwe loop..dit is vir n .30 kaliber Dankie

Re: Nuwe loop

Posted: Thu Oct 25, 2012 5:26 pm
by tripodmvr
'n Nuwe loop kan selfs meer as van die goedkoper Howas, Savage of Merlin kos. Oordentlike loop R5000-7500 + geweersmid se fooi + nuwe lisensie.

Re: Nuwe loop

Posted: Thu Oct 25, 2012 5:59 pm
by james 303
7500 sonder geweersmid se geld ? En kan julle my asb verduidelik hoe werk dit met die lisensie watse papierwerk kort n mens en hoe lank vat so n proses kry jy jou wapen terug van gunsmid en dan wag jy vir jou nuwe lisensie of anders om

Re: Nuwe loop

Posted: Sat Nov 03, 2012 9:22 am
by Monrique (SJ)
Dagse Louis

Loop vervangings is so in die omtrek van R9000+ afhangend waar jy dit laat doen en watter loop profiel jy verkies. Dit sluit al die werk dan in.

Luister gerus by Andre Mojet ook, hy maak self lope en verkoop tans vir R4500. Daar spaar jy reeds al n goeie R1000-R1500. Gaan loer gerus hier: http://www.mharms.co.za/

Groetnis

Re: Nuwe loop

Posted: Wed Dec 18, 2013 7:46 am
by vossie
More manne ek het n .270 met n Wilson loop.werk met Maueser aksie,wat my oupa self aan mekaar gesit het vir my.So ek is heilig op geweer.Ek wil net hoor waste loop is beste.ek het gehoor Truvelo is baie goed asook "bullbarrel"?Ek skiet bitter baie skote per jaar so wil eenkeer n oordentlike ding opsit.Ek sukkel baie nadat ek in dou gejag het.dus n "floating barrel" so na die dou slaan loop teen kolf wat akuraatheid verminder asook groepering.Moet n mens dalk dink aan sintetiese kolf ook?

Re: Nuwe loop

Posted: Wed Dec 18, 2013 10:55 am
by Johan Nel
louis 303 wrote:7500 sonder geweersmid se geld ? En kan julle my asb verduidelik hoe werk dit met die lisensie watse papierwerk kort n mens en hoe lank vat so n proses kry jy jou wapen terug van gunsmid en dan wag jy vir jou nuwe lisensie of anders om
Louis, Ek wil he dat jy 'n geweersmid nader vir die vervanging van die loop. Hy fasiliteer dan die aansoekproses om toestemming om die loop te vervang. Na die toestaan van die toestemming en uitreiking van die nodige dokumente, word die loop dan vervang.

Re: Nuwe loop

Posted: Mon Dec 23, 2013 10:25 am
by johan
Vossie PM my jou sel nommer dan gesels ons.

Re: Nuwe loop

Posted: Mon Dec 23, 2013 3:17 pm
by NEGE3
Jy kan ook vir Kloppers in Bloemfontein kontak. Het gesien hulle verkoop Musgrave lope. R3,240
Tel 051 400 5500/70 Ruan Klopper

Sahara Arms in Pretoria het ook Musgrave lope vir R3,500. Lope is klaar geprofiel, gekamer en draad gesny.
Tel 012 386 4049 Reinhardt.

Re: Nuwe loop

Posted: Mon Dec 23, 2013 4:18 pm
by johan
Dankie Nege3,Vossie laat Kloppers sommer gou vir jou die loop vervang.
Jy sal nooit weer teen daai prys n nuwe loop kry nie.

Re: Nuwe loop

Posted: Mon Dec 23, 2013 4:57 pm
by Gerrie Smith
Ons doen die Truvello loop, opgesit R6600-00!

Re: Nuwe loop

Posted: Mon Dec 23, 2013 6:21 pm
by spekieries
Gerrie

Is dit die standaard loop of die match loop van Truvello?

Sluit dit die volgende in:

Loop geprofiel
Kamer gesny
"Thread" en kopspasie
Geblou
Kroon gesny
SABS proef.

Groete

Re: Nuwe loop

Posted: Mon Dec 30, 2013 4:43 pm
by Gerrie Smith
[

Loop geprofiel
Kamer gesny
"Thread" en kopspasie
Geblou
Kroon gesny
SABS proef.

Alles gedoen, net reg vir inskiet!

Re: Nuwe loop

Posted: Mon Dec 30, 2013 8:03 pm
by 243Songdaug
Hi Gerrie. Kan jy hom in 303 Epps vir my doen? Ek skiet tans 1 op 'n P14 aksie.

Re: Nuwe loop

Posted: Tue Dec 31, 2013 11:54 am
by Gerrie Smith
243Songdaug wrote:Hi Gerrie. Kan jy hom in 303 Epps vir my doen? Ek skiet tans 1 op 'n P14 aksie.
Ons sal dit kan doen - Truvello sny amper enige iets - ek sal net eers moet sekermaak oor die prys as hulle weer oop is.

Re: Nuwe loop

Posted: Tue Dec 31, 2013 11:57 am
by 243Songdaug
Dankie Gerrie. Laat hoor gerus.