Page 1 of 2

"Nuwe" Impala PH Solids

Posted: Tue Oct 23, 2012 8:37 am
by Stefan764
More manne

Ek weet nie of ek dit al mag noem nie, maar oom Kobus du Plessis van Impala is besig om "nuwe" (improved is seker die beter woord  ;D ) solids te launch. Niks aan die Impala se werkverrigting of metaal het verander nie, slegs een of drie tegniese puntjies om n lekker solid te bou vir die Grootwildjagter en ook spesefiek vir Profesionele Jagters wat opvlogskote moet skiet.

Die koeel kom in 4x kalibers, elkeen in net een gewig uit:

.375" kom in 'n 300gr
.416" kom in 'n 400gr
.458" kom in 'n 500gr
.510? kom in 'n 535gr

Die verskille (behalwe die feit dat hulle swaarder as die normale Impalas is) is dat die koeel n lekker groot meaplat het en ook dat hy n lekker groot crimping groove het wat spesifiek vir die swaar recoil kalibers daar gesny is om te verhoed dat rondtes in jou magasyn se koeels instamp in die dop in as gevolg van swaar recoil.

Ek kan nie sien dat hierdie solids enigsins hoef terug te staan vir enige ander brass solid soos die Rhino of selfs die alombekende Barnes nie. Wat soek n man in n solid? Jy soek reguitlyn penetrasie. En dan moet die koeel ook natuurlik nie vervorm nie. Die feit dat die Impala aan beide hierdie vereistes voldoen (in my beskeie opinie en minimale toetse) PLUS dat hy 1/3 van die prys van n Barnes is maak dit vir my die moeite werd om hom te skiet. Wat is die aplikasie vir n solid in my (die jagter) se geval? Seekoei kopskoot, Olifant kopskoot en buffel of soortgelyke groot dier opvolgskoot. Ek sal enige van hierdie take aanpak met n Impala solid in my geweer sonder om enigsens te twyfel.

375Ruger & 450Rigby, groete,
Stefan

Re: "Nuwe" Impala PH Solids

Posted: Tue Oct 23, 2012 8:41 am
by Frederik
Ek gebruik nou al paar jaar die 270gr koeel in my 375 H&H en die enigste verskil is maar die gewig van 270 of 300 en die diere kon nog nie die verskil vir my vertel nie. Reguit lyn JA en hulle skiet ook lekker akkuraat.  ;D

Re: "Nuwe" Impala PH Solids

Posted: Tue Oct 23, 2012 8:45 am
by DWB
Ek sal maar dat iemand hul moet vra oor die .366......

Diskriminasie is 'n vreeslike ding  ;D

Re: "Nuwe" Impala PH Solids

Posted: Tue Oct 23, 2012 8:49 am
by Frederik
DWB,

Gaan praat met die regering grootwild mag net met 'n  minimum van .375 kaliber in ons land geskiet word.
Koop vir jou ene  ;D ;D ;D ;D

Re:

Posted: Tue Oct 23, 2012 8:59 am
by Stefan764
Manne

Hier is die eerste (en enigste) groep wat geskiet is met my 375Ruger. Die spoed moes 2400fps gewees het maar agv van die swak prestasie van S365 op die oomblik het ons 5% tekort geskiet en n spoed van 2260fps behaal. Nogtans nie sleg vir n .375? op 100m nie

Image

Re: "Nuwe" Impala PH Solids

Posted: Tue Oct 23, 2012 9:00 am
by DWB
Frederik, daar is sekere Provinsies wat die 9.3 toelaat.

Daar staan 'n Drie Skewe Vyf in my kluis....

Re: "Nuwe" Impala PH Solids

Posted: Tue Oct 23, 2012 9:01 am
by DWB
Stefan daar neig jy alweer na die 9.3.... HAhahahahaha

2260ft/s

Re: "Nuwe" Impala PH Solids

Posted: Wed Oct 24, 2012 11:16 am
by Swede
Stefan764 wrote: Wat is die aplikasie vir n solid in my (die jagter) se geval? Seekoei kopskoot, Olifant kopskoot en buffel of soortgelyke groot dier opvolgskoot. Ek sal enige van hierdie take aanpak met n Impala solid in my geweer sonder om enigsens te twyfel.

375Ruger & 450Rigby, groete,
Stefan
Stefan

Jy bedoel seker breinskoot en nie kopskoot  :) :)nie

Re: "Nuwe" Impala PH Solids

Posted: Wed Oct 24, 2012 1:29 pm
by Stefan764
Korrek  ;D

Re: "Nuwe" Impala PH Solids

Posted: Wed Oct 24, 2012 6:30 pm
by Frederik
DWB wrote: Frederik, daar is sekere Provinsies wat die 9.3 toelaat.
Nou leer jy my iets watter provinsies nogal en vir watter wild ek ken net Limpopo se wette redelik goed.

Stefan hoeveel kruit het julle gegooi as ek mag vra was ook baie teleurgestel met S365 nou die dag.

