Ek gaan verseker slae kry oor die een maar is nogal goed.
Hulle s? 'n mens praat nie oor jou huweliks probleme met vreemdelinge
nie. So ek het besluit ek skryf maar liewers daaroor, en as hierdie
storie , "soos Joost se boek" net een man kan help het ek my doel
bereik.
Elkgeval om 'n kort storie lank te maak gaan ek by die begin, begin.
Ek het 'n sout van die aarde, kerk mens getrou die tipe mens met wie jy
'n langpad kan loop, 'n graad R onderwyseres, 'n sagge aarde Namakwa
bloeiseltjie. Min het ek geweet daai bloeisel kan verander in 'n kaktus
na 2 jaar van huwelik.
Elkgeval soos met meeste struwelinge in 'n huwelik begin dit gewoonlik
met jou vriende en my vriende. Ek kry toe mos nou gister 'n oproep van
my vetplantjie wat s? ons gaan vanaand baba kyk, nou kyk baba kyk is nie
hoog op my lys van lekker dinge nie, veral nie as dit volksvreemde mense
is nie. Elkgeval ek noem toe so saggies dat ek dit nie kan maak nie en
die volgende oomblik word daar 'n selfoon in my oor neer gebliksem. Nou
ek het nie gedink 'n mens kan 'n selfoon soos 'n ou huisfoon gooi nie,
maar f-kweet mamma is toe so moerig ek hoor eintlik hoe tref hy die
Renault se dashboard. So besef ek mamma bestuur en praat op die selfoon
en raak sommer lus en rapporteer die krimineel, maar wat ek eintlik
gedink het was, wat gaan daai dashboard nie kos om reg te maak nie?
Nou ek is ook nie 'n week getroud nie en ken mamma se stuipe,
eers kry ek die "silent treatment" - sy dink dit is 'n straf maar dit is
eintlik moer rustig.
Toe dit nie werk nie, kry ek die koue skouer en die sarkasme - nou as
jy regtig jou vrou wil bef-k maak dat sy die mure uitklim dat moet jy
maak asof jy nie die sarkasme verstaan nie en neem dit ernstig op. Sy
het toe gedink ek gaan ingee en saamgaan om vrede te bewaar en haar ,
haar sin gee, maar toe nie. Toe sy besef ek gaan nie saam nie, trek
daai bo lippie styf soos iets in spasme, en jy moet weet as daai lippie
styf trek, trek die ander 2 toe soos 'n plastiek speel pop se parra.
Maar so staan ek mos nie bakhand vir die wolscooter nie en ek besluit
om aan te gaan met my lewe. Terwyl sy na 'n dag oue baba deur 'n
venster gaan kyk van mense wat ons 1 keer in 2 jaar sien. Goeie tye!
Elkgeval sy kom toe eerste by die huis en bel om te hoor waar ek
rondloop? Ek verduidelik ek is by die winkel en kom nou! Koop nogal
ewe 'n coke en sweetie-pie vir haar om te wys ek gee om en is 'n
millennium man. "Nie dat ek bang is nie"
Elkgeval toe ek daar inkom kry ek steeds die stywe lippie, en daar is
niks gemaak om te eet nie. Dit is mos die ander straf "die ek staak
huiswerk omdat ek nie my sin gekry het nie". Maar my hande is nie rond
nie en ek maak vir myself 'n toebroodjie. Toe sy sien die "ek staak
straf" werk nie kom staan sy voor my en toe begin die k#$. Die Naggg
stadium, 'n gekerm en gekla tot in alle ewigheid. Die bybel praat van 'n
vlamme hel, ek se k#$ storie, As daar 'n hel is sal dit wees waar jy sit
met 7 vrouens wat gelyk sanik oor hoe 'n k#$ mens en man jy nou werklik
is. Die ouens wat getroud is sal beter verstaan wat ek hiermee bedoel.
Maar so is ek mos nie 'n klip nie, en raak ook moerig en sommer vinnig,
en besluit maar nou sit ek my voet neer. Verduidelik toe vir haar dat ek
nie werklik minder kan omgee oor wat haar vriende van my dink, omdat ek
nie gaan goo-goo, gaa-gaa het nie. En dat sy moet oor dit kom, of haar
isues gaan afstap en my f-kken uitlos. Maar steeds hou sy nie op
nie, en ek besluit maar nou is dit tyd om hand gemeen te raak. Nou, ek
besef jy mag hulle mos nie meer slaan soos in die goeie ou dae nie, en
ek black-sam toe maar 'n bord teen die kombuis vloer neer. Man die stukke
het nog nie eens gaan stil l? nie en sy gryp my beursie en pluk my 2de
laaste R50 vir die maand daaruit en s? sy gaan more 'n nuwe bord koop.
