Page 1 of 2
Kopskoot strikes again
Posted: Wed Oct 03, 2012 8:04 pm
by kopskoot
Manne
Dis met n bree bors en groot dankbaarheid, dat ek vanaand met julle hierdie deel
Ek en vroulief was vanoggend by die feotal spesialis vir scans en sonars om ons tweede kind,wat ons in Feb 2013 verwag, te bekyk.
Volgens die dr is die man sommer perdfris, en is al die dinge daar wat daar moet wees, en werk alles soos dit moet. Dis ongelooflik!!
Soos ek genoem het is dit nog n seun, so ek sal maar nog n paar Sako's moet aanskaf.
Hier is n foto van die bul
[im[img width=358 height=480]
http://i1269.photobucket.com/albums/jj5 ... ED67AA.jpg[/img]g]
En vir die trofee manne onder ons, n foto van die horinglengte
[/im[img width=358 height=480]
http://i1269.photobucket.com/albums/jj5 ... 0298AC.jpg[/img]g]
n regte nel
Re: Kopskoot strikes again
Posted: Wed Oct 03, 2012 8:08 pm
by G-force
Baie geluk man,moet die lat net nie Sako noem nie...en nog erger n Sako .22 vir hom koop...upgrade sommer dadelik Howa toe

Re: Kopskoot strikes again
Posted: Wed Oct 03, 2012 8:10 pm
by Carl
Mooi geskiet en geluk.
Re: Kopskoot strikes again
Posted: Wed Oct 03, 2012 8:27 pm
by Geno
Rrrraaaaaak!!!!
Baie geluk Ronald!
Re: Kopskoot strikes again
Posted: Wed Oct 03, 2012 8:35 pm
by matewis
Baie geluk man! Ons 2de mannetjie nou 2de maande oud, huis raak nou mooi vol! Mamma sal moet koes tussen die manne!
Mag dit 'n gese?nde tydperk vir jul as gesin wees.
Re: Kopskoot strikes again
Posted: Wed Oct 03, 2012 8:48 pm
by JohannHorn
Geluk!!!!!!!
Dis net n Sako man wat weet hoe om raak te skiet vir seuntjies!!!
Re: Kopskoot strikes again
Posted: Wed Oct 03, 2012 10:29 pm
by spekieries
Geluk Kopskoot "As die skoot klap sit die o?"
Re: Kopskoot strikes again
Posted: Wed Oct 03, 2012 11:56 pm
by Kalahari
Geluk kopskoot!
Ek het ook 2 latte, hulle begin mekaar al klaar so bietjie "opvryf" oudste 2.5 en kleinboet 10mnde.
Sterkte en geniet hulle.
Re: Kopskoot strikes again
Posted: Thu Oct 04, 2012 6:20 am
by immelmanw
Mooi man, baie geluk.
Re: Kopskoot strikes again
Posted: Thu Oct 04, 2012 6:20 am
by Frederik
Baie geluk !!!
Re: Kopskoot strikes again
Posted: Thu Oct 04, 2012 6:45 am
by Wouter Roets
Ronnie
Kom ons hou styf duim vas hierdie een lyk en aard ook na hulle Ma!
Nee geluk ou maat! Dis darem maar spisiaal hierdie dinge.
Groetnis
Wout
Re: Kopskoot strikes again
Posted: Thu Oct 04, 2012 7:15 am
by Robert86
More,
Baie geluk Kopskoot!
Re: Kopskoot strikes again
Posted: Thu Oct 04, 2012 7:18 am
by Herman Venter
Baie geluk! Jy moet daai mannetjie geniet
Re: Kopskoot strikes again
Posted: Thu Oct 04, 2012 8:27 am
by BLOK
Aitsa!!
Maar baie geluk man, ek wonder net was dit met die klein of groot kalibers wat jy geskiet het. Maak seker nie saak nie dit was n raakskoot. Mag alles van hier af vlot verloop en julle elke oomblik geniet.
Re: Kopskoot strikes again
Posted: Thu Oct 04, 2012 8:32 am
by SV MAD (Henk)
JohannHorn wrote:
Geluk!!!!!!!
Dis net n Sako man wat weet hoe om raak te skiet vir seuntjies!!!
Geluk man!
Ek het ook 2 latte, 1 is amper 2 en ander 1 amper 3 (verskil 13 maande). En nee, ek het Howa's, so as jy vinnig EN raak wil skiet, kry Howa's!!

Re: Kopskoot strikes again
Posted: Thu Oct 04, 2012 8:34 am
by Gerhard
Baie geluk !!!
Re: Kopskoot strikes again
Posted: Thu Oct 04, 2012 8:35 am
by JPS
Baie geluk!
Re: Kopskoot strikes again
Posted: Thu Oct 04, 2012 9:13 am
by Stasoft
Baie geluk met die goeie nuus!
Re: Kopskoot strikes again
Posted: Thu Oct 04, 2012 9:34 am
by kopskoot
Dankie almal.
Dis voorwaar 'n groot voorreg!
ps. daai howa's word mos in taiwan gemaak nie waar nie?
made in taiwan, in a hell of a hurry, on a friday, use only in the shade!!
Dis nou as joune nie terug geroep is nie!!

nee spot net.Hulle skiet ook soms raak
Re: Kopskoot strikes again
Posted: Thu Oct 04, 2012 9:39 am
by SV MAD (Henk)
BWahahaha!
baie geluk weereens. Hoop daai mannetjie gee jou grys hare, vet weet, my borshare begin oornag grys word met al die str0nt wat myne aanvang...
Janee, ek het seker maar die howa's gekry wat 1) se lope goed vasgedraai was en 2) rrrrrraaakskiet
Re: Kopskoot strikes again
Posted: Thu Oct 04, 2012 9:43 am
by Marc
Re: Kopskoot strikes again
Posted: Thu Oct 04, 2012 9:49 am
by Dawie Malan
Kopskoot
Baie geluk.
So ek word weer 'n Oom!
Dawie
Re: Kopskoot strikes again
Posted: Thu Oct 04, 2012 9:55 am
by kopskoot
Dawie Malan wrote:
Kopskoot
Baie geluk.
So ek word weer 'n Oom!
Dawie
Dawie , Dankie, ek het gedink ek maak jou sommer die peetpa, dan is daai sablebul mos nou nie meer 'n probleem nie. 'n mens doen mos spesiale gunste vir jou verlangse aangetroude familie ,wie se kind, jou peet kind is of hoe 'n peetpa is jy dan nou

Re: Kopskoot strikes again
Posted: Thu Oct 04, 2012 10:27 am
by Dawie Malan
Dawie , Dankie, ek het gedink ek maak jou sommer die peetpa, dan is daai sablebul mos nou nie meer 'n probleem nie. 'n mens doen mos spesiale gunste vir jou verlangse aangetroude familie ,wie se kind, jou peet kind is of hoe 'n peetpa is jy dan nou
Wat ons doen is ons ruil. My Grootste Swartwit vir jou skoonpa se grootste HELIKOPTER. En dan maak ek jou peetpa van my kokketiel.
Dawie
Re: Kopskoot strikes again
Posted: Thu Oct 04, 2012 10:32 am
by Eugene
Baie geluk man!!!
Vreugde en vrede
