Page 1 of 1

Gaan na Mosambiek (Ponta), Raad asb

Posted: Tue Oct 16, 2012 8:20 am
by SV MAD (Henk)
More Manne.

Ek ek vroutjie gaan vir 'n duik vakansie so oor 'n maand na Ponta do Oura. Ek sal dit baie waardeer as julle my met enige advies kan gee oor die volgende vrae:

Ons gaan deur die Kosibaai grens. Ek leen 'n sleepwaentjie by my pa. Wat het ek nodig om die sleepwaentjie deur te kan vat?

Kan ek gevriesde vleis (soos BWB steak en wors ens deurvat), en ook ietsie vir 'n droe keel?

Vir die wat al daar was, is daar winkels waar mens die basics kan koop?

Enige ander raad sal waardeer word asb, baie baie dankie

Groete
Henk

Re: Gaan na Mosambiek (Ponta), Raad asb

Posted: Tue Oct 16, 2012 8:25 am
by Jakkalsgat
Henk

Weg het nou 'n aparte boek op die rakke spesifiek rondom Mosambiek en alles wat nodig is R40, koop hom vir jou dit help baie.

Groete
Jaco

Re: Gaan na Mosambiek (Ponta), Raad asb

Posted: Tue Oct 16, 2012 8:26 am
by Marc
SV MAD (Henk) wrote:
Enige ander raad sal waardeer word asb, baie baie dankie
Jy beter plek maak vir my  >:(

Re: Gaan na Mosambiek (Ponta), Raad asb

Posted: Tue Oct 16, 2012 8:27 am
by G-force
Henk,bel my.Ons het n huis daar en gaan al jare soentoe.

Re: Gaan na Mosambiek (Ponta), Raad asb

Posted: Tue Oct 16, 2012 8:56 am
by SV MAD (Henk)
Dankie manne, sal definitefi so maak!

Re: Gaan na Mosambiek (Ponta), Raad asb

Posted: Tue Oct 16, 2012 8:59 am
by Jakkalsgat
SV MAD (Henk) wrote: Dankie manne, sal definitefi so maak!
Marc , Marc kom in

Lyk my jy gaan Ponta toe, Henk se hy gaan 'n boek koop, vir Ge bel en jy gaan saam.

Groete
Jaco

Re: Gaan na Mosambiek (Ponta), Raad asb

Posted: Tue Oct 16, 2012 9:10 am
by SV MAD (Henk)
Hahahaha, Marc, jy kan saam as jy vir skoonma uit die kar kan kry...En sy sit al klaar vasgegordel...

Re: Gaan na Mosambiek (Ponta), Raad asb

Posted: Tue Oct 16, 2012 9:18 am
by Cobus(Cobb)
Vacuum pak jou vleis, vat soveel dop as jy kan...(daai rooi koeldrank en rum raak gou dik in jou keel)

Winkels daar is maar baie power...hulle shaft jou met kleingeld...jy betaal in rand, hulle gee kleingeld in mets(metikas of iets)

Moet tog net nie met vuurwerke speel nie...Dewie was amper in choekie toegesluit

Ry Ponta toe van Kosie baai grens af is speel speel, maar meeste(selfs a Pajero nogal) wat ek sien vasval, is agv waentjie...as jy kan, laai bakkie vol, los trailer.

Cheers

Re: Gaan na Mosambiek (Ponta), Raad asb

Posted: Tue Oct 16, 2012 9:30 am
by Marc
SV MAD (Henk) wrote: Hahahaha, Marc, jy kan saam as jy vir skoonma uit die kar kan kry...En sy sit al klaar vasgegordel...
Mmmmm, gaan gou vir Oom Louis102 pm en hoor watse klankie om te gebruik vir die probleem dier  ;D ;D ;D
Jakkalsgat wrote:
SV MAD (Henk) wrote: Dankie manne, sal definitefi so maak!
Marc , Marc kom in

Lyk my jy gaan Ponta toe, Henk se hy gaan 'n boek koop, vir Ge bel en jy gaan saam.

Groete
Jaco
Jakkals

Dit lyk my so, man sien ek nou vir jou uit na die trippie  8)

Re: Gaan na Mosambiek (Ponta), Raad asb

Posted: Tue Oct 16, 2012 10:33 am
by At308
Die raad is goed wat die manne jou gegee het, een ander ding. Vat genoeg kontant,  baie resturante vat kredietkaarte maar meeste winkels en die markie daar vat nie. Mens het noggal kontant nodig daar. Nie nodig om geld te ruil  nie, SA rand werk goed in Ponta, maak net seker oor die wisselkoers dat hulle jou nie inloop met die betaal slag nie.  Die meeste winkels is die items reeds in rand gemerk.

Daar is so poeperige bank in ponta waar jy kan geld trek, maar dis duur en jy kry Metikais wat jy gaan sukkel (of verloor) indien jy terug ruil na rand toe. Die blerrie ATM loop ook baie leeg in seisoen.

Steek maar die geldtjies goed weg, daar is nie regtig misdaad nie, maar mens wil nie 'n geleentheid skep nie.  Mosambiek (veral Ponta) is die enigste land waarvoor ek kontant trek voor ek vertrek, enige ander land, betaal ek sover moontlik met my gewone VISA/Mastercard en trek 'n paar rand by die ATM, maar meeste lande waar ek al was vat hulle amper orals kaarte (soos hier by die huis)

O ja, een ander ding: Die 3rde party mosambiek versekering is verpligtent, dit kos so in die omgewing van R180.  Jy kan dit op die grens kry, maar dis 'n 11 11 11 storie om daar te staan en papiere invul.  Jy kan dit vooraf by Outdoor Warehouse koop en spaar baie tyd en moeite om deur die grens te gaan.

Was al so 5 keer daar, bel my as jy wil gesels. 08drie 7453935

Re: Gaan na Mosambiek (Ponta), Raad asb

Posted: Tue Oct 16, 2012 3:26 pm
by grumpy
My swaer het nou verlede naweek net terug gekom.

Ek gaan Klerksdorp toe vir n begrafnis Donderdag dan sal ek bietjie met hom praat en hoor hoe het dit gegaan en wat is nodig.

Hy het kreef geduik, mossels en prawns was hulle stapel kos gewees.

Re: Gaan na Mosambiek (Ponta), Raad asb

Posted: Tue Oct 16, 2012 3:30 pm
by SV MAD (Henk)
Dankie Grumpy, ek waardeer.

Re: Gaan na Mosambiek (Ponta), Raad asb

Posted: Tue Oct 30, 2012 7:24 pm
by Reivilo308
Henk

Ek hoop nie eks te laat nie, maar wou jou net waarsku dat daar n kleinhuisie vol studente ponta toe oppad is daai tyd. Vind liewers uit by jou verblyf of da Onderstepoort mense ingeboek is of nie. As jy Game is om saam te kuier sal jy dit seker geniet, maar as jy n romantiese vakansie of rus beplan gaan jy dalk net geiriteerd raak met die klomp suiplappe! ;D

Geniet dit!

Re: Gaan na Mosambiek (Ponta), Raad asb

Posted: Tue Oct 30, 2012 8:40 pm
by JohannHorn
Henk
Ons is baie jaloers! Sorg net dat jy na Farnandos bar toe gaan en n R&R op ons forum manne drink! Laai sommer n foto of 2 hier op van daai R&R by Farnandos!
Vra vir die locals hulle moet jou wys wie is Rupert, sy duik skool is by KayaKweru dan se jy vir hom jys my vriend Johan Horn en hy moet vir jou n familie prys paket uitwerk vir die duik!
Hy is besonders goed en goedkoop!
Waar bly julle?