Maar teen die tyd is ek al so liries bef-k en ek ruk sommer self my
laaste R50 uit en s? sy moet maar twee koop, en ek gryp nog 'n bord en
mik-mik so na haar voete met 'n wille swaai beweging van my arm asof ek
epilepsie fake. Sy skrik en koes koes so gelyk, want sy dink hoe gaan sy
vir haar vriende verduidelik ek het haar toon met 'n bord gebreek. Maar
met die wille aap dans van haar begin ek net te lag en besef hoe
belaglik die hele aff?re nou eintlik is.
F-kken groot fout bra, jy lag nie vir 'n vrou wat kwaad is nie! Eers
gryp sy die sleutels en gooi, maar sy mis my net net en gooi amper die
agterdeur se venster uit. Toe gryp sy 'n liter coke, ek wou nog koes
maar toe tref hy my net so links onderkant my penis se voorpunt "so
langs die knie". Sjoe! Dit was close. Maar die aanval stop toe nie daar
nie en mamma storm die kombuis binne soos een van daai mal vrouens op
Flavour Flave. So besef ek, ek het myself in die kombuis
vasgekeer, 'n groot fout.
En die dag voor dit het ons Ninja Assisans gaan kyk, nog 'n groot fout.
Ek dog sy s? dit was 'n k@# fliek, maar sy het duidelik meer aandag as
ek gegee in die bioskoop. Sy trek daar los met kaal hande, maar daai
arms swaai asof sy 2 ninjakas met spykers in rond slinger. Ek focus en
gryp haar om die polse om die aanslag te keer, maar f-k weet, sy doen
daai flying-kick-back-twist-ankle-grinder move en trap my op die bors so
tussen die moobs "man boobs". So skop my so hard, laat ek hik en op my
gat gaan sit. Daar l? ek in die kombuis so langs die Addis vullis blik
tussen die stukke gebreekte bord wat my selektief sny soos ek probeer
spartel om weg te kom van hierdie begeesterde bloeisel.
Vir 'n oomblik is ek in skok en dit voel soos 'n ewigheid wat ek daar l?
maar 2 sekondes later sien ek hier kom sy weer, maar die keer met 'n
besem. Wragtig 'n f-kken besem, ek het nooit gedink sy weet wat 'n
besem is nie, maar sy weet hoe om met hom te slaan.
Ek het mos nou die dag national geographic gekyk en besluit om in 'n
bondel te gaan l? en maak asof ek dood is, maar dit het nie gehelp nie
ek het steeds op my moer gekry. As dit nie was dat sy so onfiks is nie,
was ek seker nou nog op die kombuis vloer tussen die splinters besig om
pak te kry soos 'n bergie wat 'n fiets probeer steel het.
Toe alles kalmeer het, en die hond onder die bed uitkom en die kat van
die gordyn raam afklim het ons wel lekker gelag oor die mannewales en
vrede gemaak. Maar ja, die storie bewys dat jy wel mans kry wat soms 'n
pakslae kry by mamma, ek het net nooit gedink ek sou een van hulle
gewees het nie. Die blink kant van alles is dat ek nou slaap soos 'n
baba, want ek weet as daar 'n inbreker kom gaan hy goed op sy moer kry.
Hoop net hy breek eers 'n bord.
Groete
As pappie die dag n pakslae kry
-
Ambessa
Re: As pappie die dag n pakslae kry
Hallo Tomcat
....never ever try it again....
Ambessa
....never ever try it again....
Ambessa
- Tomcat
- Sr. Member

- Posts: 266
- Joined: Fri Dec 19, 2008 11:48 am
Re: As pappie die dag n pakslae kry
Ambessa
Was nie ek nie. Het die mail gekry van n vriend.
Groete
Was nie ek nie. Het die mail gekry van n vriend.
Groete
-
Ambessa
Re: As pappie die dag n pakslae kry
Hallo Tomcat
Ambessa
Ambessa wrote:....never ever try it again.... ::)
So geraai. They say "...it is a man's world... ... ...ruled by women." Dit is 'n geval van om nie aan die leeu(wyfie) se stert te trek nie... ...al wil jy dit ook hoe graag doen...Tomcat wrote:...Was nie ek nie. Het die mail gekry van n vriend.
Ambessa
Last edited by Ambessa on Wed Jun 02, 2010 8:05 pm, edited 1 time in total.
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3311
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: As pappie die dag n pakslae kry
Tomma
Ek het laas so lekker gelag toe Benna die stuk oor die Tazer geplaas het.
Thanx
Christo
Ek het laas so lekker gelag toe Benna die stuk oor die Tazer geplaas het.
Thanx
Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
- Wielie Waps
- Hero Member

- Posts: 866
- Joined: Sat Sep 26, 2009 9:31 am
Re: As pappie die dag n pakslae kry
Tomma
Ek het vir jou vrou afskrif ge-mail. Hoop nie jy gee om nie.
Ek het vir jou vrou afskrif ge-mail. Hoop nie jy gee om nie.
Geroer-nie geskud nie
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3311
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: As pappie die dag n pakslae kry
Sy gaan omgee. ( homgee)Wielie Waps wrote: Tomma
Ek het vir jou vrou afskrif ge-mail. Hoop nie jy gee om nie.
Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.