ROEP TOERUSTING
- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
ROEP TOERUSTING
NA AANLEIDING VAN N GESPREK MET N MANNETJIE WAT JAKKALSE SKIET HET HY N PROBLEEM GEKRY OP N PLAAS WAAR DIE EIENAAR SAAM MET HOM WAS EN HY GEHOOR HET DAAR PRAAT NOU SKIELIK MENSE IN DIE VELD. DIE EIENAAR ENE WEBER TRUTER (WIE SE NAAM EK OOK OP DIE FORUM SIEN)WAT EK NIE SELF KEN NIE EN DIE JAGTER HET TOE GEHOOR DAT DIT MENSE IS WAT PER RADIO MET MEKAAR GESELS WAT OP DIE REMOTE ROEPSTEL GESELS TERWYL DIE ROEPER EINTLIK JAKKALSE WOU ROEP..
IS DIT N ENKEL GE-ISOLEERDE GEVAL OF HET JULLE DIT OOK AL GEKRY. EK WONDER OF DIE OOM DIT KAN BEVESTIG OF ONTKEN...

Shoot straight and tell the truth!
- Caller
- Sr. Member

- Posts: 449
- Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm
Re: ROEP TOERUSTING
Meso
Was al by waar 'n musiek CD (boeremusiek nogal) verkeerdelik vir die jakkies gespeel is en waar die radio op Radio Oranja aangekom het, plaas van die roepklank. Gelukkig was ek nie die drywer nie en het lekker vir die ?ppies gelag.

Caller

Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
- WillJak
- Hero Member

- Posts: 718
- Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm
Re: ROEP TOERUSTING
Jacques, ek was nie self by nie en as ek my reg herhinder het Allan Truter my die storie vertel - maar daar was blykbaar ten minste nog een so geval - hier het die roeper skielik die ambulansdiens/polisie of so iets se gesprekke begin uitsaai.
Ek persoonlik gebruik ook een van die Tewis roepers wat op 'n radio sein werk, en het nog nie so iets oorgekom nie - maar in teorie is dit heeltemal moontlik - al wat dit gaan vereis is 'n sender wat op dieselfde frekwensie werk as die roeper - en veral een wat naby is en sterker is as die sender op die roepstel.
Met stelle soos die Foxpro, waar die klanke op die roeper (luidspreker) gedeelte is en die afstandbeheer bloot die ding aan en af skakel en beheer, kan dit nie gebeur nie, maar op stelle soos die Tewis model waar die "afstandbeheer" die speler is en die klank per radio golf na die luidsprekers stuur, is dit gewis iets wat kan gebeur.

If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
- Caller
- Sr. Member

- Posts: 449
- Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3311
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: ROEP TOERUSTING
Help 'n man
Ek soek raad met die roep toerusting, sien S&O adverteer die Foxpro @ R5 500
. Wil graag die soort van toerusting bekom maar moet seker maak ek koop reg. Miskien l? daar 'n ouer model in iemand se stoorkamer wat net so goed werk. 
Ek sal wag tot na Hein se kurses in Bloem voor ek in elk geval besluit, maar die topic weet ek is 'n warm een en daar is genoeg sienings om dit weer oop te maak.
Christo
Ek soek raad met die roep toerusting, sien S&O adverteer die Foxpro @ R5 500
Ek sal wag tot na Hein se kurses in Bloem voor ek in elk geval besluit, maar die topic weet ek is 'n warm een en daar is genoeg sienings om dit weer oop te maak.
Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
- Yalair
- Hero Member

- Posts: 917
- Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm
Re: ROEP TOERUSTING
Christo
Ek gebruik die foxpro en is regtig 'n goeie stukkie toerusting. Werk maklik en klank is suiwer. Daar is ander op die mark maar ek ken dit glad nie. Koop net een waar die klank op die caller is en jy net remote gebruik om klank te wissel en volume. My ou een het die klank "getransmit', tel teveel steurings op.

- MEERKAT
- Hero Member

- Posts: 737
- Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm
Re: ROEP TOERUSTING
Christo
Het een van Tewis se "remotes" wat te koop is met Mp3 player ingesluit goeie werkende toestand indien jy belangstel.
Knou goggas af
MEERKAT

- Rooies
- Hero Member

- Posts: 587
- Joined: Fri Mar 06, 2009 9:26 pm
Re: ROEP TOERUSTING
meerkat
wat is die prys van die stel?
wat is die prys van die stel?
243 Howa]
308 Howa] Die tweeling
12 Br Robert Huges
38sp Rossi
"Forgive your enemies, but never forget their names."

