Page 1 of 1

Leka Varkie in die Isten Cape

Posted: Mon Jun 07, 2010 7:03 pm
by iceman1982
Het hierdie varkie raak geloop Vrydag 04.06.2010. Ek is 1.8m lank om skaal te gee.

Image

Groete
Marius

Re: Leka Varkie in die Isten Cape

Posted: Mon Jun 07, 2010 7:11 pm
by Lamtjop
Naand Iceman, man kan jy my nie dalk reg help nie. Ek kan gaan vlakvark skiet ok innie Oos Kaap, ma ek wil weet of daar nog beperkings geld op die vervoer van die vleis. En ook, waar kry ek n jagpermit. Ek sal dit waardeer as jy my kan uithelp.
Groete

Re: Leka Varkie in die Isten Cape

Posted: Mon Jun 07, 2010 7:33 pm
by iceman1982
Lamtjop,
Sover as die vervoer van vleis gaan , glo ek nie daar is meer beperke nie. Ek het baie lanklaas n "roadblock" gesien vir varkgriep, as dit is waarna jy verwys. Jou jaglisensie kan jy sommer by jou geweer winkel kry.Hulle is ook nie duur nie. Een ding kan ek jou verseker, en dit is dat jy na die regte plek kom vir varke....
Groete

Re: Leka Varkie in die Isten Cape

Posted: Mon Jun 07, 2010 8:08 pm
by Lamtjop
Iceman, dankie. Ja da was mos beperkings met varkpes so ruk terug. Wat maak jul die graagste met die vleis, ek hoor russians en salamies ens is nogal lekker.
Groete

Re: Leka Varkie in die Isten Cape

Posted: Mon Jun 07, 2010 8:48 pm
by iceman1982
Cheesegrillers, kabanossie, ontbeen die boud gevul met spek,garlic,feta,spinasie in n potjie.....sulke goeters
Ek se jou, ek sal n kudu bul laat verby hardloop as daar n vark agter hom is.
Het hierdie naweek n ding hehoor. n Vark is nooit te klein of te ver nie!

Re: Leka Varkie in die Isten Cape

Posted: Tue Jun 08, 2010 5:39 pm
by Nico Harris
wat weeg daai vark?

Re: Leka Varkie in die Isten Cape

Posted: Tue Jun 08, 2010 7:21 pm
by iceman1982
Hy was 80 kg op die kop. Hulle se mos n vark kry eers lyf dan kom die tande. Hierdie vark se tande was nie so groot nie, ek het nou nie die tande gehou nie maar as ek so terug dink seker so 7" . Van my kliente het al baie kleiner varke as hierdie geskiet , maar met baie groter tande. Wonder of dit maar n gene ding is soos met kudu bulle of wat is die storie?

Re: Leka Varkie in die Isten Cape

Posted: Tue Jun 08, 2010 7:38 pm
by Spanner
Hel, as ek na daai bree glimlag kyk wys jy meer tande as daai vark !  Besonderse mooi otjie daai, wel gedaan. 

Re: Leka Varkie in die Isten Cape

Posted: Thu Jun 17, 2010 8:03 pm
by theedge
tans is daar nie probleem om varkvleis te vervoer in die ok nie maak net seker in jou eie provinsie.  Verder kan jaglisensies by verskeie plekke gunshops en op kleiner dorpe by winkels bekom word.  Dan het n ou maar die normale briewe van boer nodig om vleis te verwyder (sien daar is al paar manne die jeer vasgevat oor daai een)

Re: Leka Varkie in die Isten Cape

Posted: Thu Jun 17, 2010 8:18 pm
by iceman1982
theedge,
Praat jy nog. Ouens neem nie jaglisensies en briewe van boere af baie ernstig nie. En ek is een van hulle. Het gehoor van ouens wat afgetrek was hier naby Cradok area. Geen brief van boer af vir die vleis nie. Toe vat hulle sy gewere en bakkie en sluit al 5 van hulle toe....
Nie n ding om mee te speel nie. Maklikste om te doen is om vir jouself n standaard formaat brief op te tik. Met plek vir plaas naam , grondeienaar ens. en dan maak jy sommer n klomp kopies van die ding en hou hulle in jou jagsak. Dan pluk jy net een uit op die dag, laat die boer in vul en jy is gedek.