Page 1 of 1
Cerakote / Gunkote
Posted: Sat Oct 20, 2012 7:26 am
by Stasoft
Goeie more almal
Wil graag hoor of iemand bewus is van 'n plek in die PE omgewing wat Gunkote / Cerakote werk doen?
Lekker naweek.
Re: Cerakote / Gunkote
Posted: Sat Oct 20, 2012 7:36 am
by tripodmvr
Ek dink slaan die drade of selfoon na jou geweerwinkels. Hulle sal moontlik weet van iemand naby wat dit doen.
Re: Cerakote / Gunkote
Posted: Sat Oct 20, 2012 8:01 am
by Stasoft
Ek het al daai oefening probeer maar ongelukkig was hulle nie baie behulpsaam nie.
Re: Cerakote / Gunkote
Posted: Sat Oct 20, 2012 8:22 am
by Stasoft
Andy Fuller van Fuller Firearms in Knysna is glo die naaste plek
Re: Cerakote / Gunkote
Posted: Sat Oct 20, 2012 9:26 am
by Gerhard
Ek beplan om Cera Cote volgende jaar op my 375H&H te sit.
Armtec sal dit vir my doen...
Re: Cerakote / Gunkote
Posted: Sat Oct 20, 2012 12:28 pm
by DieKraai
Ek wil ook een van my gewere laat guncoat. Hoor die ouens praat net van Kal-guard hier in die Kaap. Het al 'n geweer gesien wat ge Kal-guard is, maar hou nie baie daarvan nie. Blykbaar doen die polisie se werkswinkel dit. Die Cerakote afwerking lyk vir my beter en ek hoor dis baie sterker en meer duursaam as kal-guard. Weet iemand of hier iemand in die kaap is wat Cerakote jobs doen?
Ek weet van ou in Epping in Kaap wat ook guncoatings doen - maatskappy se naam is Hydrographics.Het hom al gekontak, maar hy se hy gebruik "automotive" verwe soos Spies Hecker and 2k topcoat. Enige van julle manne dit op julle gewere al laat sit?
Mooibly.
Re: Cerakote / Gunkote
Posted: Sat Oct 20, 2012 1:36 pm
by DieKraai
Piet
Ek stem saam met jou. Die polisie s'n is nie mooi nie. Wat het ARMS gebruik? Cerakote? Of daai verwe wat ek genoem het wat die man by Hyrdogrpahics gebruik?
Mooibly
Re: Cerakote / Gunkote
Posted: Sat Oct 20, 2012 8:41 pm
by Chukudu
kal-guard is mos wat die Army ook gebruik. ek weet ons het bruin en swart. Kal-guard maak ons geweerolie ook (CLP)
Re: Cerakote / Gunkote
Posted: Sat Oct 20, 2012 9:07 pm
by Frikkie Coetzee
Stasoft wrote:
Goeie more almal
Wil graag hoor of iemand bewus is van 'n plek in die PE omgewing wat Gunkote / Cerakote werk doen?
Lekker naweek.
Soek vir John du preez.
Hy doen dit in PE maar ek het nie n nommer nie.
PS daar is n olie met die naam Kal Guard. Is julle seker oor die naam vir die polisie se proses? SAP gebruik wel die olie.
Frikkie
Re: Cerakote / Gunkote
Posted: Wed Dec 05, 2012 10:07 pm
by Christoff Bosch
Ek het my 7mm STW by hydrographics laat doen en toe ek die loop uit die pakkie haal en die bruin tape wat hulle om die loop gedraai het afhaal toe kom al die coating af daai goed is so dun jy kan dit nie glo nie ek sal dit vir niemand aanraai nie. Ek het dadelik die loop maar laat sandblast en dit was n goeie R1000 wat ek gemors het op courier en al die dinge.
Laat doen cerakote ek hoor dit is nogal durable.
