Page 1 of 2
Mono of nie?
Posted: Tue Oct 09, 2012 7:56 pm
by Chevvy SS
Ek het die afgelope seisoen 'n springbok met 'n mono van voor deur die nek geskiet sonder om been te tref. Die bok het geval en bly l? waarop ek vinnig 'n tweede skoot moes skiet.
Dit het nie gebeur met vorige jagte en ander koe?ls nie, en ek is bang dat 'n slegte skoot sal veroorsaak dat ek 'n dier verloor.
Ek weet mono's maak minder skade, maar kan ek dit opweeg teen 'n bok wat ek moontlik gaan verloor?
Dus, mono, of nie?
Re: Mono of nie?
Posted: Tue Oct 09, 2012 8:14 pm
by James Wilson
Watter mono was dit?
Re: Mono of nie?
Posted: Tue Oct 09, 2012 8:44 pm
by Biltongjagter
Ongeag watter tipe mono dit was, onthou net altyd - goeie skootplasing - dit is die belangrikste wat die vinnigste dood van enige dier verseker.
Ons praat altyd van die 'vitals' of dan lewensnoodsaaklike organe van die dier wat met goeie skootplasing getref m??t word.
Waar sit hierdie organe?
Nek skote - die murg tussen die werwels, so ook met rug skote wat as anker skote gebruik word soms, en dan die mees algemene die hart en long skote - paar ander ook soos lewer en niere (minder algemeen), maar tog ook werkbaar.
S?, kry jou skootplasing sodanig gedoen op die teiken dier dat die mono, of wat ookal ander tipe koe?l, hierdie lewensnoodsaaklike organe sodanig kan beskadig dat dit die vinnige dood van die dier tot gevolg sal h?.
Mis jy hiermee, is 'n kwes bok omtrent verseker jou voorland, mono of te nie!
Groete,
Koos.
Re: Mono of nie?
Posted: Tue Oct 09, 2012 9:08 pm
by chill
Skootplasing. Koper army patrone lewer dieselfde resultate met nek en kop skote.
As Jy nek en kop skote wil skiet sien ek geen rede om waarom jy nie 'n varmint koeel kan gebruik wat soveel skade as moontelik maak nie.
Re: Mono of nie?
Posted: Tue Oct 09, 2012 11:20 pm
by Kalahari
Chevvy
Ek stem saam met Chill, is man gaan vir die kop en hoe nekskote, (wat ek doen) dan skiet ek nie met mono nie. Ek skiet nog nie mono nie, maar het voornemens om dit te doen, maar die applikasie gaan verskil van wat jy hier vra.
Mens se kanse en goeie skootplasing op die nek en breinskote is net soveel moeiliker met mono's dink ek as om die bok met koeels wat bietjie opbreek daar te skiet.
Hoor wat se die res van die manne wat wel mono skiet.
Re: Mono of nie?
Posted: Wed Oct 10, 2012 8:25 am
by Chevvy SS
Stem 100% saam Kalahari. Dis wat my hinder, want op ver afstande tref mens soms nie die been nie. Gewone koe?ls het my al daar gered; so goed soos kopafsny.
Ek is 100% vir mono as mens swak skootplasing het en dan bene moet breek (soos bv. skuins agter die blad), maar 'met 'n goeie skoot agter die blad met gewone koe?ls wat effens bymekaar hou en voldoende spoed, kry jy ook 'n groter wondkanaal. Dan tel stukkende ribbes nie vir my nie.
Re: Mono of nie?
Posted: Wed Oct 10, 2012 8:32 am
by SV MAD (Henk)
Ek skiet kop/nek skote met varmint koeels as dit naby is en ek gemaklik voel met dit.
As die bok bietjie verder staan, skiet ek monolities na die blad (groter teiken area). Thats how I roll...
Re: Mono of nie?
Posted: Wed Oct 10, 2012 8:38 am
by Chevvy SS
Henk, as 'n mens springbok skiet in die Kalahari het jy maksimum 5-8 sekondes om te skiet nadat 'n bok gaan staan het. Jy kan dan nie kies of jy mono of varmint gaan skiet nie, en jy weet nie of jy 'n kop/nek of bladskoot gaan probeer nie. Jou opvolg koe?l is ook onmiddellik in die kamer.
Re: Mono of nie?
Posted: Wed Oct 10, 2012 8:44 am
by Geno
James wrote:
Watter mono was dit?
Re: Mono of nie?
Posted: Wed Oct 10, 2012 8:45 am
by Chevvy SS
2 verskillende soorte Geno.
Re: Mono of nie?
Posted: Wed Oct 10, 2012 9:26 am
by James Wilson
wou maar net weet of dit nie n Impala was nie??
Re: Mono of nie?
Posted: Wed Oct 10, 2012 9:35 am
by Geno
Noem bietjie fabrikate asb?
Re: Mono of nie?
Posted: Wed Oct 10, 2012 10:23 am
by Chevvy SS
Geno, eerstens dink ek nie dit sal eties wees nie, en tweedens is die werkverrigting van monos amper dieselfde. Die wond wat my 7mm gemaak het(geen been getref nie) was bitter klein en as ek nie 'n vinnige opvolgskoot geskiet het nie was daardie bok weg.
Re: Mono of nie?
Posted: Wed Oct 10, 2012 10:30 am
by Geno
Hoekom sou dit nie eties wees nie? Ek dink eerder dit sou verkeerd wees om dit nie te noem nie, of moet die ander manne hier maar self hulle koppe stamp met potensiele kwesbokke?
Re: Mono of nie?
