Page 1 of 1
IS DIT NIE MOOI NIE
Posted: Fri Oct 19, 2012 12:48 pm
by Ian
Ek was langs Madikwe om te jag in die week en het hierdie Koggelmander afgeneem. Soos ek verstaan verkleur hy net in die oggend vir 'n ruk. Ek het hom later weer gesien en toe is hy die kleur van die bas en hy het my nie kans gegee om weer 'n foto te neem nie. Hy hardloop heeltyd om die stam van die boom en probeer my vermy. Eerste keer in my lewe dat ek so 'n pragtige dier sien.
Re: IS DIT NIE MOOI NIE
Posted: Fri Oct 19, 2012 1:21 pm
by Jakkalsgat
Ian
As daai ou se lyf eers son gekry het hardloop hy vir jou weg, die een afgeneem is Marlothpark en is al ligter.
[img width=560 height=420]
http://i1156.photobucket.com/albums/p57 ... ure038.jpg[/img]
Dankie vir die deel van jou fotos, altyd mooi.
Groete
Jaco
Re: IS DIT NIE MOOI NIE
Posted: Fri Oct 19, 2012 1:25 pm
by tripodmvr
Kan onthou as kind was hulle landwyd nogal volop. Ek dink die gebruik van giwwe het hul getalle drasties laat afneem.
Re: IS DIT NIE MOOI NIE
Posted: Fri Oct 19, 2012 1:58 pm
by Hugo
Hulle is nogal vollop by ons op die plaas, het al een in die boskamp gekry toe val hy uit die boom uit reg voor my op die gras, toe kry ek n semi beroerte op die gras en moes n skoon onder broek gaan aantrek het,
Ekt erens n foto van die een wat by die huis in die boom bly, hys baie arrogant, en kom tot op die gras en kyk jou uit jou geloof uit.
Re: IS DIT NIE MOOI NIE
Posted: Fri Oct 19, 2012 2:04 pm
by prohunt
Hallo Ian,
Ek het dit altyd gehad dat die met die blou koppe die mannetjies is en die grys modelle die wyfies. Ek het verseker die bloues wat op 'n spesifieke plek bly gekry dat hulle altyd blou is (maw enige tyd van die dag). Miskien kan die natuurkenners ons vertel watter is die waarheid.
Groetnis
Johan
Re: IS DIT NIE MOOI NIE
Posted: Fri Oct 19, 2012 2:34 pm
by howa 308
Moet se hulle is ook baie volop hier by ons in die boland, Stap gereeld in die berge hier by Hottentots holland natuur reservaat, was onder die indruk dat hy altyd n blou kop het.
Re: IS DIT NIE MOOI NIE
Posted: Sat Oct 20, 2012 10:10 am
by Martin Marais
Hallo Prohunt
Ek is nie 'n kenner op die gebied van reptiele nie,maar ek is ook onder die indruk dat die mannetjies blou koppe het terwyl wyfies net gewoon bruin (grys) is. Verbeel my die met die blou koppe is ook bietjie groter as die bruines,wat my laat dink dat ons teorie korrek is. Kan ook nie onthou dat ek ooit opgemerk het dat die kleur verander gedurende die dag nie.
Ek hou die post dop,en hoor graag van die slimmer manne se opinies.
Groete
Martin Marais.
Re: IS DIT NIE MOOI NIE
Posted: Sat Oct 20, 2012 2:58 pm
by Biltong
Ek het van kleintyd geken a die bloukopkoggelmander. Die mannetjies se koppe is blou en die wyfies bly vaal. Paartyd raak die koppe potblou en en hulle kan bietjie hulle "kiewe" opblaas om te pronk.
Re: IS DIT NIE MOOI NIE
Posted: Sat Oct 20, 2012 3:44 pm
by Dawie Malan
Die foto's is baie mooi, maar daai bloukopkoggelmander kan seerder byt as 'n politieke aktivis agter in 'n Katlehong-polisiebakkie.
Vat maar my woord.