- raychell
- Sr. Member

- Posts: 414
- Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm
Re: ROEP TOERUSTING
Rooies
Hein het 'n ekstra GAMETRAKS stuur hom 'n PM.
Raynie

One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3311
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: ROEP TOERUSTING
Meerkat
Ek gaan net die kursus die naweek eers bywoon sodat ek ingelig 'n besluit kan neem voor ek iets koop, sal jou laat weet.
Dankie in elk geval.
Christo
Ek gaan net die kursus die naweek eers bywoon sodat ek ingelig 'n besluit kan neem voor ek iets koop, sal jou laat weet.
Dankie in elk geval.
Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
-
Dawie
- Hero Member

- Posts: 1270
- Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
Re: ROEP TOERUSTING
Hallo Slimkoppe
Het my einde 2007 'n Foxpro XR6 gekoop koste was R4000.00, werk lekker maar ek voel 'n keuse van 16 klanke begin nou bietjie min raak. Die Gametraks sien ek kan 6 speakers vat, vir $600, KWYL!!!!
Gametraks is nognie in SA beskikbaar?
Cheers
Dawie
Het my einde 2007 'n Foxpro XR6 gekoop koste was R4000.00, werk lekker maar ek voel 'n keuse van 16 klanke begin nou bietjie min raak. Die Gametraks sien ek kan 6 speakers vat, vir $600, KWYL!!!!
Gametraks is nognie in SA beskikbaar?
Cheers
Dawie
- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: ROEP TOERUSTING
dawie:
ek het na die western rivers produk gekyk voor ek foxpro gekoop het. sy reikafstand is nie so groot so ver nie, maar die klank is heel goed en die prys is baie billik ek dink dit was laas $199. en dit is heel anvaarpbaar vir wat jy kry..
ek het na die western rivers produk gekyk voor ek foxpro gekoop het. sy reikafstand is nie so groot so ver nie, maar die klank is heel goed en die prys is baie billik ek dink dit was laas $199. en dit is heel anvaarpbaar vir wat jy kry..
Shoot straight and tell the truth!
- raychell
- Sr. Member

- Posts: 414
- Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm
Re: ROEP TOERUSTING
Dawie
Hein het 2 GAMETRAKS stelle en het reeds van sy klanke vir hulle gegee so jy kan dit koop met Hein se klanke gelaai.
Raynie
Hein het 2 GAMETRAKS stelle en het reeds van sy klanke vir hulle gegee so jy kan dit koop met Hein se klanke gelaai.
Raynie
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
- Janjak
- Hero Member

- Posts: 529
- Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm
Re: ROEP TOERUSTING
Ek nou weer so maand laat op die een sorry julle.
Ek wil net so bietjie meer weet van die verskillende toestelle en wie gebruik wat.
Ek het vir my n kas gebou met n kar radio en 2 luidsprekers dan speel ek sommer n CD in hom. Werk oraait vir my maar ek het nie eintlik van beter geweet nie.
Jannie

- jaracal
- Administrator

- Posts: 1886
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: ROEP TOERUSTING
Janjak
Jy sal sien dat die remote gogga jou ook op 'n stadium sal byt. Van die bakkie roep is OK maar die remote werk net beter.
Groete
Heinrich

Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
- Janjak
- Hero Member

- Posts: 529
- Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm
Re: ROEP TOERUSTING
Heinrich,
dit sal nogal handig wees om een van die kursusse by te woon maar dit word seker nie hier in ons omgewing (Mpumalanga) aangebied nie?
Jannie
dit sal nogal handig wees om een van die kursusse by te woon maar dit word seker nie hier in ons omgewing (Mpumalanga) aangebied nie?
Jannie
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1886
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: ROEP TOERUSTING
Jannie
Ek doen dit dwars oor ons land. Het al in Carolina, Ermelo en daardie plekke aangebied. Sal vir jou 'n e-pos stuur.
Groete
Heinrich
Ek doen dit dwars oor ons land. Het al in Carolina, Ermelo en daardie plekke aangebied. Sal vir jou 'n e-pos stuur.
Groete
Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
- Janjak
- Hero Member