Groete
Christoff
quote author=DieKraai link=topic=15460.msg196595#msg196595 date=1350728926]
Ek wil ook een van my gewere laat guncoat. Hoor die ouens praat net van Kal-guard hier in die Kaap. Het al 'n geweer gesien wat ge Kal-guard is, maar hou nie baie daarvan nie. Blykbaar doen die polisie se werkswinkel dit. Die Cerakote afwerking lyk vir my beter en ek hoor dis baie sterker en meer duursaam as kal-guard. Weet iemand of hier iemand in die kaap is wat Cerakote jobs doen?
Ek weet van ou in Epping in Kaap wat ook guncoatings doen - maatskappy se naam is Hydrographics.Het hom al gekontak, maar hy se hy gebruik "automotive" verwe soos Spies Hecker and 2k topcoat. Enige van julle manne dit op julle gewere al laat sit?
Mooibly.
[/quote]
Re: Cerakote / Gunkote
Posted: Thu Dec 06, 2012 7:17 am
by iceman1982
Armtec doen Ceracote. Courier net jou barreled action op, dan is die courier ook nie so duur nie. Lyk goed en is taai. Sal dit aanbeveel.
Re: Cerakote / Gunkote
Posted: Thu Dec 06, 2012 7:20 am
by Frikkie Coetzee
More Christoff
n Vriend van my in PE het syne laat guncote. Na sowat 5 jaar was syne nog fine. Wonder of jy nie net n slegte job gekry het nie?
Hoe was Olifantsfontein?
Ek gaan een van myne laat doen dan laat ek jou weet hoe dit gaan.
Frikkie
Re: Cerakote / Gunkote
Posted: Thu Dec 06, 2012 1:53 pm
by tafjak
Frikkie
Moenie dat ek gewaar dat jy in die skerpkop se rigting werk nie. Ek vermoed ons is in die selle rigting oppad.
Mooiloop
Re: Cerakote / Gunkote
Posted: Thu Dec 06, 2012 3:03 pm
by Frikkie Coetzee
Inderdaad Taffie.
My vrou wil haar 243 pienk he en die man steun haar in die "besluit" PS my avatar is n groep wat ek en hy Sondag geskiet het met my 6.5 om die silencer te toets.
Gaan my 8x57 witloop gee en rooi silencer en hom "Lollypop" noem
Frikkie
Re: Cerakote / Gunkote
Posted: Thu Dec 06, 2012 3:20 pm
by tafjak
Frikkie
Ja, sou graag die roer van my 'n rooiloop wou gee met so paar witsirkels en hom HAARKAPPER doop!
Trim lately al wat jakkals is se hare.
Mooiloop
Ps. So by the way, darie six-and-half lyk deftig op die nommers verneem ek.
Re: Cerakote / Gunkote
Posted: Thu Dec 06, 2012 3:22 pm
by Frikkie Coetzee
129 Hornady SP Br2 Primers ES 19 en 2930 gemiddeld
warm loop en ammo gaan op na so 2970 met es van 26
Gaan hom ook cote
Frikkie
Re: Cerakote / Gunkote
Posted: Tue Apr 23, 2013 1:47 pm
by the kid
Ek is opsoek na iemand wat die in die Durban omgewing kan doen. Ek het nou al almal gebel wat ek van weet maar kom nie reg nie.
Weet iemand dalk van iemand in DBN?
Hoe lank neem so storie? Sal ek met 'n iemand kan reel wat dit doen dat ek die geweer/gewere in die oggend bring en dit dan die middag of volgende dag terug kry? Dan kan ek dalk plan maak om een of andertyd op te ry PTA en dit te laat doen.
Re: Cerakote / Gunkote
Posted: Tue Apr 23, 2013 2:36 pm
by G-force
Re: Cerakote / Gunkote
Posted: Tue Apr 23, 2013 2:45 pm
by theedge
Gromit wrote:Stasoft wrote:
Goeie more almal
Wil graag hoor of iemand bewus is van 'n plek in die PE omgewing wat Gunkote / Cerakote werk doen?
Lekker naweek.
Soek vir John du preez.
Hy doen dit in PE maar ek het nie n nommer nie.
PS daar is n olie met die naam Kal Guard. Is julle seker oor die naam vir die polisie se proses? SAP gebruik wel die olie.
Frikkie
Hy ook John Gun Service. Het ook nie meer sy nrs nie sorry