Page 1 of 2

Hulp asb met 223

Posted: Sun Oct 07, 2012 8:17 pm
by Kalahari
Naand se almal

Ek het vanoggend bietjie die .223 onder hande geneem nadat ek 40gr vmax'e gelaai het vir die nuwe loop. Ek sukkel so bietjie met die groepe. Het so paar geskiet, ek vra asb hulp om 'n node te kry.

Loop: 24" twist 1:12
Hornady doppe H2o vol van 31.4gr
Slagdop: cci br4
Koeel: 40gr vmax
Kruit: S321 Lot nr 228 (die lot nr is oud - 2007) Nuwe blik nog nie gebruik lot nr 230)
Tpl: 56.2mm Is basies in die lands (wys net klein merkies)
Spoed gemeet:
26 gr S321:  (1) 3588fps (2) 3651 (3) 3567

26.5gr : (1) 3751 (2) 3635  (3) 3630

27gr:  (1) 3781  (2) 3776  (3)  3810

27.5gr (1) 3867  (2)  3780  (3) 3850

Ek gaan nog foto's opsit van die groepe, maar ek kry van 27gr af 2 skote bymekaar en dan een sommer meer as 25mm weg van daardie 2. Ergste van alles die 2 wat bymekaar sit is in beide gevalle skote 1 en 3 en 2'de skoot is die een wat so ver uit is? Ek het nog nie met tpl gewerk nie, alle ladings is op 56.2 geskiet. Kan dit dalk die rede wees?

Hoe ver kan ons met lading gaan voor drukvlakke hoog raak? Op 27.5gr wys slagdoppe baie effens kratering as ek reg kyk.

Baie dankie byvoorbaat vir die hulp.
Beste 

Re: Hulp asb met 223

Posted: Sun Oct 07, 2012 8:50 pm
by Pvdw
Tpl: 56.2mm Is basies in die lands (wys net klein merkies)
Kalahari ek het gou probeer loer op QL. Ek is nie 'n fundi nie en ek dink die feit dat jy teen die lande laai beinvloed die resultate wat ek hier op die rekenaar kry. Jou snelhede is tot 250-300ft/s vinniger as wat die QL voorspelling is. Dis nadat ek die BRF al effe aangepas het.

Ek sal graag by die ander manne wil hoor hoe die een benader moet word.

Peet

Re: Hulp asb met 223

Posted: Sun Oct 07, 2012 11:45 pm
by Kalahari
Manne , hier is die foto's van 2 groepe

[img width=560 height=420]http://i1185.photobucket.com/albums/z34 ... G_0443.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i1185.photobucket.com/albums/z34 ... G_0442.jpg[/img]

Peet, dankie , dis hoekom ek raad kom vra het. Sal interessant wees wat die oplossing gaan wees. Ek het 'n pakkie Hornady's gekoopte ammo geskiet wat die es verskil met 138fps en die tpl nog langer is (56.58mm) as wat ek nou gelaai het :o.
Ek dink die tpl verandering gaan groot verskil maak, want ek kon sien dat daar rondtes is wat klein bietjie stywer toemaak op die slot as ander wat ook hoer lesings gee in die spesifieke groep.Soos met die 27gr groep.

Re: Hulp asb met 223

Posted: Mon Oct 08, 2012 12:20 am
by Kalahari
Ek moet byse, hier het vandag 'n moewiese sterk suide wind gewaai en dit is nou net mooi dwars oor my "skietbaan". Miskien is dit rukwinde wat daardie 1  skoot flier laat skiet het? Ek luister elk geval eers vir ander oplossing voordat ek verder skiet, maar gaan later op stiller dag moet skiet om die veranderlikes minder te maak.

Re: Hulp asb met 223

Posted: Mon Oct 08, 2012 3:59 am
by Geno
Peet,
Sit 7200psi by die startup pressure se getal, maw hy moet om en by 10000psi wees, en kyk of die somme dan klop.

Re: Hulp asb met 223

Posted: Mon Oct 08, 2012 8:55 am
by SV MAD (Henk)
My 223 se TPL teen die lande is 61mm, maar ek laai op 58.3 (dis waar ek beste groep kry en in my magasyn kas van 58.8mm pas). Is jy seker jy het jou TPL reg gemeet?

Groete

Re: Hulp asb met 223

Posted: Mon Oct 08, 2012 9:10 am
by Geno
Kalahari wrote: Naand se almal

Ek het vanoggend bietjie die .223 onder hande geneem nadat ek 40gr vmax'e gelaai het vir die nuwe loop. Ek sukkel so bietjie met die groepe. Het so paar geskiet, ek vra asb hulp om 'n node te kry.

