Page 1 of 1
Re: Hoeveel keer kan mens herkamer?
Posted: Thu Oct 11, 2012 12:56 pm
by Lourens
Piet,
Herkamer help net waneer die keel begin wegbrand. Deur te herkamer word die keel weer oorgesny. Hoeveel keer jy kan herkamer hang ook af hoe lank jou loop se nox (die dik gedeelte by die kamer) is. Maar as die loop fisies uitgeskiet is kan jy maar herkamer tot jy mal word dit gannie help nie. Gooi 'n nuwe loop op en kry klaar.
Groete,
Lourens
Re: Hoeveel keer kan mens herkamer?
Posted: Thu Oct 11, 2012 12:59 pm
by Lourens
Jammer Ludwig jy moes gereply het terwyl ek besig was om te tik, ek sien jyt dit reeds genoem.

Re: Hoeveel keer kan mens herkamer?
Posted: Thu Oct 11, 2012 2:33 pm
by Wouter Roets
Luddie/Louw
Stefaans het gebel en vir my gese die moet "knox" gespel word. Hy is mos ons nuwe taalversorger!

Ek wou niks kom se nie maar hy het aangedring.
Groetnis
Wout
Re: Hoeveel keer kan mens herkamer?
Posted: Thu Oct 11, 2012 2:59 pm
by Martin Marais
Ek stem vir herloop eenmaal en kry klaar.Ek het 'n 243 wat nie wou groepeer nie se kamer laat oorsny,maar die groeperings het net so swak gebly. Persoonlik dink ek regtig ek het net my geld gemors. As die loop klaar is is hy klaar.
Groete.
Re: Hoeveel keer kan mens herkamer?
Posted: Sat Oct 20, 2012 9:13 pm
by Frikkie Coetzee
Naand
300WM op fabrieks profiel kan soms problematies wees om te herkamer juis oor die knox.
Ek wou dit doen op n Musgrave maar was afgeraai. Die tool out groefplus kort knox was net te min vleis.
Frikkie
Re: Hoeveel keer kan mens herkamer?
Posted: Thu Oct 25, 2012 10:32 am
by james 303
Hi kan julle my dalk se wat dit gaan prys om n nuwe loop op te sit dit is vir n 300 win mag..en wie kan so iets doen of wie sal julle aan beveel ...Dankie
Re: Hoeveel keer kan mens herkamer?
Posted: Thu Oct 25, 2012 12:56 pm
by Stefan764
Wouter Roets wrote:
Luddie/Louw
Stefaans het gebel en vir my gese die moet "knox" gespel word. Hy is mos ons nuwe taalversorger!

Ek wou niks kom se nie maar hy het aangedring.
Groetnis
Wout
Dankie Wout