- Posts: 529
- Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm
Re: ROEP TOERUSTING
Heinrich,
nog iets.
Ek is opsoek na n dimmer of reostaat wat iemand dalk bou of vervang het met n ander. Lyk of almal van hulle gebruik?
Jannie
nog iets.
Ek is opsoek na n dimmer of reostaat wat iemand dalk bou of vervang het met n ander. Lyk of almal van hulle gebruik?
Jannie
- Yalair
- Hero Member

- Posts: 917
- Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm
- WillJak
- Hero Member

- Posts: 718
- Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm
Re: ROEP TOERUSTING
Jannie, Allan se dimmer werk goed. Die ander ding wat jy kan probeer is die "meganiese" dimmer wat uit die ouer Mazda 323's kom, jy kry hom sommer by 'n skrootwerf - ek gebruik so een en hy werk goed - jy moet hom net deur 'n "relay" bedraad (Allan s'n ook) anders word hy te warm en die soldeersel smelt af as jy hom lank op "dim" hou - die weerstand draad in die "dimmer" raak rooiwarm en die hitte laat die soldeersel smelt.
If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3311
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: ROEP TOERUSTING
Wiljak
Gee meer info op die tuisgemaakte dimmer
Klink na goeie plan
Christo
Gee meer info op die tuisgemaakte dimmer
Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
- WillJak
- Hero Member

- Posts: 718
- Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm
Re: ROEP TOERUSTING
Christo, dis dood eenvoudig die dimmer wat uit 'n kar kom - myne is uit 'n ou Mazda 323 - hulle is van die bestes - dis die dimmer wat die liggie voor by jou spoed meter ens in die "dashboard" helderder en dowwer stel. Bedraad hom eenvouding in die lewendige (+) draad in, maar trek daai draad se krag deur 'n "relay" - dit help dat hy nie so warm word nie, veral as jy hom lank dof hou. 'n Ander goeie ding om te doen as bystand (back-up) is sit skakelaar in die lyn as volg - jy vat 'n draad om die dimmer - maw jy konekteer die draad op (+) voor en na die dimmer en in die draad sit jy die skakelaar. Nou as die skakelaar af is loop die krag deur die dimmer en kan jy die lig heeltemal afsit dmv die dimmer. As die dimmer dalk gaan, sit die skakelaar aan en die stroom loop deur die draad en die lig werk steeds - al kan jy hom dan nie verdof nie, is dit beter as om in die middel van 'n lekker jagnag te staan sonder 'n lig wat werk - of soos al met my gebeur het, die dimmer se draad smelt af net as daar twee jakkalse op "short final approach" is - op die punt om te land...
If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
-
Pierre
Re: ROEP TOERUSTING
Hi Christo
Self op n tyd my eie dimmer gebou toe ek begin skiet het maar drade het kwaai warm geword en na n ruk
begin brand en my laat sukkel.
Ek gebruik nou een van Tewis se dimmers al seker so 4 jaar en ek het n spaar een altyd op my bakkie,nog nooit nodig gehad om die spaar te gebruik nie werk soos n bom klein,gemaklik en werk altyd.
Ek weet Tewis het hom so ontwerp dat hy nie kan brand al is die drade verkeerd om en hy word ook nie
so warm na n hele nag se skiet nie.
Laat weet of jy regkom ek sal vir jou foto stuur van hoe myne lyk en werk.
Lekker aand.
Pierre
Self op n tyd my eie dimmer gebou toe ek begin skiet het maar drade het kwaai warm geword en na n ruk
begin brand en my laat sukkel.
Ek gebruik nou een van Tewis se dimmers al seker so 4 jaar en ek het n spaar een altyd op my bakkie,nog nooit nodig gehad om die spaar te gebruik nie werk soos n bom klein,gemaklik en werk altyd.
Ek weet Tewis het hom so ontwerp dat hy nie kan brand al is die drade verkeerd om en hy word ook nie
so warm na n hele nag se skiet nie.
Laat weet of jy regkom ek sal vir jou foto stuur van hoe myne lyk en werk.
Lekker aand.
Pierre
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3311
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: ROEP TOERUSTING
Pierre
Dankie maar ek gaan maar een koop, ek het al my fingers lekker gebrand.