Re: "Nuwe" Impala PH Solids

Posted: Thu Oct 25, 2012 9:00 am
by Stefan764
Ek het op die 375Ruger toe 76gr S365 gegooi om n spoed van 2400fps te kry. Groepering was net oor n duim op 100m

Re: "Nuwe" Impala PH Solids

Posted: Fri Oct 26, 2012 6:20 am
by DWB
Frederik, sover ek weet mag jy nog in Mpumalanga ;D

Re: "Nuwe" Impala PH Solids

Posted: Fri Oct 26, 2012 8:14 am
by Frederik
DWB wrote: Frederik, sover ek weet mag jy nog in Mpumalanga ;D
Nou sien ek hoekom jy daar bly  ;D

Stefan as ek reg onthou het ek by 74gr S365 gestop in my 375 H&H en die 270gr koele ook maar 2460 fps gekry ek het gehoop om so rondom 2600fps te slaan volgens QL  >:(

So as julle manne hoor van 'n S365 wat volgens spec is skree maar.

Re: "Nuwe" Impala PH Solids

Posted: Fri Oct 26, 2012 8:43 am
by Gerhard
Stefan764 wrote: Wat is die aplikasie vir n solid in my (die jagter) se geval? Seekoei kopskoot, Olifant kopskoot en buffel of soortgelyke groot dier opvolgskoot. Ek sal enige van hierdie take aanpak met n Impala solid in my geweer sonder om enigsens te twyfel.

375Ruger & 450Rigby, groete,
Stefan
Stefaan,

n Seekoei se kop is sag.

Jy skiet hom met gemak met n 303 of 3006 en 180gr dood. Jy jou skoot plaasing moet pin point wees.

Maar as jy hom raak loop buite die water gaan daai 300gr solid beslus mooi werk.

Ek sal as ek die geleentheid het om die duk velle en groot voete sou ek die eerste skoot TSX 300gr gelaai het met 300gr solids onder hom.

Gaan lees wat se die "ou" manne oor n 375 veral oof buffel jag.

Jy moet baie seker maak oor wat agter jou teiken dier staan want n 375 fluit deur n buffel bul...

So dalk is 300gr teen 2250fps n beter keuse as n 300gr teen 2400fps + ?

Wat dink jy???

Re: "Nuwe" Impala PH Solids

Posted: Fri Oct 26, 2012 8:46 am
by Wouter Roets
Freek

As n reel is S365 te stadig verbrandend in die 375 H&H om effektief te gebruik(dis nou as S365 werk soos hy moet). Dis net by swaar koeels in die kaliber waar hy tot sy reg kom en oorweeg kan word. S355 sal n baie beter keuse wees veral met die 270gr klas koeels.

Groetnis
Wout

Re:

Posted: Wed Mar 06, 2013 8:16 am
by DWB
Ek wil net gou weer die foto sien :D


https://dl.dropbox.com/u/55333818/imp300.jpg

Re:

Posted: Wed Mar 06, 2013 11:11 am
by ZKK
Goeie more Stefan
Het julle al die 300gr Impala's in vooraad?

Groete

Re:

Posted: Wed Mar 06, 2013 9:48 pm
by Gerhardu
Ek gebruik S335,65gr op n 300gr punt teen 2450fps.
Probeer dit dalk.

Re:

Posted: Thu Mar 07, 2013 3:34 pm
by Stefan764
Hallo manne

Ek het vandag met oom Kobus gesels. Om verskeie redes gaan die koeels nie winkelrakke toe nie en ek verstaan sy redes 100%

Hy het wel vir my gese daar is baie voorraad by hom en hy verkoop dit direk aan die manne wat soek, julle kan hom direk kontak op impalabullets@icon.co.za

Ek het n klomp van die 375 300greiners gelaai, wag nou net dat die regte geleentheid hom voordoen...

Groete
Stefan

Re:

Posted: Thu Mar 07, 2013 4:10 pm
by Frederik
Stefan, hoekom wil jy liewers die 300gr he teen die 270gr wat tans op die rakke is ?
Ek is dood gelukkig met die 270gr hy loop soos stroop.

Re:

Posted: Thu Mar 07, 2013 4:27 pm
by Stefan764
Nee Freek dis n geldige punt. Ek hou maar net van die idee van n 300gr Solid (seker oor n 9,3 hom nie kan skiet nie hehehehe) en n 500gr in die 458 kaliber...

Ek moet se die groot meplat en die lekker fris crimping groove is vir my die 2x groot punte wat uitstaan met die swaarder Impala

Re:

Posted: Thu Mar 07, 2013 4:28 pm
by DWB
Snaaks dat mens tot 320gr vir die 9.3 kry..................

Re:

Posted: Thu Mar 07, 2013 4:29 pm
by DWB
Ek het die oom ge-email maar nog niks terug gehoor nie

Re:

Posted: Thu Mar 07, 2013 5:07 pm
by DWB
Ek en Oom Kobus het nou lekker gepraat en my eerste 100 286gr PH Solids gaan binnekort in die pos wees!

Dis lekker om goeie kwaliteit solids te kan kry teen helfte van die prys van die meer populere fabrikate

Re:

Posted: Thu Mar 07, 2013 5:19 pm
by Frederik
Lekker skiet manne.