Loop: 24" twist 1:12
Hornady doppe H2o vol van 31.4gr
Slagdop: cci br4
Koeel: 40gr vmax
Kruit: S321 Lot nr 228 (die lot nr is oud - 2007) Nuwe blik nog nie gebruik lot nr 230)
Tpl: 56.2mm Is basies in die lands (wys net klein merkies)
Spoed gemeet:
26 gr S321:  (1) 3588fps (2) 3651 (3) 3567

26.5gr : (1) 3751 (2) 3635  (3) 3630

27gr:  (1) 3781  (2) 3776  (3)  3810

27.5gr (1) 3867  (2)  3780  (3) 3850

Ek gaan nog foto's opsit van die groepe, maar ek kry van 27gr af 2 skote bymekaar en dan een sommer meer as 25mm weg van daardie 2. Ergste van alles die 2 wat bymekaar sit is in beide gevalle skote 1 en 3 en 2'de skoot is die een wat so ver uit is? Ek het nog nie met tpl gewerk nie, alle ladings is op 56.2 geskiet. Kan dit dalk die rede wees?

Hoe ver kan ons met lading gaan voor drukvlakke hoog raak? Op 27.5gr wys slagdoppe baie effens kratering as ek reg kyk.

Baie dankie byvoorbaat vir die hulp.
Beste 



Ek sien daar is 'n node op 3563fps, rondom 25.2gr met aansienlik minder druk as die ander ladings, hy behoort veilig te wees op warm dae ook.

Re: Hulp asb met 223

Posted: Mon Oct 08, 2012 11:59 am
by Kalahari
Geno

Dankie vir die info. Ek het nie eers die lading van 25gr genoem wat geskiet het nie, want ek wou die 40gr bietjie vinniger stoot. Maar hier is hy: 25gr S321 met Hornady dop (1) 3411 (2) 3405 (3) 3407 , meer die groep is nie mooi nie, meer as 25mm op 100m.

Henk
Ek is nie 100% seker of ek die tpl reg gemeet het nie, dit lyk my die kamer is styf, klein, want ek moes 223 body die koop om die ou pmp doppe wat ek in vorige loop (kamer) geskiet het te size om te kan pas in die nuwe kamer. Die dop lengte is met lee se cutter en gauge gesny. (ek het net nec sizing gedoen voorheen).

Ek het ook onder die herlaai afdeling gaan lees wat CHRIS 101 en MCR met hulle 223's en die 40gr regkry en in daardie rigting gemik. Ek weet nie een geweer is dieselfde nie, maar net in die algemeen gereken dalk kan ek ook daar uitkom. Ek sal weer met die tpl bietjie speel en kyk wat uitkom.

Dankie manne

Re: Hulp asb met 223

Posted: Mon Oct 08, 2012 12:03 pm
by SV MAD (Henk)
Ek skiet 40gr Varmageddon met 28.4gr S321 teen 3800fps.  Doppe se waterkap is 30.9, TPL is bietjie korter agv kort koeeltjie, kan nie nou onthou wat hy was nie, maar is erens in 55-56mm omgewing (sodat ek die koeeltjie darem okay kan seat in dop).

Jy behoort daai spoed maklik te kry.

Re: Hulp asb met 223

Posted: Mon Oct 08, 2012 12:12 pm
by Kalahari
Manne ek hoop ek kry die link reg opgesit hier, waar die 40gr vmax al bespreek is.

http://jaracal.com/index.php/topic,4170.0.html

Henk, dit is soos jy se, ek het ook gehoop om daar uit te kom , maar ek wil versigtig daar kom en nie in stukkies nie.

Hoe meet mens die tpl sonder al die duur fansie meet instrumente?

Re: Hulp asb met 223

Posted: Wed Oct 10, 2012 12:18 am
by Kalahari
Jammer, ek het die max tpl verkeerd gehad. Dit is 57.94mm. Gaan ook regmaak op eerste post.
Henk, dankie vir jou hulp. Waardeer.

Ek het vanaand weer gelaai en sal weer kom se wat gebeur het. Gaan nou ook 2 verskillende tpl'e per lading (net 3) skiet. Die eerste groepe is met tpl geskiet wat omtrent 1.7mm weg van lands af was. Dit is nog langer as die tpl wat die Hornady fabrieks ammo was, wat glad nie wou groepeer nie. Moet byse, dit was nog met ander (Nikko S) scope gewees.

