Raad met "tumbler media" asb

Post Reply
At308
Full Member
Full Member
Posts: 220
Joined: Tue Sep 04, 2012 3:18 pm

Raad met "tumbler media" asb

Post by At308 »

Hi Manne,

Ek nodig bietjie raad, ek gebruik al 'n rukkie my ultra soniese bad en hy werk fantasties en maak die doppe baie skoon binne en buite.  Het toe besluit om toe maar vir my 'n tumbler te koop om die doppe "blinker" te kry.  Die verkoopsmanne het toe aangeraai dat ek die walnut doppe media gebruik omdat ek my reeds skoon doppe wil poleer.  Die media werk goed, MAAR dit laat 'n stoflagie op die doppe waaroor ek nie mal is nie, veral die stof binne in die doppe agv die media.

Gaan koop toe vir my Lyman se corncob, hulle het nog meer stof neerslag wat hulle agterlaat, voeg toe bietjie brillo by.  Die doppe blink redelik mooi, maar moet dit dan eers met 'n lap afvryf as dit uitkom en dis te veel moeite na my smaak!

Nou, nadat ek R400 aan media gespandeer het waarmee ek glad nie "impress"is nie, wat kan julle voorstel. Ek wil nie he die doppe moet soos goud blink nie, en wil nie 'n stof neerslag op die doppe (of binne in) he nie.  Ek wil hull ingooi, uitlaai en laai.  Let wel, ek gaan nogsteed eers die slagdoppe uithaal en deur die ultrasoniese bad gooi voor ek na die tumbler toe gaan.

Julle raad word wardeer.

Mooi Loop!
Brno 22LR
Brno 308Win
BSA 303British
Custom K98 375 H&H (Vector barrel)
Browning Hi Power 9mm Para
Ruger Mini 14' 223 rem
Musgrave 30-06
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3137
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Raad met "tumbler media" asb

Post by Chevvy SS »

Het dieselfde probleem.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Raad met "tumbler media" asb

Post by James Wilson »

Het dieselfde probleem gehad en het toe van die vloeistof by gegooi wat spesiaal vir die tumbler gemaak word. Problem solved. Gebruik ook my tumbler  saam met my sonic cleaner. Onthou net as jy n vloeistof soos brillo by gooi moet jy die tumbler omtrent n uur laat loop voor jy doppe by gooi. PASOP om om te veel by te gooi dit gebeur maklik. 2 eetlepels op  n normale tumbler bak behoort genoeg te wees.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Raad met "tumbler media" asb

Post by Beretta »

At308
Ek kan maar net se wat vir my werk vat n ou sy kous gooi die lyman corn cob in die sy kous gebruik sommer was poier en was dit mooi in die sy kous spuit sommer met tynslang as jy klaar is dan is dit mooi skoon hang die sykous byte in die son vir so n dag dan is dit mooi droog en die stof of poeier is ook weg. Ek gebruik myne corn cob  lyman al baie lank so. Knoop die sy kous dan word hy sak as ek dit so kan stel
Beretta
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Raad met "tumbler media" asb

Post by Carl »

Koop 'n pak rys en toets, ek het nie probleem met stof laag nie.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Raad met "tumbler media" asb

Post by DawieKotze »

Wat van stainless steel media? Ek weet nie wie dit in SA verkoop nie, maar blykbaar is die manne tevrede daarmee.

http://www.youtube.com/watch?v=kdvq3Kc_ ... re=related
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
At308
Full Member
Full Member
Posts: 220
Joined: Tue Sep 04, 2012 3:18 pm

Re: Raad met "tumbler media" asb

Post by At308 »

Ek het ook gedink om die corn cob te was, dankie die sykous gaan die werk makliker maak..  Het ook van ander manne gehoor wat die corn cob met rys meng...

As iemand dalk 'n naam van 'n goeie middel het wat mens kan bygooi sal dit wardeer.
Brno 22LR
Brno 308Win
BSA 303British
Custom K98 375 H&H (Vector barrel)
Browning Hi Power 9mm Para
Ruger Mini 14' 223 rem
Musgrave 30-06
At308
Full Member
Full Member
Posts: 220
Joined: Tue Sep 04, 2012 3:18 pm

Re: Raad met "tumbler media" asb

Post by At308 »

Wat van stainless steel media?
Die goed lyk baie goed, maar soos ek verstaan is dit vir "rotary tumblers" gemaak. Ek gebruik die "vibrator"  ;D tipe...
Brno 22LR
Brno 308Win
BSA 303British
Custom K98 375 H&H (Vector barrel)
Browning Hi Power 9mm Para
Ruger Mini 14' 223 rem
Musgrave 30-06
User avatar
LN (Louis)
Full Member
Full Member
Posts: 206
Joined: Fri Aug 27, 2010 5:35 pm

Re: Raad met "tumbler media" asb

Post by LN (Louis) »

Koop vir jou 'n pak bruinrys of as jy dit in die hande kan kry onverwerkte wilderys. Hulle werk soos 'n droom en laat geen stof agter nie.

