Eerste lood in die lug
Posted: Mon Jun 07, 2010 11:02 pm
Ek en Eltie was die naweek bietjie op 'n plaas met die naam van Breslau naby Pontdrift anderkant Alldays. dit was regtig een van die mooiste plase waarop ek nog was. Wild was volop en en ons het die paket van 4 Rooibok ramme en 2 vlakkies wat ons persent gekry het gou geroer, maar ons het mos nou vir mooi ramme gesoek. Dit was nogals 'n unieke jag ervaring met Leeu se kind, seekoeie en olifante wat vrylik op die plaas beweeg. Soos ons ook agtergekom het toe ons 'n lang tand bul raak geloop het. Ons het elkeen 2 Rooibokke en 'n varkie plat getrek. Hier is paar fotos







