Page 1 of 1
leatherwood hi-lux
Posted: Tue Oct 16, 2012 5:56 pm
by Langes
Middag almal
Het enige iemand ondervinding met leatherwood hi-lux teleskope?
Is hulle beskikbaar in SA?
Lekker aand verder
Langes
Re: leatherwood hi-lux
Posted: Tue Oct 16, 2012 9:08 pm
by spekieries
Langes
Dit is nie die een wat jy verniet kry as jy 'n Toyota koop nie?
Re: leatherwood hi-lux
Posted: Tue Oct 16, 2012 9:44 pm
by Langes

Spekieries
Ek kon seker daardie antwoord verwag het!
As die teleskope die helfte kannie dood is soos die ou 2.4 diesel,
Soek ek beslis een!!
Groete
Langes
Re: leatherwood hi-lux
Posted: Sat Nov 03, 2012 9:14 pm
by raychell
Langes
Nie vergelykbaar met TOYOTA nie het van 2 ontslae geraak.
Raynie
Re: leatherwood hi-lux
Posted: Mon Nov 05, 2012 3:01 am
by Langes
Raynie
Dankie vir die antwoord. Dink ek bly maar by my ou Tasco.
Groete
Re: leatherwood hi-lux
Posted: Mon Nov 05, 2012 7:32 am
by tripodmvr
As jy kyk na teleskoop sou ek aanbeveel :-
1. Kyk na omruil of vervangings waarborg - hoe langer tydperk hoe beter
2. Hoe lank is die teleskope al op die mark.
3. Die rolspelers volgens my is Leupold, Redfield, Burris, Lynx, Nikon, Bushnell vir die gemiddelde verbruiker. Zeiss, Swaro ens. vir die diep sak manne.
4. Gaan loer deur die goed op kort en lang afstande en evalueer volgens jou behoeftes - moenie 'n 30mm pyp op 'n .22 sit nie - totaal onprakties vir jou toepassing.
5. Vir algemene jag probeer parallaks verstellings vermy.