Dawie
Re: IS DIT NIE MOOI NIE
Posted: Sat Oct 20, 2012 5:00 pm
by Christo
Ou mense vertel dat hulle, die mannetjies, se koppe blouer word as teken van reen wat oppad is. Miskien verbeel ek my maar ek sien regtige blou koppe meer gereeld die dag of so voor reen.
Re: IS DIT NIE MOOI NIE
Posted: Sun Oct 21, 2012 9:17 am
by Koos Barnard
Dags?
Ek is baie lief die die koggelmanders, seker maar oor ek hulle uit my kinderdae so goed onthou. Hier in Natal het ons 'n paar wat rondom my huis hou. Die een mannetjie is maar altyd by die afdak waar my kar staan. Die manne is reg, die koppe van die mannetjies is altyd blou maar met paartyd raak dit potblou en dan is die k?rels lekker aggressief.
Ek onthou baie goed toe ek in st 7 was het ek en my broers op een van ons rosyntjiebane in Kakamas gesit. Daar was 'n klomp sinkplate op die baan waaronder streepmuise geskuil het en ons het hulle met die windbuks geskiet. My jonger broers moes die sinkplate oplig dan skiet ek. Op 'n kol het ek wydsbeen redelik naby die naaste plate gesit en toe my broer een oplig peul daar 'n bloukop uit. Soos mes kies hy koers en voor ek nog kon beweeg hardloop hy by my broekspyp in. Kyk, as twee koggelmanders koppe stamp is dit 'n ding! Ek het taamlik gebriekdans en hier gegryp en daar gegryp, maar kon darem die "lelikste" koggelmander ongeskonde vrylaat na wat soos minute gevoel het, maar seker nie langer as 10 sekondes was nie.
Mooi loop
Re: IS DIT NIE MOOI NIE
Posted: Sun Oct 21, 2012 9:45 am
by Marc
Re: IS DIT NIE MOOI NIE
Posted: Sun Oct 21, 2012 7:39 pm
by tripodmvr
Kyk net die uitsonderlike ooreenkomste met die' man uit Oz.
Re: IS DIT NIE MOOI NIE
Posted: Sun Oct 21, 2012 8:03 pm
by Ian
Koos Barnard wrote:
Soos mes kies hy koers en voor ek nog kon beweeg hardloop hy by my broekspyp in. Kyk, as twee koggelmanders koppe stamp is dit 'n ding! Ek het taamlik gebriekdans en hier gegryp en daar gegryp, maar kon darem die "lelikste" koggelmander ongeskonde vrylaat na wat soos minute gevoel het, maar seker nie langer as 10 sekondes was nie.
Mooi loop
Koos
Ek sien die storie soos 'n video voor my afspeel. Ek dink dat jy jouself dood gegril het en dat die hart in die keel moes geklop het. Ja, die kinderdae.
Lyk my die mense wat daar (Madikwe) bly ken self nie die koggelmanders nie en het my van die wal af in die sloot gehelp. Dankie dat julle my reg help. Nooit oud om te leer nie.
Tripodmvr, ja dit is 'n uitsonderlike ooreenkoms, baie mooi foto.
Groete
Re: IS DIT NIE MOOI NIE
Posted: Sun Oct 21, 2012 8:12 pm
by tripodmvr
Terwyl Koos nou so praat van die broek episode. Ek het in Durban groot geword en 2 voorvalle staan vir my uit.
Ek het eendag 'n trapsuutjies gekry en die op my skouer gesit. Sy koers weg van my hand was agter na nek en die rand van my hare. Julle kan julle seker indink hoe laat die skerp naels jou kielie. My versoek aan my ma om dit af te haal het op dooie ore geval. Nadat ek my gedaan begin gril het, het ek dit met 'n stewige klap afgehelp.
Die 2de het weer my ma geraak en die keer ook met 'n bloukop. Iemand het een skrikgemaak terwyl my ma in die tuin was en hy het tot op har rok gespring on to bo op haar bloes gevorder. Onthou dat net dat sedes baie preuts was 40 jaar gelede, maar dit het haar nie gekeer om te begin met 'n striptease nie. Gelukkig vir haar kon sy hom wegkry alvorens sy net meer as die bloes moes verwyder.