Page 1 of 1
Springhaasjag in die Vrystaat
Posted: Sat Oct 13, 2012 11:35 am
by donderkop
'n Boer het my gevra om hom te help met sy sprinhaasplaag. Ek het die Vrystaat Jagord. deurgelees, maar weet steeds nie wat die posissie met springhaasjag,en nagjag in hierdie geval is nie. Dus:
1. Mag ek die springhase met 'n lig jag;
2. Het ek enige permitte/toestemming van Natuurbewaring nodig;
3. Enige ander inligting t.o.v springhaasjag in die Vrystaat sal baie waardeer word!
Re: Springhaasjag in die Vrystaat
Posted: Sat Oct 13, 2012 12:04 pm
by tripodmvr
Kyk heel aan die einde word daar ges? dat "gewone wild" wat nie genoem is nie 'n "geslote seisoen" het en nie gejag of gevang mag word nie. Ek kan nie s? of 'n springhaas gewone wild is nie - daarvoor sal jy na die Skedule 2 moet kyk. Ek sal voorstel dat die boer 'n skadepermit verkry as die voorkoms van die hase 'n probleem is. Springhaasbevolkings het in die laaste jare baie verminder en daarom die beskerming.
Re: Springhaasjag in die Vrystaat
Posted: Sun Oct 14, 2012 9:07 am
by bakoor
Ligjag dink ek jy het 'n permit nodig, maar springhaas val onder knaagdiere. Volgens Oos-Kaap ordinansie mag jy hulle enige tyd jag en onbeperkte getalle.
Hoop dit help.
Re: Springhaasjag in die Vrystaat
Posted: Sun Oct 14, 2012 9:31 am
by tripodmvr
Die Vrystaat het die minste nonsens met hul ordonnansie. Onthou net knaagdier verwys na die orde waaraan dit behoort. Vlak en kolhase word as gewone wild beskou en jy mag slegs 'n beperkte getal per dag skiet. 'n Mens wil nie jou voertuig en vuurwapens verloor om iemand te help nie. Ek sal in vandag se klimaat die nodige uitvind alvorens ek in die moeilikheid beland.
Re: Springhaasjag in die Vrystaat
Posted: Sun Oct 14, 2012 10:23 am
by bakoor
Ek gee inligting volgens "veldgids tot soogdiere van Suider-Afrika deur Chris en Tilde Stuart.
Knaagdiere is ORDE Rodentia en hase en konyne is ORDE Lagomorpha. die twee is beslis nie dieselfde nie.
Doen maar self die navorsing - sterkte
Re: Springhaasjag in die Vrystaat
Posted: Sun Oct 14, 2012 10:26 am
by johnny
donderkop
Elke provinsie se wetgeweing is anders , maar verseker moet jy toestemming kry om met n lig te jag , praat met natuurbewaring en kry die nodige permitte en getalle wat geskiet moet word. Dis onnodig om kanse te waag.
groetnis
Johnny
Re: Springhaasjag in die Vrystaat
Posted: Sun Oct 14, 2012 10:34 am
by tripodmvr
bakoor wrote:
Ek gee inligting volgens "veldgids tot soogdiere van Suider-Afrika deur Chris en Tilde Stuart.
Knaagdiere is ORDE Rodentia en hase en konyne is ORDE Lagomorpha. die twee is beslis nie dieselfde nie.
Doen maar self die navorsing - sterkte
Die kwessie hier is nie wat se tipe diere dit volgens taksonomiese klassifikasie is nie. Beskerming word verleen aan alle soorte wild op verskillende skaal. So word reptiele ook beskerm. Die wilde diere word in sekere kategoriee soos "beskermde" (TOPS) of "gewone" wild ingedeel vir bewaringsdoeleindes en dit is wat ek na verwys het.
Re: Springhaasjag in die Vrystaat
Posted: Sun Oct 14, 2012 10:45 am
by donderkop
Al die raad is goeie raad: in die Boesmanland het ons altyd gese: " Die saak is reg!" My vrae is steeds onbeantwoord en voordat ek nie absoluut weet wat reg en dus volgens die wet is nie, doen ek niks nie!
Ek sal probeer om Vrystaat Natuurbewaring te skakel. Baie dankie vir jul insette. Groete.
Re: Springhaasjag in die Vrystaat
Posted: Tue Oct 16, 2012 10:27 pm
by mossie
Ja-ja
Behalwe vir permitte vereisenige jag in Vrystaat n jaglisensie. Amptelike toestemming van die boer iis vereiste. Ek dink verder dat Tripod se aanbeveling van kontak met Vrystaat provinsie n goeie begin is, spesifiek met springhaas in gedagte.
MOSSIE
Re: Springhaasjag in die Vrystaat
Posted: Wed Oct 24, 2012 11:51 am
by donderkop
Het nou net met Hannes Blom [Vrystaat Natuurbewaring] gesels oor springhaasjag : Jy mag met 'n spotlight springhase in die nag jag en dit sonder enige permitte MAAR met skriftelike toestemming van grondeienaar. Dus lyk dit vir my dat die saak reg is!
Re: Springhaasjag in die Vrystaat
Posted: Thu Nov 01, 2012 12:15 pm
by Donald
En as jy hulp nodig het met die skiet laat weet maar