Dankie sover vir almal se hulp 

Re: Hulp asb met 223

Posted: Wed Oct 10, 2012 8:08 am
by SV MAD (Henk)
Laat weet hoe dit gaan Johan, dat ons nog kan help waar ons moet!

Re: Hulp asb met 223

Posted: Wed Oct 10, 2012 8:36 am
by Kalahari
Dankie Henk

Sal so maak.

Re: Hulp asb met 223

Posted: Wed Oct 10, 2012 9:29 am
by tripodmvr
Wil voorstel dat jy 'TPL kies en eers by hom bly. Nou kan ons sien hoe die werkverrigting van die kruit en slagdop is. Sodra jy node gekry het kan met tPL gespeel word.

Re: Hulp asb met 223

Posted: Wed Oct 10, 2012 9:50 am
by Kalahari
More oom 3 Poot

Ek het nog nie 'n node gekry by iemand nie. Die max tpl soos ek gese het is 57.94,mm, die res van die info is dieselfde. Die enigste node sover is wat Geno gegee het op 25.2gr vir die spoed van 3563fps. Die spoed wat ek egter op 25gr gemeet het is baie minder.

Ek wil graag kyk of ek nie die 40gr bietjie kan aanstoot nie, kry nog geen tekens van druk nie, baie baie min kratering op slagdoppe van 27gr en 27.5gr, maar slot maak maklik oop en slagdop nie plat.
Sal waardeer as oom dalk kan help asb, die ammo staan nog net so, dus kan ek veranderinge maak en dalk op node kom.

Baie dankie
Kalahari

Re: Hulp asb met 223

Posted: Wed Oct 10, 2012 10:10 am
by Geno
Kalahari wrote:
Die enigste node sover is wat Geno gegee het op 25.2gr vir die spoed van 3563fps. Die spoed wat ek egter op 25gr gemeet het is baie minder.
Gemete spoed is laer omdat die aanvanklike info ges? het dat die koe?l in die lande ge-"jam" is. Dit alleen jaag druk met ongeveer 7200psi op.

Re: Hulp asb met 223

Posted: Wed Oct 10, 2012 11:38 am
by Kalahari
Geno

Dankie, ek verstaan jou. Ek het 'n lading van 25.2gr gelaai en sal hom gaan skiet en dan meet wat die spoed is. Hoop ek kry dan nader aan jou spoed voorspelling met QL. Jammer, my fout met verkeerde info.

Re: Hulp asb met 223

Posted: Wed Oct 10, 2012 11:47 am
by Witpietskiet
Kalahari,

Kom nou n slag tussen die koekie goed uit dat jy daai ladings gaan skiet man, ons wag mos om te hoor of dit werk. ;D

Mooi loop

Re: Hulp asb met 223

Posted: Wed Oct 10, 2012 11:59 am
by Kalahari
Pieta

Geduld ou maat, geduld ;D. Ek sukkel nog met 'n hilux wat nie brieke het nie >:(.
Ek hoop om vanmiddag daar uit te kom. Wouter se mos man moet op die middag skiet om spoed mooi te lees. Weet net die son looi nou al hard buite, ek sal vir my 'n dakkie oor my skiettafel moet opsit.

Re: Hulp asb met 223

Posted: Thu Oct 11, 2012 12:48 am
by Kalahari
Naand almal

Ok, hier gaan ek. Die 40gr vmax kry vir die beste geld in die wereld nie reg nie!! Ek sukkel. Ek bietjie met tpl gespeel van .3mm weg van lands tot .5mm weg. Verskillende ladings geskiet, een wat moontlik potensiaal het dalk miskien 3, maar daar is altyd een skoot weg van die ander, net soos met die tpl wat 1.7mm weg van lands was.

Hier is paar foto's. Ladings opgeskryf. (Skuus vir die vuil teiken, die speenkalwers het bietjie skietbaan besoek gelek aan papier.)

[img width=560 height=420]http://i1185.photobucket.com/albums/z34 ... 2f83e0.jpg[/img]
Dit is die een wat Geno vir my gegee vir 'n node, met al die regte info.
SPoed gemeet: 3577 , 3581 , 3601. Ek moet dalk nog met tpl werk, hier kan dalk iets gebeur, maar kyk die een eenkant.


[img width=560 height=420]http://i1185.photobucket.com/albums/z34 ... G_0442.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i1185.photobucket.com/albums/z34 ... G_0443.jpg[/img]

Hierdie 2 kan seker ook iets van kom, maar ek weet nie so mooi nie. Die spoed is +- 3750fps vir die 27gr lading.

