Paar vrae oor Geweer Teleskoop vir Lang Afstand skiet en ook Skiet Kompetisies
Posted: Sun Oct 21, 2012 1:38 pm
Goeie Middag Almal
Ek stel baie belang in lang afstand skiet en ook om meer gereeld deel te neem aan byvoorbeeld SA Jagters se Skiet tabelle.
Ek wil graag julle raad en ondervinding vra oor watter teleskoop om te koop. Die geweer wat ek beplan om te gebruik is 'n 284 Win.
My vrae is soos volg :
1. Moet dit FFP(First Focal Plane) of SFP(Second Focal Plane) teleskoop wees? Ek was baie verbaas gewees om uit te vind dat teleskope soos die Nighforce NSX 5.5-22x50 met NP-R1 /2 egter SFP teleskope is. Ek neem aan die mense koop die scopes aangesien die afstande wat geskiet word bekend is en nie nodig is om enige afstand berekening hoef te doen nie deur die teleskoop "reticle" te gebruik nie.
2. Ek het nie die fondse vir 'n Nightforce nie en kyk na ' Sightron 6-24x50 LRMOA of Vortex Viper PST 6-24x50 FFP EBR1-MOA aangesien hulle min of meer glo dieselfde kos. Het enige Jaracal lede al van die teleskope gebruik en wat was julle ondervindinge?
Ek is bewus van al die ander forums soos Longrangehunting en Sniperhide ens wat hierdie vrae dek en ook detail verskaf oor hoe die FFP/SFP teleskope werk, maar ek stel belang in lede van die Jaracal forum se eie ondervinding.
Ek hoor graag van julle.