Page 1 of 2

Jak sonder tande

Posted: Fri Oct 05, 2012 9:25 am
by Martin Marais
Hello Manne
Ek het gisteraand hierdie rooijakkals reun ingeroep en geskiet. Ek het oudergewoonte na die tande gekyk om die ouderdom te bepaal,en sien toe die ou het amper geen tande nie. Die jakkals was in baie goeie kondisie. Terloops,ek het hom met die Pee-Wee met 'n haasroep geflous.

Groete

Martin Marais

Re: Jak sonder tande

Posted: Fri Oct 05, 2012 9:35 am
by Gerhard
Het jy n foto van die voor tande geneem dalk?

Re: Jak sonder tande

Posted: Fri Oct 05, 2012 9:37 am
by Jakkalsgat
So dis waar julle die jakkals van OPS Mooihuil se logo gekry het, so sonder die tande :laugh:

Re: Jak sonder tande

Posted: Fri Oct 05, 2012 9:42 am
by Smirre
Martin
Was hy nie dalk in 'n strik/slagyster nie?

Re: Jak sonder tande

Posted: Fri Oct 05, 2012 9:47 am
by Gerhard
Hoekom ek vra is om dat ek ook n ou reun in Aug geskiet het met min tanne

Van voor

Image

Van die kant...

Image

Vergelyk die jakkalse se kies tande.

Re: Jak sonder tande

Posted: Fri Oct 05, 2012 9:49 am
by Smirre
Gerhard
Daai ou man het seker die vleis gepruim!!!

Re: Jak sonder tande

Posted: Fri Oct 05, 2012 9:52 am
by Gerhard
Smirre wrote: Gerhard
Daai ou man het seker die vleis gepruim!!!
Nee dink hy het die boer se vark kos gesteel.

Was spek vet gewees mid Aug

Re: Jak sonder tande

Posted: Fri Oct 05, 2012 9:55 am
by Smirre
Of die kleinjies help drink!

Re: Jak sonder tande

Posted: Fri Oct 05, 2012 9:59 am
by Martin Marais
Hello manne

Hier is nog fotos van die jak sonder tande.

Re: Jak sonder tande

Posted: Fri Oct 05, 2012 10:08 am
by Martin Marais
Gerhard

Interessant dat die boonste slagtand nog heel is,dink met slagyster byt sou al die tande gebreek wees.Die onderkaak lyk vir my abnormaal smal,wat vir my die idee gee dat hierdie dalk 'n geboorte defek kan wees.

Re: Jak sonder tande

Posted: Fri Oct 05, 2012 10:15 am
by Marc
1. Dis die Groenes, hulle is seker besig met een of ander ondergrondse Staatsbevondse projek om te probeer Jakke teel wat skape dood lek en nie byt nie

2. Een van daai wetters was in die Kaap en het geleer oor "lovegaps" nou loop die nuwe "trend" soos 'n veldbrand  ;D ;D ;D ;D ;D

Re: Jak sonder tande

Posted: Fri Oct 05, 2012 10:21 am
by Gerhard
Martin Marais wrote: Gerhard

Interessant dat die boonste slagtand nog heel is,dink met slagyster byt sou al die tande gebreek wees.Die onderkaak lyk vir my abnormaal smal,wat vir my die idee gee dat hierdie dalk 'n geboorte defek kan wees.
Ja nee,

Hy het n lekke shot oppi bek gekry...

Dankie vir die fotos.

Re: Jak sonder tande

Posted: Fri Oct 05, 2012 10:25 am
by Geno
Oom Martin,
As mens na die voortande kyk, lyk dit vir my na 'n nie- te ou jakkals nie (rondom 5jaar). Die man moes sy ondertande op 'n vreemde manier verloor het.

Groete,
Eugene

Re: Jak sonder tande

Posted: Fri Oct 05, 2012 10:52 am
by Jakkalsgat
Dalk maar net hardebene gekou

Re: Jak sonder tande

Posted: Fri Oct 05, 2012 1:42 pm
by Martin Marais
Middag Marc

Ek vermoed hierdie jakkals het die skape "gedrink"

Re: Jak sonder tande

Posted: Fri Oct 05, 2012 2:10 pm
by Marc
Martin Marais wrote: Middag Marc

Ek vermoed hierdie jakkals het die skape "gedrink"
+1 Dit maak sin  ;D ;D ;D ;D ;D ;D

Re: Jak sonder tande

Posted: Fri Oct 05, 2012 4:40 pm
by BRNO (Pierre)
Ek leer maar soos bai ouens elke dag hier. As daai jakals van Martin "nie meer tande " het nie, sal julle asb n foto opsit van n jakals met n goeie stel tande.

Re: Jak sonder tande

Posted: Fri Oct 05, 2012 8:44 pm
by cg rossouw
Waar het jy hom geskiet?

Re: Jak sonder tande

Posted: Sat Oct 06, 2012 6:48 am
by Dawid
Daai lyk dan amper vir my soos n Wee Pee jakkals.. 8) ;D ;D

Re: Jak sonder tande

Posted: Sat Oct 06, 2012 7:31 am
by Gerhard
Pierre van der Merwe wrote: Ek leer maar soos bai ouens elke dag hier. As daai jakals van Martin "nie meer tande " het nie, sal julle asb n foto opsit van n jakals met n goeie stel tande.
Die een is so 4 jaar oud ongeveer

Image

Bloed jonk met melk tanne nog

Image

Nog n ou skelm een

Image

Re: Jak sonder tande

Posted: Sat Oct 06, 2012 7:36 am
by BRNO (Pierre)
Dankie Gerhard, Ja dit is darrem n wesenlike verskil. Moet se, die goed het sommer grillerige bekke.

Re: Jak sonder tande

Posted: Sat Oct 06, 2012 11:17 am
by tafjak
Gerhard

Ek hou van jou skatting van die ouderdomme! Ons kan maklik 'n jaar weerskante toe uit wees omdat van gebied na gebied so bietjie sal en moet verskil.

Hier is ene wie nie met die GPS rekening gehou het nie.

Re: Jak sonder tande

Posted: Sat Oct 06, 2012 11:20 am
by Boertjie
Taffie

Dit is seker n jong jak wat besig is om te wissel ;D.Hel maar hy is oud

Boertjie

Re: Jak sonder tande

Posted: Sat Oct 06, 2012 11:29 am
by Gerhard
tafjak wrote: Gerhard

Ek hou van jou skatting van die ouderdomme! Ons kan maklik 'n jaar weerskante toe uit wees omdat van gebied na gebied so bietjie sal en moet verskil.

Hier is ene wie nie met die GPS rekening gehou het nie.
Taffie,

Werk weer vir die manne uit hoeveel daai jakkals werd was asb man

Re: Jak sonder tande

Posted: Sat Oct 06, 2012 2:04 pm
by tafjak
Gerhard

Ja, wetie nie regtig nie maar;

as hy 8jaar oud is het hy 7werpsels help grootmaak saam met die auntie(sy het verlede jaar getiep en was ook 6jaar+) en het hy darem seker 35 kinders gehad wat darem elkeen 3lammers gevang het= 105 lammers(R100 000-00), hy en die aunties(hierdie jaar was sy metgesel jong teef van so 2jaar oud en 2x helpers en reeds 27lammers) vang seker ook darem saam so 15lammers vir die jaar=105lammmers(R100 000-00) en die totaal sal seker in die omgewing van so R200 000-00 wees. Sal seker nooit regtig weet nie, maar bogenoemde som kan nie negatief aangepas word nie.

Die goete kan nogal swaar leun op 'n man se sak.

Mooiloop