[img width=560 height=420]http://i1185.photobucket.com/albums/z34 ... b0c51f.jpg[/img]

Hier is nog een, altyd daardie 1 skoot eenkant, en dit maak nie saak wat se lading, tpl ens nie, altyd een, van gister af met wind sonder wind, vroegoggend, middag en laat namiddag.

EN TOE............... strip ek my draad heeltemal, loop huis toe en gaan laai 10 ladings met die 50gr Nosler bt varmint met 26.3gr S321 en tpl'e van 57.43mm en 57.34mm. Lading wat 'n vriendelike man op die forum my gegee het ;)
Die eerste 5 skoot groep is nie lekker nie en die spoed lees as volg: 3512 , 3437 , 3363 , 3458 , 3501. Tpl was 57.43mm
Die groep lyk toe so.
[img width=560 height=420]http://i1185.photobucket.com/albums/z34 ... 696c3d.jpg[/img]

Gaan toe maar verder, skiet dan tot die son wegraak as iets dan nou nie wil werk nie. Skiet toe die volgende 5skoot groep, lig begin al sleg raak en chrony wil nie een spoed lesing gee nie. Sal dit weer moet oordoen. Maar die groep lyk toe so ................... en hiermee sal ek, Zastava en Burris eers tevrede wees. Wat dink julle? Die eerste skoot is die een regs onder, kan hom roep want ek skrik my melk weg, vergeet om my ore op te sit en toe die skoot loop staan ek amper regop agter die roer, die volgende 4 met ore op was toe beter.Die 4 skote het toe 13.05mm gemeet, 5 skote omtrent 32.5mm.

[img width=560 height=420]http://i1185.photobucket.com/albums/z34 ... c7926d.jpg[/img]

En ouboet kon natuurlik nie sy lag hou oor ek so swak skiet en "sjukkel" nie ;D

[img width=560 height=420]http://i1185.photobucket.com/albums/z34 ... a42f65.jpg[/img]

Nou ja, vir elkeen wat 'n bydrae gelewer het en raad gegee het, baie opregte dankie, ek waardeer dit. Nou kan my .223 weer bakkie ry en die ander roere bietjie rus. (Ek sal nie eers die 40gr vmax'e wegmaak nie, dalk is die geduld en die tyd weer eendag daar om te probeer)

Beste

Re: Hulp asb met 223

Posted: Sat Oct 13, 2012 10:41 pm
by Kalahari
En nou se niemand niks  :(
Manne is dit tos lyk se my asb. (Ek soek nie lofprysings ;D, net 'n ok of so iets of jy kan beter.)

Dalk moet ek daardie 40gr vmaxe in die 22.250 gooi met die 1:14 groefdraai en die wit waks uit die aarde skiet >:(

Beste

Re: Hulp asb met 223

Posted: Sat Oct 13, 2012 11:29 pm
by Silent Hunting
Ok, help my verstaan.

Is die twist op die 223 se loop, 1:12, nie te 'slap' vir te ligte koels nie? Ek was onder die indruk dat hoe stywer die twist, hoe ligter die koel wat jy kan gebruik.

My 222 het 'n twist van 1:7. Wat gebruik ek in hom?

Henk

Re: Hulp asb met 223

Posted: Sat Oct 13, 2012 11:46 pm
by Kalahari
Henk

Jy laat my nou ook wonder? Maar sover ek dit het is die stywer draaie ( 1.10 ens) beter vir die swaarder koeels en die slapper draaie beter vir die ligter koeels. Ek kon nie met 55gr koeels en die 22.250 regkom nie, of ek het verkeerd gewerk. Vandaar die 50gr Noslers wat baie lekker skiet.

Re: Hulp asb met 223

Posted: Sat Oct 13, 2012 11:49 pm
by Silent Hunting
Ja, ek ook nou deurmekaar. Weet Cassie het die week gesukkel met sy 110gr, in 308 met 1:12 twist. Die 150gr het mooi gewerk en 110gr en basies dieselfde gedoen as wat jy ondervind.

Re: Hulp asb met 223

Posted: Sat Oct 13, 2012 11:57 pm
by Kalahari
Henk

Ek sien die 125gr Nosler bt hunting werk goed by my in 30.06, dalk is laer grein koeels se drastiese minder gewig dalk wat 'n rol speel? Se van 50gr na 40gr en van 150gr na 110gr? Weet nie. Die ander gewig wat goed werk in 30.06 met 1.10.75 twist by my 155gr pmp match koeels.