Groete,
Louis.
22 Rem
7x57 Mod Mauser
260 REM
9mm Vektor
12Br x 3
16Br 9.3 x 74 Krupp Combo
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3137
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Raad met "tumbler media" asb

Post by Chevvy SS »

Ek het gisteraand my media gewas volgens Beretta se resep. Die sykous werk uitstekend en hang nou nog op die draad vir 'n paar verdere afspuite. Mensig, het daar baie swart sous uitgekom!
At308
Full Member
Full Member
Posts: 220
Joined: Tue Sep 04, 2012 3:18 pm

Re: Raad met "tumbler media" asb

Post by At308 »

Ek gaan my media vanaand was soos Beretta se resep, gaan dan ook meng met 40% rys.

Sal oor die naweek laat weet hoe dit gegaan het.

Dankie manne
Brno 22LR
Brno 308Win
BSA 303British
Custom K98 375 H&H (Vector barrel)
Browning Hi Power 9mm Para
Ruger Mini 14' 223 rem
Musgrave 30-06
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3137
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Raad met "tumbler media" asb

Post by Chevvy SS »

Onthou om eers die rys in water te laat l? om skoon te word At, ten minste 3 ure.
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Raad met "tumbler media" asb

Post by Beretta »

Het ook lank terug rys probeer maar nou net die media wat ek was werk vir my
Beretta
ZKK
Hero Member
Hero Member
Posts: 624
Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm

Re: Raad met "tumbler media" asb

Post by ZKK »

Ek gooi altyd so dash benzien by my media in my tumbler voor ek my doppe ingooi. Ek het hierdie raad erens op die internet gekry en my doppe is verseker blinker as voor ek benzien gebruik het.

Vir die stof in die wallnut media vat ek een van daardie sponsies waarmee mens skottelgoed was. Ek sny die sponsie op in duim grootte blokke en gooi dit in die tumbler. Die stof sit aan die sponse vas en verminder die probleem. Was so nou en dan net die sponsies.
At308
Full Member
Full Member
Posts: 220
Joined: Tue Sep 04, 2012 3:18 pm

Re: Raad met "tumbler media" asb

Post by At308 »

Ok, dink ek het 'n mooi plan bedink en probeer.

My media hang buite in die kous, mooi gewas ( nuwe lyman corncob)

Ek vat toe van die vorige corncob (wat bietjie brillo nog op het) meng dit so 50/50 met rys en koring wat ek in vroulief se kas gekry het. Na 1 uur in die tumbler blink daai goed soos goud!! En die beste van alles, geen stofneerslag op die doppe nie!

Nou maak ek doppe skoon dat dit bars, gaan die naweek laai dat dit lyk soos oorlog wat kom... En darem nie meer spyt oor die koop van die tumbler nie.

Attie
Brno 22LR
Brno 308Win
BSA 303British
Custom K98 375 H&H (Vector barrel)
Browning Hi Power 9mm Para
Ruger Mini 14' 223 rem
Musgrave 30-06
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Raad met "tumbler media" asb

Post by James Wilson »

At,di gaan maar daaroor om die regte mix te kry in jou tumbler met media en n vloeistof soos Brillo of die soort vloeistof wat spesifiek verkoop word met media in gedagte. Jy sal sien nou gaan dit ook jare neem voor jy jou media hoef te was of te vervang.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Andre CZ
Full Member
Full Member
Posts: 212
Joined: Thu Jun 21, 2012 12:46 pm

Re: Raad met "tumbler media" asb

Post by Andre CZ »

Dankie gaan ook julle raad volg!
Falke mod 70
Anschutz mod 54 Match .22
Savage Mark11 BTV .22
Remington mod700 SPS 22-250
Ruger mod 77 Hawkeye / Brougton 29'' Match loop 25-06
CZ 550 Safari de Lux 375 HH
CZ 45 ACP mod 97B
Winchester SXP Defender 12 GA
Post Reply