Posted: Wed Oct 10, 2012 10:50 am
by Stefan764
Chevy gooi hom pel, as n ding fail dan fail hy. Maar ek stem saam die anner manne hier. Skootplasing is nr1. As jy die nekwerwels gevang het sou jy dai bok net daar opgetel het, maar as n man net n groot gat deur die nekvleisies skiet gaan ou springbokkie nog met n 100% gesondheid ver hol en paar dae later n aaklige dood sterf....
Re: Mono of nie?
Posted: Wed Oct 10, 2012 12:05 pm
by Chevvy SS
No names, no packdrill. Stefan, ek het al baie springbokke deur die nek geskiet met konvensonele koe?ls, wat baie vleis mors.
Wat egter opvallend was, is dat die wond baie groot was en baie bloedverlies veroorsaak het. Dis amper soos kopafsny sonder om deur die werwels te gaan.
Daardie bokke was amper onmiddellik dood en het nie verder gehardloop nie.
Re: Mono of nie?
Posted: Wed Oct 10, 2012 6:20 pm
by Biltongjagter
Chevvy SS,
Ek stem saam met Geno, noem die betrokke monos's!!!
Tweedens, stem nie hier heeltemal saam met jou nie, waar jy s?:
Geno, eerstens dink ek nie dit sal eties wees nie,
Hoekom nie?
Derdens, beslis is alle mono's se werkverrigting, sonder twyfel, nie dieselfde nie
...... en tweedens is die werkverrigting van monos amper dieselfde.
Sekere mono's se terminale vermoe?ns is ver beter as die van ander!!!
Mens moet nooit toelaat dat die koe?l, watter tipe ookal, die skuld moet dra van swak skootplasing nie.
Groete,
Koos.
Re: Mono of nie?
Posted: Wed Oct 10, 2012 7:57 pm
by Wouter Roets
Koos
Chevvy is n groot GS Custom man. Jy was gewaarsku.

Re: Mono of nie?
Posted: Wed Oct 10, 2012 8:19 pm
by Biltongjagter
Juis daarom, Wouter!
Lees weer en weer hierdie stukkie wat ek geskryf het -
Mens moet nooit toelaat dat die koe?l, watter tipe ookal, die skuld moet dra van swak skootplasing nie.
Onthou altyd, GS Custom, of enige ander tipe koe?l, is nie 'magic bullets' nie!!!
Die man agter die geweer, wat sy geweer en sy koe?l kombinasie se vermoe?ns ken, maak die 'magic'
Dit is dan dat sekere mono's meer verrig as wat gewoonweg van koe?ls verwag word.
D?t, met steeds my bogenoemde aanhaling, as voorvereiste.
Groete,
Koos.
Re: Mono of nie?
Posted: Wed Oct 10, 2012 8:40 pm
by Wouter Roets
Biltongjagter wrote:
Chevvy SS,
Ek stem saam met Geno, noem die betrokke monos's!!!
Tweedens, stem nie hier heeltemal saam met jou nie, waar jy s?:
Geno, eerstens dink ek nie dit sal eties wees nie,
Hoekom nie?
Derdens, beslis is alle mono's se werkverrigting, sonder twyfel, nie dieselfde nie
...... en tweedens is die werkverrigting van monos amper dieselfde.
Sekere mono's se terminale vermoe?ns is ver beter as die van ander!!!
Mens moet nooit toelaat dat die koe?l, watter tipe ookal, die skuld moet dra van swak skootplasing nie.
Groete,
Koos.
Koos
Gaan lees jy maar weer en weer jou stukkie.
Groetnis
Wouter
Re: Mono of nie?
Posted: Wed Oct 10, 2012 8:47 pm
by Biltongjagter
Aitsa, nou raak ons bitsig skerp!
Daar gaan ons al weer - bloot omdat ons nie hou van die werklike faktore wat bepalend is in sulke situasies nie.
Vrede vriend, vaar voort!
Koos.
Re: Mono of nie?
Posted: Wed Oct 10, 2012 8:53 pm
by Armand Steenkamp
Ek gebruik sagte koeels vir kop en nekskote. Eerstens omdat ek nie monos kan bekostig nie,maar meer belangerik vir my is as jy die werwels mis dan is daar n goeie kans vir stukkie lood en jacket wat opbreuk die nek gan breek ,of so beskadig dat n ou kans het vir nog n skoot. Jy kannie verwag dat dit elke keer die geval is nie.
Re: Mono of nie?
Posted: Wed Oct 10, 2012 9:18 pm
by Wouter Roets
Koos

Ek wens daar was n gesiggie waar die trane geloop het van die lag! Dankie vir die maak van my dag.
Indien jy nie al opgelet het nie is ek n GROOT mono man en dit sluit GS Custom se produk in.
Lekker slaap Koos en weereens n GROOT dankie aan jou! Jy stel nooit teleur nie!
Groetnis
Wouter
Re: Mono of nie?
Posted: Thu Oct 11, 2012 7:32 am
by Biltongjagter
Wouter,
Flaters of kraters, ouens faal!
Groete,
Koos.
Re: Mono of nie?
Posted: Thu Oct 11, 2012 9:17 am
by Chevvy SS
My post het niks met skootplasing te doen waarop gehamer word nie. 'n Swakker skoot gebeur met almal van ons.
Die punt is wat die effek van die betrokke koe?l gaan wees op daardie skoot.
Ek ervaar toenemend dat lede nie lees wat gevra word nie en dan heeltemal van die onderwerp afwyk sonder dat daar 'n antwoord op die plasing verskaf word.