Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek het n Stollepanda......ag ek bedoel n RSA Enkelskoot plankgeweer by n vriend gekry. Nou wil ek weet of jy n 300WSM reamer in sy keel kan druk en net sy boltface oopmaak? Ek was seker ek het al van manne gehoor wat dit gedoen het? Ek weet ook Nicol Chukudu van die Forum het al n RSA na 338Lapua geream en hy loop soos stroop!
Nou het n Oom wat baie met die goed werk vir my gese maar dis nie moontlik om n RSA oop te maak na 300WSM toe nie???
Wat is julle menings? Is dit moontlik?
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
Die boltface kan oop gemaak word, hy is net baie hard en daar is maar min manne wat dit wil doen en netjies kan doen. My loop is egter bestel met n 300WSM kamer.
Ludwig ek het gemeen om te se jy ream die kamer na 300wsm toe en dan maak jy die boltface oop.
Witpiet waar het jy die boltface laat oopmaak? Is dit n duur storie?
Ludwig, Die oom wat my gese het dit is nie moontlik nie werk saam met oom Chris. Dit maak my nou bang!
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
Armand - as dit jou enigsins help - ek het 'n 7mm Rem Mag wat gebou is op 'n RSA aksie - boltface moes ook oopgemaak word - sonder enige probleme.
Groete
Christo
Ludwig , nee. Dis nie oom dirk nie. Dis Oom Ivan,hy het nou onlangs eers daar by oom chris begin. (Dink oom chris leer of help hem,ek is nie seker nie)
Ek dink ek gan hom 300wsm maak. Het half klaar besluit. Kan nie wag nie!! Nou net vir die papierwerk!
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
Ludwig ja, dis nou waar die ander vangplek le!Ek het mos n 1-12loop!
Die oom se naam is Ivan Schultz ek en sy klong was saam in die landbou skool.
Ek wil nog so n bietjie van jou kennis steel as ek mag! Waar soek ek n reamer wat geskik sal wees vir 165-168gr koeels?
Groetnis
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
Hello Armand, ek het 'n RSA wat geream is van .308 na 300H+H en hy werk mooi, geen probleme met boltface. Gerrie Coetzee van bloem het die werk gedoen. Die ferlach loop 28 duim, 1-14 twist, 155gr Palma Match teen 3358 fps gem. oor 5 skote.
Ben
Hehehee Man ja..... jy weet hy is nou daai tipe wat n staalborsel nie meer help nie..
Daai soort wat jy op S&O se site gan en na doppe en dies gan kyk( sommer net vir intresandhyd )
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
Sien jy Ben daai is omtrend wat ek ook in gedagte het!! As ek mag vra wat het die werkie jou gekos?Jy kan maar pm ook..
Groetnis
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
Ek het my loop bestel met n 1 op 12 twist om juis ligter punte te skiet. Ek skiet n 155gr koeel ten 3205 vps sonder enige probleme. Ek het n ander lading wat ook baie mooi skiet teen net oor die 3400 vps maar hy roer dan n skouer.
Wragtag!? Daai klink my na besighyd! Hy skiet seker lekker plat!Ek like mos nie van n roer wat skop nie so ou nicol chkudu sal maar moet verby kom en vir my nog n Mute bou
Witpiet, haha jy het nog nie dalkies die 110grVmax gelaai nie ?
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
Armand Steenkamp wrote:
Wragtag!? Daai klink my na besighyd! Hy skiet seker lekker plat!Ek like mos nie van n roer wat skop nie so ou nicol chkudu sal maar moet verby kom en vir my nog n Mute bou
Witpiet, haha jy het nog nie dalkies die 110grVmax gelaai nie ?
Daai het ek rerig nog nie getry........dink ook nie ek gaan nie. Ek het darem n 243 ook, wat 70gr gooi teen 3600 vps
HAhaha Ek is nou nuuskirig man!
