Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Wil gou 'n vragie in julle rigting gooi: Ek herlaai my 9mmP rondtes vir praktiese pistoolskiet, en gebruik dus 'n hele paar duisend punte per jaar. Ek het nog altyd die Frontier CMJ Swaged punte gebruik, waarmee ek heel tevrede is. 'n Vriend reken hy laai nog al die jare sy .45 rondtes met loodpunte, en het nie probleme nie. Die loodpunte is natuurlik ook aansienlik goedkoper.
My vraag is nou - wat is die voordele en nadele van bogenoemde punte? Watter een is beter?
Dank byvoorbaat.
PaulM
Soos ons vadere vertrou het,
Leer ook ons vertrou, o Heer.
Met ons land en met ons nasie
Sal dit wel wees, God regeer.
EK het ook praktiese psitoolskiet gedoen baie jare terug en net loodpunte geskiet.
Voordele: baie goedkoper en minder slytasie op die loop. Baie akkuraad. Kan loop laat meet en regte grootte loodpunte skiet bv .355 of .357 in 9mm.
Nadele: Meer moeite om te laai -moet altyd lube van basis afvee. Bietjie meer rook agv lube in loop. "Lead fouling" kan voorkom -weet nie of dit die loop benadeel of beskadig nie.
Ja, die CMJ's is minder van 'n gemors. As jy lood skiet sukkel jy maar om die loop skoon te kry - en alle ander onderdele van die vuurwapen ook... As jy herlaai met loodpunte moet jy na regte handskoene dra. Die lood word deur jou vel opgeneem - min ouens besef dit. As jy skiet, is daai vaal looddampe bitter giftig. Dit word in binneshuise skietbane verbied.
Ek skiet nou net CMJ's uit my 9mm Glock 19. Ek het destyds met my Star Mod.30 en CZ 75 lood gepomp vir dood. Ek het heeltyd 'n ligte bewerasie gehad van Hoppes nr. 9 se newe-effekte... Daardie goed is meer giftig as die lood
Met 'n 45ACP en swaar koeels, werk cast koeels goed. Die laer spoed veroorsaak minder fouling as by die 9mil.
Stel dit egter op die proef en kyk of dit vir jou werk. Maak net daardie loop elke keer bitter goed skoon - sommer terwyl hy nog warm geskiet is. Die volgende dag is dit 10 keer moeiliker...
Mooiloop!
Hein M
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
Eerstens: Laat ons die 4kleure wapper! Jy die TVL, ek die OVS.
Eksit in dieselfde bootjie as jy met IPSC, maar oorweeg nie eens om lood in my Glock te skiet nie, want met sy gladde loop is lood koe?ls blykbaar meer geneig om te smeer as met gegroefde lope.
Glock stipuleer uitdruklik dat lood koe?ls jou waarborg breek.
As jy die Glock handleiding mooi lees sal jy sien dat jou waarborg verval as jy enige herlaaide ammo skiet... So myne se waarborg het al 13 jaar gelede verval
Hein M
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
Wat vir my baie interessant was is dat ek my Glock gekry het op die dag dat ons 'n liga skiet gehad het en die manne van Dave Sheer (die Glock agente) was ook daar. Ekt hulle gevra om vir my ammunisie saam te bring. En hul het hul eie herlaaide ammo gebring (Global precision ammo). So my waarborg het al met skoot nommer 1 verval!!
Maar hul het my ook gewaarsku teen lood koe?ls. Blykbaar kan dit gevaarlik raak.
Dankie vir die terugvoer, manne. Ek bly maar by die CMJ's, ek is in elk geval nie baie lief vir vuurwapen skoonmaak nie!
Terloops, Penkop, ek was gister na afloop van die die IPSC Nationals by die Eeufeesskietbaan, gou weer daar by die Voortrekkermonument
in. Ai, dit doen 'n Boerehart goed om so af en toe daar verby te gaan, maar dit laat my in diepe kommer oor die huidige geslag "Boer"....
PaulM
Soos ons vadere vertrou het,
Leer ook ons vertrou, o Heer.
Met ons land en met ons nasie
Sal dit wel wees, God regeer.
Wat vir my baie interessant was is dat ek my Glock gekry het op die dag dat ons 'n liga skiet gehad het en die manne van Dave Sheer (die Glock agente) was ook daar. Ekt hulle gevra om vir my ammunisie saam te bring. En hul het hul eie herlaaide ammo gebring (Global precision ammo). So my waarborg het al met skoot nommer 1 verval!!
Maar hul het my ook gewaarsku teen lood koe?ls. Blykbaar kan dit gevaarlik raak.
Dit is so...
Ek het spesifiek destyds vir Glock e-posse gestuur en hulle het dit bevestig. Eintlik moerse belaglik, maar ek dink dit is om hulleself teen uitbetalings te verseker as ouens mal gaan met ladings
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein