Pecar Berlin teleskoop
-
Kosie
- Newbie

- Posts: 44
- Joined: Mon Dec 06, 2010 11:51 am
Pecar Berlin teleskoop
Het enige iemand al gehoor van die scope. Dit is blykbaar gemaak in Duitsland maar ek nog nooit voorheen daarvan gehoor nie. Dit is op 'n geweer waarin ek belangstel.
- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: Pecar Berlin teleskoop
As ek reg is was hulle in Austria gemaak, was baie goeie kwaliteit lense vir hulle tyd en hulle aansien was veral groot in europa. Prys kan ek jou nie mee help nie aangesien ek nie meer dink hulle word gemaak nie. As ek reg was het my oupa jare terug een op gehad. Dink amper dit was een van die eerste groter lense voor as ek reg onthou x54 of 56 maar ja dit was jare terug en ek was maar nog n laaitie.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
- Lourens Potgieter
- Hero Member

- Posts: 883
- Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am
Re: Pecar Berlin teleskoop
Romeine 14:11 - "want daar staan geskrywe: "So seker as Ek lewe, sê die Here, voor my sal elke knie buig, en elke tong sal bely dat Ek God is."
Koedoe Hengelklub
Koedoe Hengelklub
- Piet Breedt
- Hero Member

- Posts: 2275
- Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am
Re: Pecar Berlin teleskoop
Stem saam met Blok. Dit was regtig goeie scopes op hulle tyd met baie goeie lense. Ek het met so een geskiet op n pel van my se geweer daardie jare, en hy was baie goed.
-
willem
Re: Pecar Berlin teleskoop
Ja Pecar bestaan nie meer nie ,hulle het toe gemaak in 2007 toe die gebou waarin die fabriek was gesloop sou word en die huidige eienaars nie kans gesien het om te trek nie.Hulle was in wes berlyn in duitsland gelee en was bekend vir baie hoe kwaliteit produk.
Pecar het n unieke eienskap gehad ,naamlik dat jy self die self kruishare kon omruil op scope,die hele saal met die turrets en die kruisdraad het afgeskroef van die scope tube en jy kon dan n ander een opsit om vir jou n ander draad te gee.
Sover ek weet kan die scopes gediens word by Gerharht Optics ,hulle diens ook die eertydse Hertel & reuss scopes en maak vand
ag nog Nickel scopes, ek hoop dit kon help.
groete
Willem
Pecar het n unieke eienskap gehad ,naamlik dat jy self die self kruishare kon omruil op scope,die hele saal met die turrets en die kruisdraad het afgeskroef van die scope tube en jy kon dan n ander een opsit om vir jou n ander draad te gee.
Sover ek weet kan die scopes gediens word by Gerharht Optics ,hulle diens ook die eertydse Hertel & reuss scopes en maak vand
ag nog Nickel scopes, ek hoop dit kon help.
groete
Willem
-
Kosie
- Newbie

- Posts: 44
- Joined: Mon Dec 06, 2010 11:51 am
Re: Pecar Berlin teleskoop
Baie dankie vir julle inligting.
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Pecar Berlin teleskoop
Kosie
As die scope nog in 'n goeie toestand is, het dit nogal 'n verbasende ho? versamelaarswaarde. Ek het een van myne verlede jaar aan 'n Duitser wat hulle versamel verkoop vir 1,900 euro.
Ek het nog een, maar wil nie die een verkoop nie. Te veel sentiment.
Ek is besig om met 'n Amerikaner te onderhandel vir die omruilbare kruishare, maar dis moeilik om die ou in die hande te kry. Lyk my hy dink nie veel van SA nie, so ek sal seker maar verder moet soek in Europa rond.
Wat plan jy om met die scope te maak?
Groete
Jean

Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
-
Kosie
- Newbie

- Posts: 44
- Joined: Mon Dec 06, 2010 11:51 am
Re: Pecar Berlin teleskoop
Jean
Dit is op 'n geweer wat ek wil koop. Die scope se kruishare is baie fyn. Dankie vir die inligting.
Groete
Kosie
Dit is op 'n geweer wat ek wil koop. Die scope se kruishare is baie fyn. Dankie vir die inligting.
Groete
Kosie