Ja nee sien ek is nou al raadop met my 243 sukkel nou al langer as 2jaar
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
Die goedkoopste opsie sal seker die smid se reamer wees?
Groetnis
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
Dankie ludwig! Ek sal dit in gedagte hou. Belangerike goedjies waraan ek gladnie gedink het nie!
Groetnis
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
Armand
Aanhaling : weet ook Nicol Chukudu van die Forum het al n RSA na 338Lapua geream en hy loop soos stroop!
Hierdie verandering verwys na die gebruik van die RSA aksie, met 'n 338 loop
Lank gelede het ons 'n ferlagh skyfskiet loop op 'n RSA aksie se kamer verander sodat dit 'n tuis gemaakte "Ackley Improved " is
Kevan Healy van Bfn Custom Rifles het die reamer, ( Noem dit BCR) skiet 155 Palma Match koeels so by die 2940"/s en groepeer uitstekend, heelwat beter as wat ek kan vashou oor 5 skote
Goedkoop plan en 'n 155 grein .30 koeel teen 2900 voet per sekonde is heeltemal voldoende vir my, laas Maandag weer 'n gemsbok in die oog geskiet
Mooi loop
Frik
Ek skiet al 'n hele paar jaar met 'n 300WSM op 'n RSA aksie, is nou al besig met die tweede loop.
Die eerste loop was 'n Bisley Ferlach 27" 308 loop waarvan ons die kamer net oorgesny is. Die tipe loop het 'n kort knox en die skroefdraad kan nie afgesny word sodat die kamer vorentoe geskuif kan word nie. Die probleem met 'n geval soos hierdie is dat die nek-gedeelte van die ou 308 nie ten volle oorgesny kan word nie, en jy dus moontlik 'n rif in die nek kry omdat die ou 308 kamer en die nuwe 300WSM se reamers nie noodwendig dieselfde is nie. Verder is daar ook 'n geneigdheid van die vet 300WSM reamer om nie heeltemal konsentries in die ou kamer in te sny nie. Hoewel die geweer baie goed gegroepeer het na die verandering, al was die kamer nie perfek konsentries in die 308 kamer ingesny nie, sal ek dit nie weer so doen nie. Jy moet ten minste al die skroefdraad kan afsny of 'n nuwe loop gebruik.
Wat die aksie betref, die poort moet oopgesny en ook effens verleng word om die vet WSM dop te kan hanteer.
Die gesig van die slot word maklik groter gesny.
'n Bietjie moeiliker is die uittrekker, die kurwe moet verander word om by die vet dop aan te pas en om die hoek reg te kry sodat die dop uitgewerp kan word.
Ek het tans 'n Packnor match vlekvrye staal loop, diameter .298 (baie styf). Die groefdraai is 1 in 13". Die kolf is 'n gewone reguit tipe plank kolf. Die geweer groep uitstekend, vra maar vir Rooies van Jaracal in wie se span ek onlangs by Aliwal Noord deelgeneem het.
Ek skiet 125 Nosler Ballistic tip koe?ls. Die lading is 68gr S365, CCI 250. Die tromsnelheid is 3400f/s. Die geweer is nogal swaar en skiet baie gemaklik met die lading. Sy naam is "Hamer van Thor" omdat hy die gonge so hard slaan en behoorlik swaai tydens Jaggeweerskiet skietkompetisies. Op 'n mooi dag (koel en windstil) groepeer hy onder 25mm op 300m.
Op die eerste loop (standaard .300 spesifikasie) het ek 66gr S355 gebruik wat so 3450 ft/s gelewer het. Die nuwe loop gee gouer druk en daarom S365.
Verduidelik bietjie van reamers. Ek wil 'n 416 Taylor op 'n 8x57 mauser bou. Is die finisher reamer net aan die einde om die kamer mooi eweredig af te rond nadat jy 'n gewone reamer gebruik het om die kamer te sny. Skuus ek wil nie topic hijack nie, ek dink dit het darem nog te doen met die oorspronklik 308 na 300wsm verandering.